Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -24 minutes ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -55 minutes ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Ons kom al nader... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago

Februarie 2025

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende, daar het die 2de maand van die jaar aangebreek. In Brits met erge hitte die afgelope week en min reën.

Ek troos my daaraan dat ons volgende week in DA-land is. Hopenlik kan die Kapenaars toutjies trek vir lekker koel weer terwyl ons daar is.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/02/2025 - 16:40

Chris S, ek sien uit na jou verslag nadat julle daar was.

Moes jy die hele kampplek bespreek, klink my daar is nie juis baie staanplekke nie. Die ou artikels wat ek gevind het, meld dat die plek nie geskik is vir woonwaens nie!!! Het dit intussen verander, of geld dit net vir padwaens???

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 07/02/2025 - 18:34

Ons praat ou Wessel so bang…

Ons praat ou Wessel so bang. Hy gaan sy Hilux op die airy laai en dan daarmee ry

Ek moes nou ook nou eers terug lees watse wille areas gaan Wessel ry..... dink die DA paaie is beter toestand as wat hy aan gewoond is

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 08/02/2025 - 12:12

Wessel, daar is net twee “staanplekke”. As jy bespreek is een van die twee joune. Ek het River camp bespreek. Sugarbush klink ook lekker. Ek hoop die inligtingstul wat sy vir my gestuur het is leesbaar. Die laatste stukkie onder is wel afgesny:

A

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 08/02/2025 - 12:38

dankie Chris S, geheel leesbaar. Dit klink lekker rof en onbeskof. Gelukkig het jou wa mos 'n heerlike privaat warm stort vir die beterhelfte.

Nou wonder ek:- "fire heated outdoor bath", is die vuur direk onder die bad, of is daar 'n donkiestelsel.  

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 08/02/2025 - 19:51

...jy is bekommerd oor die somer wat verby snel, sonder om te kamp nie.  Ek kan weer nie wag dat die hoog somer verbygaan, sodat ons weer kan begin kamp nie.!!!

So verskil ons maar. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 11/02/2025 - 10:31

Lyk nie asof die mede kampers hier te veel gepla is oor Trompie en sy Boksombende se manewalens nie? Ekke hou egter die gedoente met aandag dop, al hoe meer kommentators begin geluide maak dat hier iets lelik vir die land aan die kom is....lees vanoggend 'n brief aan Maroelamedia deur Riaan "Koedoe" Eksteen, oud-ambassadeur (o.a. ambassadeur in die VSA en die VN in PW en genote se tyd). Dink hy verstaan die groter prentjie wat, so lyk dit vir my, onse Prez en sy bende glad nie verstaan nie...

https://maroelamedia.co…

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 11/02/2025 - 11:21

Die ongeluk is net dat ek as individu maar net kan hoop dat daar insig kom by hierdie dom regering van ons. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 11/02/2025 - 11:30

Ek het vanoggend daarin geslaag om ons aankomsdatum by ATKV Hartenbos te vervroeg na 5 April (i.p.v. 11 April). My goeie ou vriend van Tzaneen kuier daar in 'n chalet tot 11 April. Gevolglik sal ons darem 'n paar dae kan saamkuier en hopelik 'n galjoen of twee kan saambraai (as ons gelukkig is met die Hentiesbaai-trip wat volgende Saterdag begin en vir twee weke duur). Nou hoop ek net dat ek kan regkom by ATKV Eiland Spa nadat ons uit die wildtuin vertrek op 2 Junie. Die groot probleem is die skoolvakansie, want hulle maak voorsiening vir slegs 150 lankstaners oor die skoolvakansie-periode. Andersins is dit maar huistoe keer na die wildtuin.

0
Lyttelton

Trev

Tue, 11/02/2025 - 11:32

Ek weer sien hoe Trompie sy agterstewe sien - Kanada is reeds besig om hulle eie teen offensiewe te loods teen VSA, Mexiko ook en moenie dink China, Rusland en die ander lande wat geraak word deur sy tariefverhogings, bv op staal is dit 25%, gaan agteroor sit nie. 

Volgens nuusberigte wil Trompie vir Musk alle mag gee to VSA se regeringsfondse, maar hulle eie howe het teen die kar geskop.  

Ons moet ons nie vas staar teen dit wat in die media is oor SA en VSA alleenlik nie maar ...

Trompie en sy bende het nou hul hand gewys - so ons wag op die res van die wereld om hul hand te wys.  

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 11/02/2025 - 11:43

Trompie                                                het darem baie gou groot besluite geneem vandat hy weer in beheer is. Dit kan nie implusiewe besluite wees nie en hy is al lankal de moer in vir ons regering. 

Kan ook nie verstaan hoe ons president en die ANC kan aanhou om arrogant te wees nie. Gisteraand na Lourenza in gesprek met  die paneel gekyk en selfs ou Antonie het  Solidariteit en Afriforum aangeval. Hy is egter gou op sy plek gesit. 

Soos daar gesê is dat die onsekerheid vir die  boere en ook ons almal wat regtig gaan gebeur met ons land is nie lekker nie. 

Daar word nie goeie goed voorspel nie en om positief te bly is nie maklik nie. 

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 11/02/2025 - 12:09

selfs ou Antonie het  Solidariteit en Afriforum aangeval. Hy is egter gou op sy plek gesit. 

Het ook gisteraand gekyk en Lourenza het haar stem ook 1 keer dikgemaak teenoor hom. Die mense daarbo is in blêrrie "denial" of net dom astrant. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 11/02/2025 - 15:47

Die ANC het ons geen gunste gedoen nie. Soos die moontlike VSA ambassadeur vir SA vanoggend op RSG gesê het:

  • Trump het al in 2018 gesê daar moet ondersoek ingestel word oor moontlike grondgrype in SA. Dit is  die laaste ding wat buitelandse beleggers wil sien of van hoor.
  • Geen belegger gaan hier kom vestig as hulle uit die staanspoor 25% van hulle maatskappy moet afstaan weens rasgedrewe wetgewing nie.
  • SA het hulself in die voet geskiet deur ‘n saak teen Israel te maak. Dit kom voor asof SA die VSA se vyande se kant kies.
  • Daar is ‘n goeie kans dat ons uit AGOA geskop gaan word of dat die voorwaardes drasties verander gaan word. 
0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 11/02/2025 - 15:51

… beplan Mnr Boucher aktief voort aan vakansies. Bravo! Ek wens ek kon dieselfde doen, maar my ketting is korter gemaak met kinders wat al meer besig is oor naweke met sport, en deur my aftrekorders wat elke jaar vinniger meer word as my salaris. Boonop gaan ek eersdaags die waarnemingstoelaag wat ek al vir amper 2 jaar verdien verbeur wanneer die pos waarin ek waarneem gevul word. So besteebare inkomste hou aan krimp en lewenskoste hou aan groei. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 11/02/2025 - 15:52

Trompie gaan nie sy gat sien nie...hy is besig om homself al hoe sterker in 'n byna onaantasbare posisie in te wurm, sy Stap 1 is goed op dreef met aanstellings van al sy pêlle in sleutel posisies. Die Amerikaanse hofuitsprake teen hom tot op datum dink ek is ook maar flouerig en van tydelike aard (dink ons ken dit as tussentydse interdikte), hou in gedagte dat die Amerikaanse regstelsel erg verpolitiseerd is en hy gaan definitief van Demokraties gesinde regters (die wat nog oor is) ontslae raak en met sy Republiekynse regters vervang.  Stap 2 is sekerlik die voltooing van sy strategie na een of ander vorm van diktatorskap? Hoe min ek ook al daarvan hou is hy besig om reeds skade aan ons ekonomie aan te rig....as hy ons uit AGOA skop is ons motor industrie en 'n klomp ander goed waarskynlik daarmee. Hy het reeds 'n 25% invoerbelasting op ALLE staal en aluminium produket se invoere na die VSA gehef gister...dalk die finale einde van ArcelorMittal? En moenie dink sy "aanbod" van vlugteling status aan Afrikaner boere is so 'n goeie idee...die proses om so 'n status te kry is uiters lank en pynlik met massiewe negatiewe dinge wat daarmee saam kom....sien vanoggend erens dat klaarblyklik is 'n sg. vlugteling min of meer vasgevang in die VSA met min of geen hoop om ooit weer na SA te mag reis nie...dink ons moet maar die volgende 4 jaar probeer uitry en hoop ons en ons ekonomie oorleef Trompie? Laat my mos nou met 'n klomp ander negatiewe gedagtes...wat gebeur as bv Sanlam of een van die ander pensioen mpy'e agv al die probleme wat ons moontlik in die gesig staar sink? surprise

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 11/02/2025 - 16:34

En intussen beplan Mnr Boucher aktief voort aan vakansies. 

 ... nadat ons vir bykans 2 jaar nie gekamp het nie, het die kampgogga ons weer behoorlik gebyt tydens ons kamp saam met Neef, Len & Jan (en hul gades) verlede Oktober. Inteendeel, dit het ons reeds gebyt toe ons nog die eerste 3 aande by Dwarswegstrand was. Daarom het ons reeds terwyl ons daar was vir die afgelope Januarie se 10 aande bespreek. En so ook vir die 11 aande wat ons onlangs by Montagu was.

Ons het net eenvoudig die besluit geneem om, solank ons oor die finansies beskik (sonder om in ons kapitaal te delf) en die nodige gesondheid het, onsself te geniet. Ons was tot 'n groot mate gekortwiek deur ons papegaai. Maar noudat sy sedert 31 Januarie nie meer met ons is nie, voel ons nog vryer om te doen wat ons graag wil. Ralie is reeds 71 (en die gesondheid is klaar nie meer wat ons graag sou wou nie) en ek is ook eersdaags 71. Ons kan gelukkig wees en nog 'n klompie geleende jare beskikbaar hê, maar ons het besluit kom ons geniet onsself (binne perke) vir die tyd wat ons nog gegun word.

Ek het gister met my jonger suster gekommunikeer per WhatsApp. Sy en haar man gaan ook Mei wildtuin toe. Hulle is eintlik (veral hy) Kgalagadi-mense. Dit het taamlik oortuigingsvermoë van haar kant af gekos om sy kop vanjaar wildtuin toe te swaai. Sy vra toe gister oor ons roete en waar ons oorslaap. Toe ek haar vertel dat ons 5 keer oorslaap op pad wildtuin toe en ook 5 keer op pad terug, sê sy dat hulle dit nie kan doen nie want haar verlof is te beperk. Ek het begrip vir die werkendes en nog te meer vir jou (Wildehont) se situasie. Om jou eie woorde te gebruik - lief vir gatskuur - vertrou en hoop ek vir jou onthalwe dat daar vorentoe sommer weer 'n spreekwoordelike groot lig op jou pad sal skyn.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 11/02/2025 - 16:46

Daar was nou al paar artikels waar Kanada en Mexico se reaksie bespreek was. En natuurlik die Chinese wat so in stilswye redelik vinnig paar skuiwe gemaak het. Hulle is ook erg in die visier. 

Ek wil nie die punte bespreek wat hom nou ewe skielik laat omgee vir wit Afrikaners nie. Hy ken of verstaan nie die te lank of te kort in die RSA nie. Soos ingeligtes beweer, gaan dit meer oor die ANC se hantering  Israel, en die aakla by die wêreldhof..Israel en VSA staan hand op die blaas, waarenteen Israel een van die apartheidsregering se groot bondgenote was. So die standpoint van ANC kry beslis nie Trump se goedkeuring nie.

Ja, dat ons probleme in die gesig staar, verseker. Maar om te gaan kruip en om vergiffenis te vra...vir wat? stuur ek hom na die warm plek. 

Eintlik nie juis ń sê nie, kan ook nie juis iets op grondvlak dien nie. Moet net vorentoe beur, of gaan lê. Soos Wildehont noem, die belt begin intrek.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 11/02/2025 - 17:42

besluit geneem om, solank ons oor die finansies beskik (sonder om in ons kapitaal te delf) en die nodige gesondheid het, onsself te geniet. Ons was tot 'n groot mate gekortwiek deur ons papegaai. Maar noudat sy sedert 31 Januarie nie meer met ons is nie, voel ons nog vryer om te doen wat ons graag wil. Ralie is reeds 71 (en die gesondheid is klaar nie meer wat ons graag sou wou nie) en ek is ook eersdaags 71. Ons kan gelukkig wees en nog 'n klompie geleende jare beskikbaar hê, maar ons het besluit kom ons geniet onsself (binne perke) vir die tyd wat ons nog gegun word.

Doen so voort! Ek sou ook as ek kon. Die res van ons kan uitsien na lekker saamreis met julle hier op die forum. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 11/02/2025 - 17:48

Dis oëverblindery. Jy moet eers jou grond verloor dmv ‘n grondgryp. Daarna moet jy vir baie lank (jare, eerder as maande) mee onderhoude gevoer word voor jou vlugtelingstatus goedgekeur word. En dan gaan jy nie soortgelyk aan wat jy hier gehad het op ‘n skinkbord ontvang nie.

Trump wil maar net aan die mense wat vir hom gestem het “bewys” hy veg vir witmense oral, nie net in Amerika nie. En hy wil sy spiere bult. En probeer wys Amerika kan sonder die res van die wêreld klaarkom. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 12/02/2025 - 07:15

Ek lees op die CPC-forum dat Mugg & Bean blykbaar teen end-Maart toemaak in Onder-Sabie. Wat 'n jammerte! Dit is een van min restaurante wat ek in die wildtuin geniet - spesifiek vir 'n brunch. Ek het al in my geestesoog gesien hoedat ons eerskomende Mei meermale vanaf Krokodilbrug na Onder-Sabie sal ry vir brunch.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus