Forums

Satara 2023
Ons bly elke keer/jaar as ons in kruger is, in Satara oor. Hier staan ons net so effe links skuins oorkant kruising, soos mens kampeer area inry. Chris B staan ook soms daar.
In al die jare daar, en hoeveel keer na die winkel, het ek nog nooit gestap om die suiping te sien nie.![]()
Satara suiping
het ek nog nooit gestap om die suiping te sien nie
As jy in die restaurant sit, sien jy ook suiping
Soliede witlyn....
is die sperstreep tussen padkaravane en boswaens, wat eerbiedig moet word.
Ook sommer grappie![]()





Ja-nee
Dis maar warm hier by ons ook. Ek glo my kinders sou graag nou saam met die gesinnetjie daar wou gaan lê. En ek sou graag nou in Satara wou wees!