Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -3 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -3 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -4 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -4 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -4 hours ago

Ons 4-maande toer

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

As alles volgens plan verloop, skop ons 4-maande vakansie oor 2 weke af. Ons reisplan lyk as volg:

5 - 14 April: ATKV Hartenbos

15 - 21 April: Karoo Nasionale Park

22 April: Forever Gariep

23 April: Weltevrede, Parys

24 April - 3 Mei: ATKV Klein-Kariba

4 Mei - Malelane-kamp, Krugerwildtuin

5 Mei - 1 Junie: Krokodilbrug, Krugerwildtuin

2 Junie: Orpen, Krugerwildtuin

3 Junie - 3 Augustus: ATKV Eiland Spa

4 Augustus: ATKV Klein-Kariba

Die res van die beplanning terug huistoe moet nog gefinaliseer word, maar sal waarskynlik weer Weltevrede, Gariep en Karoo Nas Park insluit.

Ek het gister die Hilux by 4x4 Mega World in Somerset-Wes gehad vir die stofdigting en uitgly-laai vir die Snomaster. Op die oog af lyk dit of hulle 'n baie netjiese werk gedoen het. Ek het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om my voorraad Joey's boerewors en patties te gaan koop. Dit is gou by die huis in porsies vakuumverpak. 

Ek het ook gou by Cara-Camp aangegaan om die Thetford chemikalieë vir die Porta Potti aan te vul. Ek moet genoeg saamneem vir die 4 maande. Teen 60 ml elke 5de dag behoort ek sowat 1.5 liter te benodig.

Vandag sal voortgegaan word om alle items wat onnodig in die karavaan is uit te haal. Ons het die "gawe" om onnodige goed (wat dalk gebruik kan word, maar nooit nie) saam te karwei.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 26/06/2025 - 14:40

... ja, my seun kán vuurmaak - minstens 3 sakkies op 'n aand. Hy koop rooikrans by lorrie-vragte aan in die Kaap. En ja, ons sal saans lekker om die vuur kuier. Ek moes ook verlede week vir hom gaan bakstene koop het by Built It in Letsitele vir 'n vuurput op die grond.

Nee - hulle durf maar die N12 aan waar dit wegdraai van N1 af in 'n oostelike rigting en later by Witbank by die N4 aansluit. Dit is die pad wat ek ook gewoonlik ry, maar vanjaar was ons eers vir 10 aande by Klein-Kariba en het daarom eers teruggery tot Pretoria en daarvandaan die N4 geneem.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 26/06/2025 - 19:48

wat vooruit reël en goeie pa wat al te gretig help met hout en stene -  fyn beplanning vir maksimum kuier/vakansie -tydlaugh Mens kan die opgewondenheid sommer aanvoel. Dis lekker om te hoor dat julle die lang toer nog baie geniet.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Fri, 27/06/2025 - 07:18

Daar is hoeka deur wyle oom Arie bevestig dat jou status as langstaner of lang kamper bepaal word deur die hoeveelheid hout tot jou beskikking. Dit moet op jou staanplek wees as status simbool laugh

Daar is niks lekkerder as om `n vuur te staan en kuier nie. Geniet dit.

0

Met die volgende saamkamp in KarooNP moet Chris B sy vinnige danspassies uithaal en wys. Sien is glo.

Sien ek nou daai vinnige danspassies uithaal en wys word gedoen met Henties baai se costume aan...hehehehe 

Skuus ek val sommer nou so van die kant af in maar ek moes die "prentjie"deel

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 27/06/2025 - 08:09

... nee, hy moet dit self hier by my staanplek kom afhaal. Ek het genoeg gespook om dit af te laai en te pak.

Daardie 30 sakkies hout is net vir sy 9 aande hier by Eiland Spa. Hy brand so 3 sakkies per aand.

Sy staanplek is net meer as 200 meter van myne af. Dus sal daar saans groot saamgekuier word. Hy bring o.a. twee galjoene saam en 'n skaapafval. Met beide vang jy my in 'n wip.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 27/06/2025 - 08:19

Daardie 30 sakkies hout is net vir sy 9 aande hier by Eiland Spa. Hy brand so 3 sakkies per aand.

Praat my taal.

Ek het dit heeltemal verkeerd gehad. Het gedink hulle gaan wildtuin toe. Julle moet die galjoen en afval geniet. Moet nie vergeet van Ralie se pizza.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 27/06/2025 - 08:35

... jy's reg met jou aanname. Hulle gaan eers wildtuin toe (juis nou op pad tussen Aldam en Malelane-kamp). Hulle sluit eers op 9 Julie hier by ons aan.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 27/06/2025 - 09:20

As hulle in die kamp gaan hout koop, gaan dit ‘n duur besigheid raak as hulle so swaar is op hout. As ek reg onthou was dit verlede jaar R50 ‘n sakkie. 
 

Dit laat my dink aan 1997/98 toe ek vir vier maande kampeer toere gelei het in Botswana. Daar mag mens dooie hout optel vir vuurmaak, en daar is baie daarvan omdat daar so baie olifante is. Een middag stook die plaaslike gids wat moes saamry weens wetgewing ‘n hengse vuur in die middel van die dag in die middel van die somer. Ek sê toe vir die ander Suid-Afrikaanse gids saam met my dat hulle darem hout kan mors. Hy sê toe; “Yes, they think it grows on trees”.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 29/06/2025 - 11:39

Alhoewel hier nog heelwat staanplekke oop is, is hier heeltemal 'n ander "vibe" by Eiland Spa sedert gister. Kinderstemme is oral te hoor.

Na 'n koeler en bewolkte dag gister, is dit vandag weer 'n tipiese Laeveld-wintersdag - sonskyn en lekker gematigde temperatuur. Die voorspelling vir vandag is 24°.

Ek staan eergister in die karavaan, besig om my hande te was. Ek let toe deur die gaas van die opwipdak 'n glansspreeu wat ongewone gedrag toon. Toe sal ek sien dit is 'n onderonsie tussen die spreeu en 'n slang teen die stam van 'n knoppiesdoring. Toe ek nadergaan om die slang te identifiseer, vlieg die spreeu weg. Ek kon sien dit is 'n gespikkelde bosslang - 'n totaal onskadelike slang, maar wat soms deur mense aangesien word vir 'n boomslang. Ek was verstom om te sien hoedat dié kalant blitsvinnig vertikaal teen die knoppiesdoring se kaal stam uitseil.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 29/06/2025 - 12:09

... gister bure gekry. Hulle kamp met 'n EXLV Ng'ombo dubbelwiel boskaravaan. Die stoeptent slaan só groot op dat hy die hele breedte van sy staanplek daarvoor benodig. Hulle stoeptent is tot letterlik op my grens. Gelukkig is dit 'n baie aangename paartjie met hul 9-jarige dogtertjie. En die mammie is nogal goed op die oog - ek kla dus nie veel nie.Eiland

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 29/06/2025 - 12:51

....moet dan seker welaf wees. Ek verstom my aan die jongmense wat "bo" begin met kampgoete. Nou wonder ek waarom sleep hy daai hotel, seker 'n Prado of Land cruiser 300.

Wie se hoop hout lê so onsedelik voor op die sypaadjie??  

NS: Gou op internet gaan kyk, daai wa se intree prys is so ongeveer R900 000, sonder ekstras..

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 29/06/2025 - 13:31

... kos ook meer as R2m - 'n nuwe LR Defender. Ek het vroeër vir Ralie gesê dat hulle kombinasie meer as R3m kos. Dan skud hierdie pensioearis maar net sy kop.

Die hoop hout is ook syne.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 05/07/2025 - 12:05

Ek het lanklaas hier gekommunikeer. Maar die een dag is soos die ander - lekker rustig in die somersweer wat ons dag na dag ervaar.

Hier heers tans 'n fantastiese vakansie-atmosfeer by Eiland Spa. Kinders is volop en hul geniet hulself op velerlei maniere. Dit laat ons verlang na die dae toe ons kinders nog jonk was en ons vir vier agtereenvolgende jare gedurende die mid-90's uit die Boland (toe nog woonagtig in Grabouw) vir die volle wintervakansie hier kom kuier het.

Daardie jare het ek al gesê ek wil ook eendag hier kom lankkamp. Sedert 2015 is ons gelukkig om dit elke ongelyke jaartal vir 2-3 maande te kan doen. Die gelyke jare poog ons om by die ver kinders te gaan kuier. Hopelik kan ons 2026 in Roemenië gaan kuier.

Ek het die afgelope 2 weke 'n bietjie drama gehad met 'n debietkaart wat op 31 Julie verval. Ek is maar self skuldig aan die ongerief wat ek gehad het, omdat ek nie aandag aan die vervaldatum gegee het nie. My bank het my in kennis gestel dat my nuwe kaart gereed is om afgehaal te word by Kleinmond-tak. Maar ek voorsien om eers op 7 Augustus tuis te wees - en ek het die kaart nodig vir brandstof- en ander uitgawes vir die reis huistoe.

Dit kos my toe 'n telefoon-oproep na my bank se inbelsentrum. Jy kan mos nie meer direk met 'n tak skakel nie. Verlede Maandag, nadat ek lank moes aanhou om na musiek en advertensies te luister, kom ek uiteindelik by 'n persoon uit wat onderneem om behulpsaam te wees sodat 'n nuwe kaart vir my by Tzaneen-tak afgelewer word. En ek word goed op hoogte gehou per SMS hoe die proses verloop. Maar toe ek uiteindelik die boodskap kry dat my kaart afgelewer is, is dit by Kleinmond-tak afgelewer. Ek het toe maar die afgelope Maandag weer die moed bymekaar geskraap om die frustrerende oproep na die inbelsentrum te maak. Hierdie keer was ek suksesvol en kon ek my nuwe kaart eergister in Tzaneen gaan afhaal. Maar toe ons daar kom, staan daar tientalle mense buite die tak se deur in 'n ry. Na 'n lang proses, wat my geduld tot die uiterste beproef het, is ek uiteindelik daar weg met my nuwe kaart.

Maar die ongerief wat ek sedert verlede Maandag ervaar het was ook 'n frustrasie. My ou kaart, wat nog geldig was tot end-Julie, is toe gekanselleer. Gelukkig was die Hilux vol diesel en het ek darem 'n klompie kontant by my gehad vir dag-tot-dag benodigdhede.

Die les wat ek hieruit geleer het is om op te let na kaarte se vervaldatum wanneer ek vir lang tydperke van die huis af is.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 05/07/2025 - 12:18

My kredietkaart (wat altyd ‘n positiewe balans het en wat ek gebruik vir alle aankope wat nie kontant is nie) is gekoppel aan my iPhone. Ek kan dus met die foon tik op ‘n masjien en dit gaan van my kredietkaart af. Omdat die foon eers my gesig moet herken om die kaart oop te maak voor ek kan tik, hoef ek ook nie na die tyd ‘n PIN in te sit nie, die transaksie gaan net deur.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 05/07/2025 - 12:43

... te slim vir hierdie ouballie. Kan dit ook met 'n debietkaart gedoen word?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus