Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -2 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -3 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -3 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -4 hours ago

Ons 4-maande toer

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

As alles volgens plan verloop, skop ons 4-maande vakansie oor 2 weke af. Ons reisplan lyk as volg:

5 - 14 April: ATKV Hartenbos

15 - 21 April: Karoo Nasionale Park

22 April: Forever Gariep

23 April: Weltevrede, Parys

24 April - 3 Mei: ATKV Klein-Kariba

4 Mei - Malelane-kamp, Krugerwildtuin

5 Mei - 1 Junie: Krokodilbrug, Krugerwildtuin

2 Junie: Orpen, Krugerwildtuin

3 Junie - 3 Augustus: ATKV Eiland Spa

4 Augustus: ATKV Klein-Kariba

Die res van die beplanning terug huistoe moet nog gefinaliseer word, maar sal waarskynlik weer Weltevrede, Gariep en Karoo Nas Park insluit.

Ek het gister die Hilux by 4x4 Mega World in Somerset-Wes gehad vir die stofdigting en uitgly-laai vir die Snomaster. Op die oog af lyk dit of hulle 'n baie netjiese werk gedoen het. Ek het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om my voorraad Joey's boerewors en patties te gaan koop. Dit is gou by die huis in porsies vakuumverpak. 

Ek het ook gou by Cara-Camp aangegaan om die Thetford chemikalieë vir die Porta Potti aan te vul. Ek moet genoeg saamneem vir die 4 maande. Teen 60 ml elke 5de dag behoort ek sowat 1.5 liter te benodig.

Vandag sal voortgegaan word om alle items wat onnodig in die karavaan is uit te haal. Ons het die "gawe" om onnodige goed (wat dalk gebruik kan word, maar nooit nie) saam te karwei.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 05/07/2025 - 19:34

................bank nie by dieselfde bank nie.  My bank het die gebruik om vervalde bankkaarte per koerier by jou werk- of huisadres per koerier af te lewer.  Verlede jaar beland ek in die hospitaal en ek kry 'n sms om te sê my nuwe kaart word die volgende dag by my huis afgelewer en ek moet dit persoonlik in ontvangs neem - ook die foto-identiteitstorie om seker te maak dis werklik die kaarthouer self wat dit in ontvangs neem. Uit my hospitaalbed bel ek die oproepsentrum en deel hulle my dilemma mee. Geen probleem, die volgende dag lewer die koerierfirma my kaart af by my bed in die hospitaal !

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 05/07/2025 - 19:54

....dit klink mos na diens. Dit kan net Volkskas weeslaugh

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 06/07/2025 - 17:32

Middag alam.

Goeie oi Volskas.

My eerste 3 jaar van werk was ook by hulle.....Die ploeg in die land wapen.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 06/07/2025 - 17:40

Goeie Hout. Ek dink jy het die navigator se bril op. Jou spelling is terrible.laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/07/2025 - 11:33

.....wanneer verwag jy die kinders by die Eiland. ek hoop hulle het 'n goeie wildkyk tyd gehad in willetuin. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 08/07/2025 - 12:06

... dit klink asof hulle 'n goeie tyd in die wildtuin gehad het. Met die uitsondering van luiperds en jagluiperds, was hulle baie gelukkig met roofdiere. Ek weet nie waar nie, maar hulle het gister weer 'n trop wildehonde raakgeloop. Hy sê dat hulle later nie eens meer by witrenosters stilgehou het nie - só baie het hulle gesien. En ander wild was ook volop.

Jammer dat ek die inset oor Tshokwane se hiëna op Rona se Botswana-draad geplaas het. Dit was 'n blonde-, of liewer gryskop-oomblik.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 08/07/2025 - 15:57

hulle vertrek vandag vanaf Skukuza na Letaba vir hulle laaste van 12 wildtuin-aande voordat hulle môre hier by ons aansluit.

Julle sien seker baie uit na die kuier. Geniet dit!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 13/07/2025 - 10:58

Dié oukêrel is maar stil t.o.v. ons daaglikse doen en late hier by Eiland Spa. Maar ons geniet nog elke oomblik van ons verblyf hier by Eiland Spa.

My seun-hulle het intussen Woensdag vanuit die wildtuin hier opgedaag - en aand na aand kuier ons rondom 'n gesellige vuur tot laataand. Dit voel ongehoord vir my en Ralie om saans eers om en by 23:30 in die bed te klim. Maar omdat niks ons jaag nie, slaap ons soggens sommer lekker laat. Ons het eers 08:40 vanoggend wakker geword.

Gister het ons 'n lekker 6km-lange familie-staptog, o.a. langs die Letabarivier, gehad met die hoop om seekoeie en plathonde te sien - maar hulle het ons ontwyk.

Die een dag is soos die ander wat die weer aanbetref. Gister se voorspelling was vir 27° en vandag s'n 25°. Ons sal waarskynlik 'n bietjie "suffer" as ons op 5 & 6 Aug deur die Vrystaat en Karoo ry - waar ons beplan om onderskeidelik in Bloemfontein (Reyneke Park) en Karoo Nas Park te oornag.

Ons 4 maande se tyd loop nou vinnig uit met slegs 3 weke voordat ons hiervandaan moet vertrek. Maar as alles volgens plan verloop is dit net 3 maande voordat ons weer die Ou Lady haak vir 3 weke in Karoo Nas Park en 'n maand by Dwarswegstrand. Maar ons het darem ook die vooruitsig vir 'n bykans maandlange besoek van ons ver kinders gedurende September.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 13/07/2025 - 11:29

...vir jou. Ek sien Warmbad na B.fontein is 560km en B.fontein na KarooNP so 540km.

ten minste is dit op N1 wat lang dele dubbel is, en dan dubbel by opdraendes. Dit maak verbygaan soveel makliker. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 13/07/2025 - 12:05

Die langer afstande is 'n bietjie teen my eie ongeskrewe reël van 500km maksimum per dag. Maar ek het regtig nie lus om by Aldam te oornag in die winter nie. Ek voel altyd veilig by laasgenoemde - selfs al is ons soms die enigste kampeerders. Maar hul ablusies is nie 'n plesier om in die koue te gebruik nie. En Bundu Lodge is ook nie vir my 'n opsie met die Ou Lady nie - veral as ek luister na Goeie Hout se kommentaar oor die ingangsroete.

Gevolglik sal die ekstra 60 km na Reyneke Park (vanaf Klein-Kariba) darem seker nie die spreekwoordelike kind uit die "cot" laat val nie. En die privaat-ablusie reg voor jou karavaan is ook 'n pluspunt.

My seun sleep wel hier van Eiland Spa af tot by Aldam. Maar hy sleep heelwat vinniger as sy pa - en hulle bly in 'n chalet oor (ook vanweë die koue).

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 13/07/2025 - 13:36

... die lekker vuur ...

Eiland

Eiland

... waar rondom ons saans tot laat kuier, eet ons ook soos konings. My seun het vooraf sy spyskaart, vir die 9 aande wat hul hier saam met ons kuier, aangestuur. Die eerste aand was dit lamstjops en boerewors, gevolg deur 'n beesstertpotjie die volgende aand. Eergisteraand het daar 3 Hentiesbaai galjoene op die kole beland en gisteraand murgsagte rump steak saam met pap & sous. Blykbaar wag daar vanaand 'n pastapotjie op ons (ter wille van die twee tiener-kleinkinders - en natuurlik vir ouma wat in 'n wip gevang kan word met pasta). Môre-aand is dit "pork rashers" gevolg met 'n kerrie-afvalpot die volgende aand. Die laaste twee aande van hulle kortstondige kuier hier by Eiland Spa sal daar gebraai word - onderskeidelik lamstjops en hoender.

Ek sal amper nie meer weet hoe om self kos te maak vanaf Vrydagaand nie, want ons is bederf met net lekker rustig langs die vuur sit terwyl die jonger geslag die kosmakery behartig. Voorwaar 'n voorreg om die Kaapse koue nat winter hier te ontsnap en vir 'n paar aande saam met dié te kuier wat vir jou dierbaar is.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 13/07/2025 - 15:09

Nou wonder ek, word daar apart vuur gemaak in braaier vir die braai, of word kole uit die kuiervuur geskep daarvoor??

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 13/07/2025 - 16:11

... die fantastiese bosveldhout se kole word oorgeskep in die braaier. Ons is nou só bederf met elke aand se sitvuur dat ons baie waarskynlik sal voortgaan daarmee nadat my seun-hulle weg is. Hy't vandag weer só 'n vrag mopaniehout gekoop dat daar sekerlik van die bosveldhout wat ek gekoop het gaan oorbly - waarmee ons kan vuurmaak. Ek sal maar net die stene oorneem na my staanplek toe.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 14/07/2025 - 06:47

... die fantastiese bosveldhout se kole word oorgeskep in die braaier.

Darem maar lekker om met ordentlike hout te braaiwink 

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 14/07/2025 - 16:00

Chris B, baie goeie idee.  Nooit weer na hulle toe nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 14/07/2025 - 16:22

Mensig, dit is warm hier by Eiland Spa vandag. Dankie tog vir 'n lugreëlaar in die karavaan.

Dit is bedrywig hier - veral die kinders op hul fietse. Die kleineres het maar min kennis, indien enige, van padreëls en veral vir voetgangers. Hier is nou reeds meer as een keer 'n beroep gedoen op fietsryers om nie in die donker sonder 'n lig te ry nie. Maar daardie beroep werk nie.

So warm soos wat dit bedags is, so vinnig koel dit af sodra die son gesak het. Inteendeel, dit word meeste aande sommer behoorlik koud. Maar die lekker vuur waar rondom ons saans sit maak op daarvoor. Vanaand skroei ons 'n paar "pork rashers" en Joey's boerewors. En môre-aand lê een van die spyskaart hoogtepunte voor - 'n lekker kerrie-afval. Of soos my seun spottenderwys sê: gekerriede skaapderms.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/07/2025 - 16:43

vanaand, maar môre aand het ek 'n ander afspraak, sal dit nie maak nie.laugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 19/07/2025 - 16:24

Sedert gister het hier 'n stilte oor die Boucher-kamp neergedwaal - die kinders en kleinkinders het gisteroggend gery. Hulle het gisteraand by Aldam in 'n chalet oornag en het pas laat weet dat hulle het veilig in Karoo Nas Park arriveer vir hulle laaste aand op pad huistoe. Ons 9 aande se lekker saamkuier hier by Eiland Spa het verby gevlieg.

Die oord loop ook leeg van skoolvakansie-gangers. Vandag is die laaste dag van vakansie-aktiwiteite. Van volgende week af het ons ou klomp krimpies weer die oord vir onsself. Maar ek gaan die gedruis van kinderstemme en roekelose fietsryery deur die kleinspan mis. Dit het my laat verlang na tye in die 90's toe ons nog met jongspan elke wintervakansie hiernatoe gekom het.

Soos ek Eiland Spa sedert 2015 (ons eerste langkamp hier) leer ken het, trek die oord weer amper 100% vol met krimpies wat die verlaagde Augustus-tariewe benut. Ons betaal tans R194 per nag, maar vanaf 1 Aug verlaag dit na R144 per nag.

Afgesien van die 30 sakke bosveldhout wat ek vooraf vir my seun gekoop het, het hy nog 30 bondels mopaniehout buite die oord gekoop. Hy het die orige hout (10 sakke bosveldhout en 9 bondels mopanie) eergisteraand hier by my staanplek kom aflaai waar ons die laaste keer saamgekuier en -gebraai het. Gisteraand was daar nog 4 bondels mopanie en 9 sakke bosveldhout oor. Ek en Ralie het toe gisteraand maar stoksielalleen 2 bondels mopanie uitgebrand - net vir atmosfeer. Ons het nie gebraai nie, want ons het die vorige aand se left-overs geëet.

Vanaand sal daar egter gebraai word - kassler-tjops en Joey's boerewors. Maar as die windjie vanaand nog so orig is, soos wat dit nog heeldag is, sal dalk slegs die Smokey Joe aangesteek word. Sedert ons op 3 Junie hier arriveer het, is dit ons eerste "afdag" wat die weer aanbetref - maar was steeds 25° oor die middaguur. Môre word 'n skamele 20° en 'n bewolkte dag voorspel - raar vir Eiland Spa hierdie tyd van die jaar.

Ons het darem die vooruitsig van nog 2 weke se rustige kuier oor voordat ons op 4 Aug begin huiswaarts vertrek.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus