Gesels ek die week met iemand wat 'n Penta met 'n Hilux 2.4 sleep. Hy het sy Penta se remme laat verander na die hidroliese tipe. Volgens hom het dit 'n reuse positiewe verskil aan sy sleep gerief en veiligheid gemaak. As jy vryloop teen 'n berg af, en jy trap nie rem nie, loop die wa se remme beslis ook nie aan nie. Geen inloopskokbreker wat ingee nie.
Nou wonder ek, wat behels dit alles om so 'n verandering te maak;
1] hidroliese pypkoppeling van die trokkie se stelsel na 'n koppelpunt by hak
2] hidroliese pype vir die woonwa na elke wiel toe
3] wat moet alles verander word by die wiele?? Is 'n normale "hub" veeldoelig, maw. kan die remme hetsy met kabel en hidrolies ge-aktiveer word, of moet die dromstelsel ook vervang word.??
'n Defnitiewe voordeel is die gereelde opstel van die remme, dis net die handrem/noodrem wat periodiek opgestel moet word.
Tweedens, volgens wet moet mens 'n ekstra stel remme aanbring indien jou wa se BVM meer is as jou sleepvoertuig se lisensiegewig. Beteken dit werklik 2 stelle remme, of beteken dit dat kabelrem vervang word met hidroliese remme??
Wat dink julle tegniese manne van die idee. Herman, Ski, Tora wat so handig eie waens bou en herstel, ek verneem graag julle idees hieromtrent.
elektries hidrolies
Ek het verder nagevors;
1] party woonwa vervaardigers met wie ek kontak het, het beweer die elektries-hidrolies is onwettig in SA, hulle mag dit nie insit nie.
2] Met elektries is daar 'n handbeheer wat aan/afskakel in voertuig. Mens kan ook intensiteit van remaksie verstel. Onaanvaarbaar omdat mens kan vergeet om te aktiveer. Die elektriese skakeling, aktiveer dan 'n aparte hidroliese aksie op die wa se remme.
3] Daar is 'n firms in JHB wat stelsels insit. Google gerus "Wingate hydraulic brakes"
4] Veral die elektries/hidrolies is baie gewild en wettig in Australië
Ons wetgewing is vinnig om 'n ekstra remstelsel te vereis, maar om 'n wettige stelsel te vind, gaan problematies wees.
Duitse produk...
...wat 'n elektries-hidroliese stelsel kan verskaf is HYDRAPRO. Ek het hulle op internet opgesoek, maar my PC-sekuriteit tel elke keer 'n "spam" op.
Dankie Herman vir die verwysing.
Het ń artikel gekry van…
Het ń artikel gekry van meganies/ hidrolies. Die inloop aksie van sleepstang word gebruik op ń " master cylinder". Net soos wat jou voet die rembedaal trap. Die remme is dan soos gewone motor remme . Hoe harder die wa stoot, hoe harder rem dit. Ek glo stellig die inloop skokbreker sal moet bly om die inloop bietjie in toom te hou??
Die Ekectro Hysraulic remme is ń komplekse besigheid wat sensors het wat jou rempoging lees en so die inligting na die sleepwa prosesseerder stuur. Sleepwa het ń onafhanklike stelsel en kry via jou elektriese prop die inligting. Klink baie goed vir waar jou sleepvoertuig sterk genoeg is, maar nie swaar genoeg om in beheer te wees nie.
Met vandag se goeie elektronika is dit seker die beste vir swaargewig waens en veiligheid.
Meganies of elektries -hidrolies
Beide klink na 'n duur ombouing.
Ek hou van die meganies-hidroliese idee.
Ek moes toentertyd beter gekyk het na die omie met die Chevy 4.1 en Exclusive se stelsel. Ek het hom in vroeë 2000 in Oos London raak gekamp. Hy het dit so eenvoudig laat klink, soos val uit 'n boom![]()





Klink na ń moerse storie…
Klink na ń moerse storie. Sal moet gaan Google want ek glo amper nie dat jy by die kar se hidrolies kan by aanlas nie. Dink dit sal ń aparte en onafhanklike stelsel wees. Meganies/hidrolies. ???