Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -7 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -7 hours ago

Ons tuiste vir 5-jaar van permanent kamp

Pretoria Tuine
Submitted by DK on
Pretoria Tuine

DK

Wed, 30/07/2025 - 19:34

Nee wat, hierdie forum is vir my nie "User Friendly" nie.

Jy sukkel jou "GAAI AF" om fotos te laai en maak jou naam "GAT" op die einde.

CHEERS

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 30/07/2025 - 20:18

Ek sien vannaand draai die wielekie lank.

So dalk net dalk later oplaai.

Ek wil graag sien hoe n mens permanent kamp.  Dit is my voorland as ek volgende jaar aftree.

Dan wil ek Chris se 4 maande toer wen met so 6 maande.

 

Mooi aand DK.

0
Pretoria Tuine

DK

Thu, 31/07/2025 - 14:51

Fotos van ons staanplek en privaat badkamer en so bietjie Wild

0
Pretoria Tuine

DK

Thu, 31/07/2025 - 15:07

Die storms is erg as die Noorde tot Noord-Weste wind begin.

Slang byte kom voor asook Bruin Skerpieone wat my vrou eers gekry het en toe ek.

Ek sit nogsteeds met Wit vlekke op my arm waar ń Mosambiek Spoeg Kobra my gespoeg het terwyl ek besig was om hom uit te haal met my slangvanger.

Al baie gesien hoe tuimel mense se "Setup".

Gelukkig was ons goed voorbery.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 31/07/2025 - 15:08

Dankie vir die fotos. Waar is die oord waar julle die 5 jaar gekampeer het?? 

Dit wil voorkom of daar weinig/geen koeltebome was nie. 

0
Pretoria Tuine

DK

Thu, 31/07/2025 - 15:18

Daar is baie koelte bome, maar my "Motto" is, ek sal nooit onder ń boom staan nie.

Ek het al lelike insidente gesien agv ń boom met loshangende takke.

0
Pretoria Tuine

DK

Thu, 31/07/2025 - 15:29

Dit is so dat die storie my bykans R30 000 gekos het.

Die eienaar was toegewend en ons het feitlik geen huur betaal nie en gratis vrugte en groente gekry asook wild vleis met biltong en droêwors as hy gaan jag.

Daarby het ek betaling ook gekry vir die onderhoud aan voertuie en implemente.

In elk geval het ek nie plek vir die Wendy nie.

Byvoorbeeld as ons gaan vir ń naweek of ń week wegbreuk, is dit gratis: Slegs ons kos, brandstof en tolhek kostes is op ons.

0
Pretoria Tuine

DK

Thu, 31/07/2025 - 15:36

Nagelaat met jou vraag en vra verskoning.

Dit is Klipspringer Gaste Plaas, 7km buite Modimolle op die pad uit na Naboomspruit.

Hulle is skuins oorkant die "Ex-Tempel" oord wat toe verander het na Modimolle Vakansie oord wat hulle deure gesluit het en bestaan nie meer nie.

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 31/07/2025 - 16:15

Dankie vir die fotos.

Slang is nie my maater.

0
Pretoria Tuine

DK

Thu, 31/07/2025 - 16:31

Hierdie was slegs ons Hoofbasis.

As ons lus was vir ń wegbreuk het ons slegs ons klere en gewone benodighede gelaai en in Chalets, Rondawels, Huur karavane ens... bewoon en nie die nodigheid gehad om op en af te slaan nie.

Ons het alles slegs rustig benader.

Soos ons gegaan het vir wegbreuke, sou ons, onsself "Termerders" gewerk het met op en af slaan en dan nog die sleep "Stress" daarby ook.

Ons het verskeie oorde besoek wat te veel is om te begin van "A tot Z".

Vir voorkomende kampeerders wat besluit op Permanent: Sterkte, want dit kan soms veeleisend raak as daar "Klieks en Kamp Politiek" is.

Belangrike Punt: Moet nooit toegewend wees en almal vra of hulle iets benodig vanaf die dorp af nie.

Jy stel vir jouself ń Slagyster en medes verwag jy moet dit vanselfsprekend doen.

Ons het al deurgeloop dat medes hulle lysie verskaf en noem hulle sal kostes EFT wat somtyds nooit gebeur het nie.

Daarby ry jy buitensporig sonder brandstof kostes.

Ons het ons eenkant gehou en gesels met verbyloop, maar oor en weer kuier was by ons "Taboe".

Jy drink jou beker koffie of koeldrank, maar saambraai was uit.

Ons het slegs 1x/maand die "Community" braai bygewoon en daarna weer tot die volgende maand.

0
Pretoria

Geert

Thu, 31/07/2025 - 17:47

Jy sukkel jou "GAAI AF" om fotos te laai 

Ek sukkel ook om fotos te laai. Wat ek deesdae doen is om eers die geskrewe werk te plaas....dan druk ek op "edit" en plaas dan fotos. Dit werk vir my op hierdie metode

0
Pretoria Tuine

DK

Thu, 31/07/2025 - 18:53

Dit is wat ek vandag gedoen het, maar slegs 10x Fotos/Plasing.

0
Pretoria Tuine

DK

Thu, 31/07/2025 - 19:16

Nee wat, dit is no erg nie.

ń Slang is banger vir jou as jy vir hom.

Net ń wenk: Slange kan nie hoor nie en hoor uit vibrasie van voete tydens beweging en sodra jy een gewaar, doen die volgende:-

- Loop "Catwalk" (Op die kante van beide voete soos geleer in die weermag).

- Gooi ń handoek, kombers ens.. oor hom en kontak die kontrei se reptielvanger.

- Kostes +/- R250.

Theunis Victor in Modimolle het my goed geleer en ek het my eie vangers gemaak.

Ek is banger vir ń spinnekop en skerpioen.

ń Sak spinnekop het my al beet gekry op linker kuit en het ontaard tot Gordel Raas wat pynlik was vir 3x maande.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 31/07/2025 - 20:36

DK, jy is wilder as die wildtuin!! Daai glibberige goed gee my die aapstuipe!! So koue, voel of dit nat is harderige lyf, is erg grillerig. So ek los hulle uit, of gaan kry die haelgeweer vir die wat wil kom intrek.

Von inteendeel  stoot die Boomslange met haar mop van die stoep af.  

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 31/07/2025 - 20:45

Von inteendeel  stoot die Boomslange met haar mop van die stoep af.  

Ek dink Von is die een.  Nee neef, daai goed is nie vir my.

Hoe is my spelling deesdae. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 31/07/2025 - 21:04

Goeie hout.. jy laat my lekker lag. Ons Willem Brits het ook gekla van sleg spel so ruk na die son gesak het. Sy dik vingers het glo bietjie gevoel verloor dan druk dit lagsaan die regte lettertjie. Kyk ek spel self treurig na sononder. My plan is egter om een oog toe te knyp en dan sien ek nie so erg sleg nie. Dit help vir my.

Chris Vis het voorgeneem om nie saans te tik nie.. Laat hom nie egter ophou lees nie. devil.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus