Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -5 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -5 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -6 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -6 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -7 hours ago

Nuwe karavaan in ons toekoms...

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Ons huidige Fleetline is al met ons sedert 1999 en het ons nog nooit probleme gegee nie. Maar tydens die afgelope Scotties kamp het die Goewerment al hoe meer begin skimp dat ons onse ouderdom in gedagte moet begin hou, 70 wink die komende jaar vir oom Grootwind en Vroulief het pas 65 geword, gerief begin dus al hoe belangriker word. Ons toekoms het nou glo 'n wa in met meer geriewe, veral dinge soos 'n badkamer met stort, troon wat minder "agricultural" is as die huidige Porta Potti, lug reëling, asook movers (verkieslik Ewiks sinne) en geen "pop roof" nie. Dubbelas is ook uit soos koekies innie weeshuis, te omslagtig om te hanteer (so geen Exclusive of Maia of soortgelyk nie). Tans lyk onse kortlys iets soos Jurgens Classique, Destination DeeVee of dalk'n Quantum Comfort de Luxe (die ene met badkamer). Lg is 'n oulike wa maar die goed kom net met 'n afskeep Rally tent wat my effe afsit. Die DeeVee en Quantum is tans skaarser as hoendertanne, terwyl daar heelwat Classique's beskikbaar is, maar natuurlik is houtvrot 'n moontlike probleem, terwyl dit nie die geval is met die DeeVee en Quantum nie. Opinies, voorstelle? Tyd is nie tans 'n probleem nie behalwe dat ek duidelik laat verstaan word dat die nuwe wa met volgende jaar se Scotties kamp gebruik sal word....sien uit na die aanbevelings van die forum se komitee van wyses!

Kaap

Goeie Hout

Wed, 10/12/2025 - 21:03

Ai ai Groot Wind.  Jip , ek sal so voel as ek my Fleetline MOET verkoop.  mamma nog nie lekker oor die skewe bed, maar ek is doof in daardie oor.

Sy het heerlik getoer en ek neem haar nou vir n maand na Onrus.  Jip Fleetline is BO.

Sterkte Groot wind.

 

 

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 11/12/2025 - 10:03

Die Sensasie het ook so 'n skewe bed. Toe Jurgens klompie jare terug dit ook gedoen het het dit ons nie juis aangestaan nie (ouderdom en "ander" idees meng gewoonlik moeilik!). Maar noudat die Sensasie se bed ook so skeef is maak dit nogal sin, dit gee meer plek vir om die bed loop, en in die Sensasie se geval is die bed boonop 'n volle koningin grootte. Verby is die dae van beddegoed wat nie-standaard grootte is! In die DeVee geval is die ruimte onder die bed minder as wat die geval met die Fleetline was. Die ruimte nou word meestal opgeneem deur die Dometic lugreëlings eenheid asook die uitskuif kombuis (twee gasplate asook opwasbak) wat min oop spasie los vir allerhande onnodighede daar inpak. Mens moet jou seëninge tel! Vandag word daar so bietjie bestekopname gedoen om te kyk waar mens die TV se bracket kan vasmaak, nie 'n maklike besluit nie, mens weet nie wat lê weggesteek agter die binnemure nie en waar en hoe kan mense die goed versterk vir so 'n bracket. Toe Sensation destyds karavane gebou het was elkeen op bestelling gebou wat gelei het tot 'n unieke karakter en uitleg van elkeen. Hierdie gaan bietjie dinkwerk beteken...

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 15/12/2025 - 18:44

Die Sensasie is nou net meer as 'n week by ons. Wat ekke wel besef is dat daar heelwat knoppies en dinge is wat nie die geval was met die Fleetline nie. Net die ligte het 'n swetterjoel skakelaars, duidelik dat ek maar die "label maker" nader moet trek en vir elke skakelaar 'n klein etiket moet druk om ons te help. Elke ander liewe ding het ook sy eie Aan/Af skakelaar, die sal ook maar 'n leesbare etiket moet kry. Waar die Fleetline darem 'n 40l tenk onder die pens gehad het met 'n elektriese pomp in wat water na die twee wasbakke lei het die Sensasie goete soos 'n aansienlik groter drukpomp (die darem opgespoor waar die onder die wa se pens inlyn gemonteer is). Links voor in die neuskas is daar 'n groterige watertenk gemonteer wat water verskaf aan twe wasbakke, die toilet asook die stort en ook die waterverwarmer (geyser). Lg is onder 'n sitbank gemonteer. Heelwat meer goete om nou te verstaan. Ek sou dink die lede wat 'n Classique of Exclusive of dergelik besit het iets soortgelyk in hulle waens. Nou my vrae wat ek seker is die slim lede sal kan antwoord!

- Ek aanvaar die water tenk moet leeg wees voor mens ry, en ook as die wa vir 'n langer tydperk nie gebruik word nie? Wil nie sit met onwelriekende water nie.

- Ek aanvaar die water verwarmer moet ook leeg wees in die geval?

- Wat van die res van die wa se waterpype?

- Nou die Lotto wenner vraag. Hoe dreineer mens die waterverwarmer asook die water tenk? Ek sien nie 'n ooglopende dreinerings punt nie. In die geval van die Fleetline was daar 'n prop onder aan die watertenk om die te dreineer. Sal seker die Sensasie se onderkant moet deursoek vir dreineringspunt/e. Dis nou behalwe as een van die lede my kan verwys na 'n huidige Sensasie eienaar?

En natuurlik, is die omgekeerde seker ook waar...as die waterstelsel leeg is moet mens die spul seker weer prime as mens by die kamp plek aankom en die tenk weer volmaak?

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/12/2025 - 19:53

Jammer ou maat, ek gaan weinig tot nut wees. 

1]Sommer om mee te begin, ek gooi so 'n koppie milton in as ek my 100l watertenk volmaak. 

2] Die Kavango se tenk sit gelukkig onder die wa, net effens agter die as. ek ry hom sommer vol saam. Tenk in neuskas, besluit maar of Ranger se stert styf genoeg is om gewig te dra. Ten minste is dit omtrent op die sleepbal vir stabiliteit.

3] Ek het so 'n vermoede dat die drukpompe eintlik gereeld so bietjie moet werk. My wa het so 2 maande gestaan na ons in Kruger was, waar alles perfek gewerk het. Eerste keer wat pomp daarna moes werk, was dit rukkie knorrig.

4] Lees die boekie laugh

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 15/12/2025 - 20:23

My Exclusive se watertenk is ook onder die wa, voor die voorste as gemonteer met 'n Whale "in line" pompie.  Ek het hierdie pompie uitgegooi en vervang met 'n "self priming" ShurFlow pomp.  Ek het ook die watertenk volgemaak voor ons vertrek en weer leeg gepomp wanneer ons huiswaarts keer.  Ek het nooit die geyser gedreineer nie, maar wat ek wel gedoen het, is ek het ook Miltons deur die stelsel en geyser gepomp sodat water wat in die pype en geyser  agterbly  Miltons bevat.  Voor ons 'n volgende keer gaan kamp, spoel ek die hele stelsel weer met 'n bietjie Miltons deur en op hierdie manier het ons nooit onwelriekende reuke in die water ervaar nie. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 16/12/2025 - 08:24

Wessel se inset van " lees die boekie" het my laat smile. Vertel my skoonseun van sy 2 slag motorfiets dae die storie. 

Hy koop ñ nuwe motorfiets, gooi brandstof in en probeer start. Die modelle skop jy, het nie ń knormoer nie. Nadat hy homself pootuit geskop het besluit hy om die hanbboekie nader te trek.

Staan daar toe geskryf " now that you tried your way, This is the correct starting procedure" smiley

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/12/2025 - 13:27

....hoe gaan dit met jou en die Sensasionele nuwe dingetjie in jou lewe? Het jy haar nou my bekyk, bevoel en beleef? Reggekom met al die waterwerke, pompe, pype en tenke??

Ek aanvaar jy slaap darem nog in die huis, of kampeer julle twee tuislaugh 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 22/12/2025 - 17:16

Dankie Shaun maar ons soektog was vinnig oor, tans staan daar 'n Sensation DeVee onder die Fleetline se afdak!

Julle slim menere is reg met die lees van die handboek, dis nou as daar ene is! In my geval het Juffrou Sensasie gekom met 'n spul handboeke, o.a. vir die Dometic toilet, mikrogolf, yskas en die Isabella tent. Ander vir die Ewiks movers asook die Dometic lugreëling kon ek op die 'net opspoor. Vir Juffrou Sensasie op haar eie? Niks nie, verstaan ook dat die meeste Sensations individueel per bestelling gebou is so dis waarskynlik onmoontlik om te kry. Die wa het 'n hoëdruk waterpomp (Propumps FL-35) wat onder die pens gemonteer is op 4 patetiese klein harde rubber voetjies wat uiteraard met tyd hard en bros geword het en op die punt was om in te gee. Gelkukkig het ek die potensiële probleem raakgesien tydens my onderstel inspeksie. Vrydag oggend het die handelaar die moeite gedoen om uit te kom en huisbesoek te doen. Eerder as om nuwe voetjies te koop wat vir seker weer een of ander tyd sal ingee het die twee handelaar mense uit plat aluminium stawe ("flat bar") twee monterings sommer ter plaatse gefabriseer met die nodige rugbber vibrasie isolasie om die pomp op sy plek te hou en enige vibrasies te beheer. Wag ook tans op 'n kwotasie om my motorhek met sowat 1.5m breër te maak, sal seker vroeg Januarie gebeur waarna ons die Sensasie op die proef sal stel. Trokkie is ook verlede Donderdag gediens so die voorbereidings vir 'n toetslopie vorder! 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/12/2025 - 17:45

....jy kry omtrent goeie diens uit die handelaar----Silwer Lakes??? Of was dit die vervaardiger wat huisbesoek kom doen het.

Goeie idee om hek te verbreed. As mens sukkel om met woonwa weg te gaan, hetsy uit stoorkamer gaan haal, of by eie hek uit, gaan mens dit nooit ten volle benut nie.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 09/01/2026 - 15:42

Na 'n groot uitsorteerderei is alles wat as "minimum" in die nuwe wa moet wees ongeag hoe lank ons kamp op hulle plekke. Daarmee saam 'n k;omp kratte met goed wat in die ou Fleetline was maar nou eerder as trokkie vrag sal saamgaan, meeste van die goed is ook afhanklik van hoe lank 'n kamp sal wees. En dan is daar 'n spul goed wat eenkant staan en waaroor ek en doie goewerment (nog) nie kan saamstem nie (dit was ook alles in die Fleetline!). Maar ek dink ek wen so effens met wat saamgaan en wat nie! Verbasend genoeg lyk dit of die Fleetline meer pakplek as die Sensation gehad het, kry nuwe respek vir Jurgens se destydse ontwerpers!

Komende week begin die verbreding van die oprit hek so stadigaan, het 'n kwotasie vir al die staalwerk aanvaar en ook deposito betaal. Die joppie word in twee fases gedoen, Fase 1 is die vervanging van die ou hek se Meranti hout panele met Chromadek asook die byvoeg van 'n addisionele 1.5m plus die verlenging van die loopspoor en rat asook skuif van die hekmotor. Dit kan gelukkig alles van binne die erf gedoen word sodat die klip bouer (Fase 2) daarna rustig 'n deel van die huidige muur kan afbreek en oorbou sonder dat die erf snags oop is na die straat toe. Lg sal volgende week sy kwotasie vir my gee. Saam met dit word die elektriese heining ook effens verander.

Daarna sal ons hopelik vir Juffrou Sensasie kan gaan uit probeer vir 'n paar dae, sommer by Klein Kariba. In die proses sal ons hopelik van nog 'n klomp oorbodige goed ontslae kan raak.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 09/01/2026 - 16:25

....sterkte met bouery, al is dit net hek verbreding. Hopenlik is jou geduld baie langer as myne.

Dit verg omtrent fyn beplanning om sulke werk te laat doen, SONDER om sekuriteit in te boet.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 10/01/2026 - 19:06

Die Klipmure het Grootwind al vertel is ñ lokake en historiese spesifieke boumetode. En op ñ foto van hom al gesien, regtig mooi, en met eie styl.

Ek ken nogals van klipwerk en het al in my projekte met heel paar areas te doen gekry. Elke kontrei se vakmanne het ń spesifieke styl wat natuurlik aanpas by klip van die omgewing. In Kaapstad en omgewing, word die sagter tipe sandstone netjies gekap. Prins Albert word ń klip uitgesoek vir sy plek. Etc.

Wat egter moeilik is, waneer ń verandering gedoen word, soos by Grootwind, om ń messelaar raak te sien wat dit soomloos kan doen. Anders pla dit jou oog vir ewig. Selfs die dagha sand moet nou nie staan en grys vertoon waar die bestaande meer btuin is nie. 

In jou geval sou Neef die bestaande pilaar wat skuif, al die klippe genommer het. Die muur afgebreek het so 500mm verder as wat die ou pilaar nodig het. Profiele opstel vir die nuwe pilaar possisie,  die genomnerde pilaar oorbou en selfde tyd die muur inlas. Jy gaan genoeg klippe en eksta het met die korter maak. Net die skoonmaak kan bietjie tyd neem.

Skuus ek interfere, maar miskien kan jou messelaar van dit gebruik. 

 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 10/01/2026 - 19:50

...daar praat 'n ervare bouer nou!!! Ek sou nooit daaraan gedink het nie.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 15/01/2026 - 09:50

Vanoggend begin Fase 2 van die nuwe wa, naamlik om genoeg plek te maak met die oprit hek se breedte. Soos voorheen genoem word die hek meyt 1.5m breër gemaak wat nogal bietjie sinkronisasie verg. vir Stap 1 word die huidige hek se Meranti hout uitgehaal en vervang met  Dolfyn Grys plate (Chromadek). So ook word die hek se raam met 1.5m verleng asook die spoor waarop die hek loop en die hekmotor se lineêre rat. Dit laat my toe om die hek met 'n samoese slot vanaand te sluit. More word die hekmotor en sy bedrading geskuif waarna ek 'n werkende breër hek het. Volgende week is dit Stap 2 met die klip bouer wat deel van die muur (1.5m) afbreek sodat die hekopening nou ook 1.5  breër is. Daarna volg Stap 3 waar die plaaslike eienaars vereniging se sekuriteits mense die elektriese heining bo-op die muur en hek skuif asook die vesel lyne vir die CCTV stelsel van die area skuif. As alles goed gaan is die pad na kamp dan oop vir die Sensasie! Sal later paar foto's deel. Ons beplan om 'n oefen kamp erens in Februarie by ATKV Klein Kariba te gaan doen, iets soos van 'n Sondag tot 'n Vrydag oggend. Hopelik sal dit ons 'n beter idee gee van wat alles gedoen moet word om 'n stoep area by die wa se tent te kan voeg asook enigiets anders wat nodig is. Volgende en langer oefening is dan natuurlik Scotties waar ons so middel Junie sal inklok en dan vir 6 weke lank "oefen"laughdevil En ingeval julle wonder, nee ek beplan nie om die oefening saam met die Sjinese, Russe en Iranese te doen nie, Oom Trompie sal glo nie daarvan hou nie!

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/01/2026 - 09:57

....waarom 'n allemintige 1.5 m wyer. Wil jy die wa deur die hek "drift"???

Sulke verbeteringe aan mens se plek is meestal senutergend ontwrigtend, vir my altans.

Kry betyds al julle proviand in die spens. Verkieslik moet mens nie te gou oor die hekspoor ry nadat dit ingebed is nie. Of jy sal 2 bruggies daaroor moet bou vir 'n noodgeval. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 15/01/2026 - 11:03

Praktiese realiteite soos my buurman se muur het my toe vanoggend gedwing om die allemintige 1.5m te verminder na "slegs" 1m! My denke is om eerder breër te gaan as om weer later die joppie te moet herhaal vir nog 'n verbreding...Mens weet mos nie watter monster karavaan vorentoe in ons toekoms lê nie, lyk of die goed al hoe groter word! Proviand is OK vir 'n paar dae, en daar is altyd Checkers 60/60 vir 'n noodgeval.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 15/01/2026 - 11:34

Op die foto word alles aan die linkerkant, stuk muur asook hekmotor na links geskuif  wat my dan met 'n opening van sowat 4m laat

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus