Goeie môre. Ek doen navraag oor Molopo Oog. Is daar kampplekke beskikbaar? Waar kan ek navraag doen? En is die plek aantebevole?
Dankie
Molopo oog
Ek kon op 4x4 Community die volgende kry
tel: 072 596 0945
Gerald Botha 082 873 8780
Dit lyk na 'n plek vir 'n geharde 4x4 voertuig.
Molopo Oog
Dankie Wessel. Ons was al by Molopo Natuurreservaat en die pad was maar goor. Ek sal bietjie vir Gerald probeer bel (hulle sein baie sleg) en hoor van die Molopo Oog.
Dankie vir al die terugvoer en insette.
Molopo reservate
Dit is baie verwarrend. Daar is twee plekke naby die volgende dorpe;
1] Molopo Nature reserve naby Vorstershoop
2] Molopo Oog private reserve naby Ottoshoop.
Volgens my padatlas is nr2 beslis die oorsprong van die Molopo rivier.
Nou so leer mens van al die versteekte juwele in hierdie land.
Molopo N Reserve
Op die 4x4 Forum is daar ñ bespreking met besoeke so onlangs as Augustus 2025. Soos normaal is die wat dit geniet 50% en die wat nie 50% selfs een wat net geloer en toe omgedraai het! Die plek is Noord Wes Provinsie en dus nie in vlekvrye toestend nie. Jy moet kontant betaal waneer jy aanmeld, enigste manier.
Opsommend lyk dit vir my na ń plek wat deur jonger hardebaard 4x4 entosiaste besoek word wat hou van minimalisties en nie omgee vir bietjie grof nie.
Terloops is die sand plek - plek baie dik in van die tweespoor paadjies en jy moet jou storie ken seg een skrywer. Vat hom Chris..
Aag Neef, ...
... jou hele ou ghwar.
Klink nie na my tipe plek nie. Ek wil ook die gopse invaar met my nuwe 4x4 (wat nog wag vir sy herstel), maar ek laaik dit om 'n bietjie in "style" te kamp. Ek soek nie van 'n "longdrop" of 'n grafie in die hand agter 'n bos nie. Regte ou sissie.
Herman...
...tog snaaks, ek het ook onmiddellik aan die twee Chrisse gedink. Ek bedoel beide se 4x4's is letterlik al so bietjie ingebreek.![]()
As jy nou ook saamgaan met die twee Chrisse, is die kans goed dat die Ranger dalk indien nodig, "gered" kan word.![]()
Al wat julle drie manne diskwalifiseer, volgens jou eie kriteria, is dalk die ouderdom![]()
Dit maak ook nie rerig saak nie, die ou tante het geseg---ouderling of jongeling maak nie saak, solank die hart nog tingeling!!!!
Kampplek vir sisssie met 4x2's
ek het 'n oulike plek gevind;
Molemane eye nature reserve, naby Lichtenburg.
Molopo Oog
Aaaah - dit lyk soos die plek waarvan ek praat! Baie dankie!
Oud of ervare?
dat die Ranger dalk indien nodig, "gered" kan word
Die Ranger is my vyfde viertrek. Die RAV tel ek nie, want dit het nie laestrek gehad nie.
Ek het laas met die Everest vasgeval by Rooiduin in 2020 en dit was omdat die bande te styf gepomp was (1,2 ipv 0,8).
Ouderdom en ervaring....
....gaan ek my nie uitlaat nie.
Ek beskou wel enige persoon MET 'n viertrek trokkie as baie ervare en baie bevoorreg.
Ou Grompie se "diff lock" was in 4 jaar nog nooit eers ingeskakel nie. Dalk werk dit nie eers nie![]()
Gewaagde stelling ...
... om te reken dat enige persoon met 'n 4x4 baie ervare is. Ek weet van 'n ou wat met sy splinternuwe 4x4 lekker k@k aangejaag het.
Gewaagde stelling
Chris in die nuutste Wegry en sleep is daar nuttige wenke vir beginners wat 4×4 wil gaan ry. Jy kan dit gerus lees.Maurits





Molopo oog
Alta, sjoe dis moeilike vraag. Jy sal op internet moet soek vir die plek en huisvesting,
Ek het 2 plekke gevind;
1] Molopo Kalahari Lodge, naby Askham
2] Molopo Oog private nature reserve.
Die laaste ene is noord van Lichtenburg. Ek het nie verder gesoek nie. volgens 'n inskrywing op die 4x4 Community was die mense nie vreeslik beindruk met nr 2 nie.
Lekker navorsing doen