Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -9 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -9 hours ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -10 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -10 hours ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -10 hours ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -10 hours ago

Safari 4x4 roetes

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Kyk julle ook die nuwe reeks van Andre en Petri waar hulle die Namakwa roete deursukkel?

Ek het nounet gekyk waar hulle seker in die Richterveld is, praat van 'n pas genaamd Road to Hell. 

Ek het net besef dat mens wragtig ervare moet wees, en jou voertuig ken. Dan ook is dit debateerbaar of mens enigsens iets moet sleep, hetsy boswaentjie of bos-woonwa. Ek dink baie aan neef Herman se raad---waar jy 4x4 laestrek moet ry, wil jy lankal nie meer iets sleep nie.

 

 

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 28/04/2026 - 10:56

" Back in the days"

Was daar oorlog gevoer met eenvoudige, swak enjin lorries met kanonne agter gehaak in die Saharah woestyn. Die verskil is dat daar n klomp jong manne was om hand by te sit waneer dit sukkel.

Selfde met die ou dae se ekspedisies. Het gelees van Lauren's van den Post se avonture in Botswana. In hulle geval was dit mos luuks kamp met tente en tafels en Gin&Tonics by die kaste vol. Natuurlik n hele klomp hande saamgery om die take te verrig. En ingeval van voertuie wat sukkel hulle spiere in te span. Wenaste was nog maar skaars.

So vandag sal Neef ook die pad na die hel aandurf as daar 10 jong able bodied manne as sekuriteit saampiekel.  Maar ñ 70 jarige omie wat nie meer ń duik in ñ dr@l kan klap nie, moet maar liefs ñ maat met ñ sterk vrou saamnooi. Al wat n wenas en highlift Jack en difflock en satelietfoon laat opsit. Nie te veel op die roofrack sit nie, wie moet opklim en die ekstra spaarwiel aangee vir ouma wat onder op haar kierie leun

Om op te som. Die ekstreme off roading is vir die Camel Trophy spanne. Ai ek mis dit baie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/04/2026 - 11:59

....wat moet bykom op 'n standaard 4x4 trokkie kan 'n aardige bedraggie raak. 

In gisteraand se episode hak die een Amarok op 'n klip vas. Nou wys hulle die onderkant, wat omtrent kompleet met 'n vreeslike dik plaat [Allie of SS] toegemaak is. Gelukkig tot oor die agterste ewenaar, wat dit toe beskerm het teen die klip. 

Ek onthou vaagweg dat Chris S eens die pryse gelys het van al die ekstras op sy sagte 4x4 Rangerlaughdevil Dit was toe al 'n groot bedrag.

Op my jeugdige ouderdom het ek dalk te min tyd oor om 'n nuwe LC in te breek [bietjie skuurmerke, nerfaf ens], toe te rus en boonop ervaring op te doen. Dan ontbreek vriende met sterk vrouens ook. Dis maklik om spaarwiel so skuur-skuur teen kant te laat afgly met 'n tou. Die probleem kom om dit bo te kry.

NS: Ek moet nog die stelling toets, maar 'n pap spaarwiel is glo baie ligter om te hanteerlaughlaugh    

0
Pretoria

Geert

Tue, 28/04/2026 - 14:05

Ek volg nie program nie, maar sien baie keer foto's van mense wat vassit of sukkel oor klippe ry of aspris in modder ry en dan sukkel om daar uit te kom.  Ek hou nie van sukkel nie...kan soms nie die lekker daarvan insien om aspris te gaan wil sukkel nie. Maar so is elkeen maar verskillend....my vriende dink seker hoekom ek wil sukkel om in n karavaan wil bly met die tent opslaan ensovoorts as daar gerieflike manier van chalets is. Die "sukkel" is weer vir my ontspannend

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/04/2026 - 17:25

Daar is sekerlik 'n fynlyn tussen sukkel en effe growwe roetes. Ek sit en droom en in praktyk weet ek dat dit teen my wese indruis om iets op te mors.

Dit laat nou die vraag, wanneer doen mens laasgenoemde. Dalk in sekere spesifieke dele in Richtersveld en op Namakwa-4x4 roete byvoorbeeld. Sommige dink Van Zyl's pas is so 'n plek. ander sal redeneer dat as mens dit korrek doen, kom die voertuig niks oor nie.. Daarteenoor is daar soveel mooi dele wat mens  met gemoedsrus kan besoek, as mens dit met 'n 4x4 aanpak. Dink byvoorbeeld aan die Sanparke-NamakwaPark aan die Weskus.   

Ek het vriende [dieselfde jeugdige ouderdom as die uwe] wat deesdae hulle boswa hak, en Botswana invaar. Hulle weet dat hulle daai roetes kan doen met hulle Defender of Free Lander.

NS: Ek kan ook geen sin sien om in slote te gaan speel, of te kyk oor watter rotse ek kan klim [ry] nie. Of is dit opleiding??laugh  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 28/04/2026 - 19:32

Jy is reg Wessel. Jy moet opleiding kry, en sommer baie. Kyk wat het met Chris B gebeur. n Klein oordeelsfout. Hy sal nooit weer dit oorkom nie.

Nou dink Neef so. Gaan na jou vriendelike We Buy cars, en koop ń cheapie 4x4. Nou nie ñ Skorokoro nie, so 15 jaar oue Pajero of Pathfinder of Hilux v6, iets met oomph. Nou ry julle hom elke naweek op n ander roete. Daar by julle is hordes 4x4 roetes, en doen ook ñ paar kursusse, net so baie daar rond. Luister maar na die jong instrukteurs. 

Dan, as die gogga gebyt het, gaan die Pajero terug We Buy Cars toe en jy besluit of  Richtersveld roep. Jy het reeds die regte wa.

0
Irene

Grootwind

Tue, 28/04/2026 - 21:27

Jy mis iets Herman, daai kaste G&T is as anti-malaria middel bedoel, maw dis medisyne! Ek dink David Livingstone wat die Victoria valle "ontdek" het, het wille Afrika se muskiete so oorleef. Die forum lede wat binnekort na Oom Paul se wille tuin vertrek moet seker maak dat hulle genoeg G&T as deel van die noodhulp kas inpak.laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/04/2026 - 07:04

....erge growwe paaie. Herman het nou 'n kan wurms oopgekrap, maar ek twyfel of dit op die forum betrekking sal hê. 

As ek kyk hoe daar gesukkel was met die "ligte" bos-sleepwaentjie op daardie spesifieke Namakwa roete, wonder ek hoe gaan ouens sukkel met hierdie nuwe massiewe 4 wiel bos-woonwaens. 

Ek is oortuig dat êrens 'n verwronge persepsie ingesluip het oor geskiktheid en bruikbaarheid van boswaens, die met klem op ruimte, gerief en luukshede. Sekerlik is daardie waens ook net geskik op sekere "ideale" growwe paaie. Verkieslik net plat met hier en daar bietjie sand/water en klippers. Ek aanvaar ouens wat dit koop, weet presies waar hulle selektief daarmee kan gaan.

Sommer 'n klip in die bos. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus