Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -31 minutes ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -40 minutes ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -2 hours ago

Meimaand saamgesels

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Noudat die gebruiklike maters nie die nuwe saamgesels registreer nie, doen ek dit maar.

Sjoe maar die forum is eintlik grafstil in die jongste tyd.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/05/2026 - 19:36

...ons is mos besig man!!! 

Wel ek was besig met woonwa was, pak en goete bymekaar sit. Maandag is ons in die pad wille Krugertuin toe. Gister het ek die jerrykanne met vars diesel uitgespoel, net om seker te maak dat dit skoon is. 

Vandag meeste van proviand gepak, watertenk volgemaak en Milton bygevoeg. Aanboord toilet ingerig met spoelwater en chemikalië.  

Jou aktiewe deelname word waardeer.  

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/05/2026 - 19:40

Stem saam met Len, hier heers 'n doodse stilte. Dit is seker maar toe te skryf aan die langnaweek. 

Ek wonder hoeveel lede het die kans benut om te gaan kamp. Dalk soek Herman nog na daai luiperd. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 01/05/2026 - 20:40

Dankie Len dat jy die baan geopen het. Dit is Daan se verjaardag - gevolglik my stilte tot nou. Die anderdag het jy die "swembadpomp-vergeet" toegeskryf aan ouderdom en daarmee saam het ons gehoor van 'n tweede dop. Ons stap selde deesdae uit vir ete. Vanaand was 'n uitsondering. Ons het vir vroegaand (6 uur) 'n tafel bespreek by The Dullstroom Inn - 'n hotel met restaurant en kroeg sedert 1912. Pragtige ou hotel met eienskappe van 'n vroeëre era. Mite of nie - die kaggelvuur brand nou reeds vir 114 jaar elke dag (?? never let the truth spoil a good story). Dit was in elk geval 'n lekker aand uit met heerlike kos en puik diens. Nieteenstaande 'n derde dop was ons twee ure later tuis - ouderdom se skuld?

0
Pretoria

Geert

Fri, 01/05/2026 - 23:48

Miskien spaar almal hul data om saam met Wessel te kan toer....sien uit na foto's en vertellinge 

0
Pretoria

Geert

Sat, 02/05/2026 - 19:03

Ons het vandag gaan inloer by die SAL museum. Omdat ek mal is oor vliegtuie het ek dit geweltig geniet....veral die 2x Boeing 747. Die een waar mens kan inloop was die een wat nog gebruik was tydens rugby world cup 1994 vir verby vlug oor Ellispark tydens eindstryd. Ongelooflik om die wiele stelsels te sien. Daar is ook n hanger waar daar klomp wrakstukke van die destydse Helderberg ramp te sien is

0
Sedgefield

Jan Meyer

Sat, 02/05/2026 - 19:40

Wonder of die gedenkteken wat vir die persone wat in die Helderberg gesterf het nog in Mauritius is? Dit was vermoedelik die naaste plek aan land waar die Helderberg in die see gestort het. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 02/05/2026 - 20:32

Ek kan dink dat dit 'n baie interessante besoek kan wees wat ons ook sal geniet. In die middel 70's was Jan Smuts lughawe se stoepe nog oop. Ek het ek menige Saterdag per bus gery vanaf Aucklandpark tot in Jhb se middestad. Stasie toe gedraf en die trein na Kempton stasie gehaal waar ek 'n taxi (sulke geel karre) betaal het om my by die lughawe te kry. Om die vele vliegtuie wat vertrek het en van oral geland het dop te hou vanaf die balkonne was tydverdryf wat ek baie geniet het.

Na die Helderberg ramp is ons gevra om spesiale gholfhemde te laat maak (wit hemp met blou kraag en oranje mou-omboorsels). Voorop was 'n print van die Gemini wat gebruik is vir die onderwater soektog na wrakstukke. Agterop was vlae van al die lande (dink dit was 17) wat aan die soektog na SAA Flight 295 deelgeneem het. Ons het ook bierbekers gedoen met dieselde prints. Die twee hemde en paar bekers wat ons vir onsself gehou het as aandenkings het een nag voete gekry met 'n inbraak by ons besigheid. Dit was hartseer want ons was nogal trots op die stukkie werk.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 03/05/2026 - 07:52

Ons twee sit maar hier rond. Die weer is so trietsig niks lekker buite nie.  Vreeslik wind en bly net so in die middel 10°C. Gister so entjie gestap, en ruik toe iets stink. Kry ñ Ystervark waarvan die agterste penne uitgetrek is en daar is gevreet. So die luiperd is ñ slim kalant. Eergisternag het die Bobbejane hier by 12uur vreeslik tekere gegaan. 

Voolie gaan aan. Gister oggend ingevlieg en op Von se bord kom sit om saam te brekfis. Sy het so groepie vriende waarmee sy saam rondvlieg, hulle woord ook al mak. Natuurlik is Ouma se Bubu net so oulik. Kom sit en klets hier op due stoep om haar aandag te kry vir n stukkie kaas. Die Southern Bubu se Afrikaanse naam is iets met fiskaal in.

En dit my vriende is al nuus.... 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 03/05/2026 - 07:59

Dalk het ek al vergeet, maar was/is daar al 'n klinkklare rede gegee waarom die Helderberg in die see geval het?? Ek onthou daar was baie sameswerings teorië oor wat aanleiding kon gegee het tot die ramp.

Of lê die antwoord nog in die see??

0
Sedgefield

Jan Meyer

Sun, 03/05/2026 - 10:14

Vreemde verskynsel gister hier by ons gesien. Klomp springkaane wat bo-op en langs mekaar in 'n bondel beweeg. 

Hulle is  so 25mm groot en staan doodstil vir 5-7 sek. en beweeg dan saam vorentoe vir +- 75mm en staan weer doodstil sonder enige beweging. Amper so of op bevel. 

Het 'n video geneem maar kan dit nie afgelaai kry nie.

Springkaan

0
Pretoria

Geert

Sun, 03/05/2026 - 10:36

Wessel, soos ek dit verstaan. Die SAL was vanaf Taiwan oppad SA toe. Daar het brand ontstaan in vrag ruimte. Vliegtuig sou toe noodlanding doen in Mauritius, maar 250km voor dit in die see gestort.  As mens dink, daai 250km is seker maar n 15-20min vlug....so was eintlik baie naby. Daar is dokumenter waar hulle stemme het van piloot oor radio...later verdwyn soos drade seker grbrand het. Blykbaar baie rook in vliegtuig, suurstof maskers werk ook net vir 10min. Hulle het deur oopgemaak in vlug....miskien het dit die vuur aangehits?

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 03/05/2026 - 11:29

Dis juis die detail oor wat aan die brand geraak het, wat ontbreek of nie. Is daar ooit bekend gemaak wat in die vragruim was. Daar was spekulasie dat van die vrag 'n militêre verband gehad het. Daar was ook beweer dat dit vuurwerke produkte was.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 03/05/2026 - 11:52

Ek kon hierdie gholf hemp opspoor in 'n ou kantoorkas vol herinneringe. "Halwe hemp" - die agterkant se drukwerk met die SAA-logo en vlae van lande wat aan die soektog deelgeneem het ontbreek. Dit was nie 'n groot bestelling nie (saam met die bierbekers), so sal ek wat wou gee om een van elk weer te kon hê. Jare waar ons nog baie trots was op die SAL .....Helderberg

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 03/05/2026 - 12:02

Daar is steeds baie bespiegeling oor die oorsaak. Interessant, en die beste wat ek kon vind is op Wikipedia aangeteken - SAA Flight 295.

Monument wat opgerig is in Mauritius: Steeds daar - Foto's op Google Maps wys nog 'n foto wat in Januarie 2026 geneem is.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 04/05/2026 - 16:35

..............wat gaan nou van ons tuisblyers word.  Die getrouste geselser onder ons is natuurlik Wessel en hy sit klaar in die Wildtuin en ons is vir die huidige nie nou meer op sy radar nie. Maar hy het darem 'n geldige rede.

Die nommer 2 geselser onder ons is natuurlik ChrisB en hy sit op die oomblik in die lug oppad Roemenië toe en ons moet hom ook maar vergewe. Hy het gelukkig die gebruik om van daar af gereëld met ons te gesels.

Vir die res van ons, ek hoop  'n bom bars onder julle sodat julle kan begin gesels.

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 04/05/2026 - 16:36

Ai ek wens ek kon die mueseum sien.  Hier by Ysterplaat is daar elke 6 jaar n gebeurtenis en dan gaan ek.  Maar hier hou ou lede van Ysterplaat dit aan die gang.  Dan raak ek soos n kind.

Groete Almal.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 06/05/2026 - 05:53

Sien nou op die weer voorspelling vir Sedgefield dat die ergste verby is. Van 07h00 gaan die erge reën en wind begin afneem en waar daar 200mm voorspel is vir vandag is dit nou 70mm. 

Ons wêreld het die reën  baie nodig en hoop nie daar is baie skade aangerig nie. 

0
Pretoria

Geert

Wed, 06/05/2026 - 06:08

Ek lees dat skole vandag en môre gesluit is in Mosselbaai Oudtshoorn area weens storm weer voorspel

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus