Ek blaai gister so biki deur vleisboek en was verstom oor al die gevegte wat woed oor voertuie se brandstof verbruik, meer spesifiek bakkies en 4x4's. Die een se trokkie gebruik 11l/100km, daai een baklei met hom en beweer hy stoot die trokkie en so gaan dit aan.....en aan.
Nou wonder ek so by myself, as jy die dag daar by die dealership instap en so om n blink nuwe double cab 4x4 stap en hom so wielskoppend deurkyk weet jy mos die outjie is dorserig en gaan jou nie die brandstof verbruik gee van n bv n Polo TDI nie.
n Baie goeie syfer vir n diesel bakkie is om en by 10 kilos op n liter en vir n petrol outjie so tussen 5 en 6 kilos op n liter.
10 kilos op n liter is volgens my n poks, n bargain soos die Ingilsman sal se en as jy sleep is enige iets bo 6 kilos op n liter n lekker koue bier werd.
Ek kry die idee dat manne met R500 wil afsleep Kaap toe...
As jy nou gepot wil word om n braaivleis vuur by n ram paartie dan moet jy nou beweer Koos se Land Cruser is swaar op sous.., of jou Isuzu gee jou 12 kilos op n liter met n Penta op sy gat.
Check maar n paar manne saam, nou nou is die onderwerp van brandstof verbruik om die tafel.
Gelukkig debater die manne nie meer oor die beste, sterkste en mees betroubare bakkie nie.............want die Hilux het mos al daai titels ingepalm........met lof!
Ry genot
Ek het die brandstofverbruik hekkie in my kop reeds oorgesteek en aanvaar dat 5km/l of effens beter verwag kan word wanneer ek sleep met die Prado. Afgesien van die meer gerieflike rit wat die Prado bied in vergelyking met die Everest, is dit ook baie meer pret.
So nou en dan sit ek sommer net vir die genot voet neer wanneer ek versnel om die gevoel en geluid te geniet. Chris Jnr geniet dit net so baie, indien nie meer nie. Dis ook lekker as iemand my wil verbysteek teen ‘n opdraende en dit nie so maklik regkry as wat hulle waarskynlik verwag het nie.
Daar is 'n woord....
.....vir wat jy omskryf. Ons jaloerse ou diesel ryers noem dit---- Windgatgeit![]()
Geniet die Prado





My Territory met die…
My Territory met die Fleetline agteraan het seker ook nie beter gedoen nie...ook met die 4 spoed ratkas. Brandstofverbruik was nie veel van 'n issue nie...sien 'n vulstasie, trek in en maak vol...herhaal die proses tot by die eindbestemming! Sy petrol klappie het sommer vanself oopgemaak as 'n petrolpomp binne sig was...teken van 'n ernstige drink probleem!