So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.
Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.
Laat ons saam gesels en vorentoe beur.
Padlangs en ander nuwe lede
Gesels asb saam. dit sal lekker wees om van julle toere en wedervaringe te verneem.
Hier deel ons gesels en inligting oor toer, roetes, kampe en selfs kosmaak.
Stem
Nee nie stem vir politiek nie, stem saam met Wessel.
Dink maar net dit is 'n algemene tendens, sien op die ander forum ook, dit is maar stil. Diesel pryse maak kamp dood daarmee ook die gesêlskap, om nie eens te praat van kamp kostes nie.
Staanplekke is darem regtig buitensporig in vergelyking met net voor die gogga van 2019, as of die oorde meer as net op maak vir daai verliese van die inperking.
Mens moet tog maar in vrede gelaat word as jy buite kamp verwant gesêls, of wat.
Gesels, gesels ons
Die tyd van die jaar is almal maar besig, veral die met skoolgaande kinders. 'n paar lede gaan wel kamp en of vakansie hou gedurende Desember en Januarie. Ek hoop hulle deel so iets met ons.
Chris B behoort teen 23 Okt. tuis te kom, dan sal hy ons sekerlik met fotos van sy afgelope Kgalagadi toer trakteer. Wel ek hoop so.
Kamp en brandstof
Kampeer en brandstof is seker duur, maar as ek so op facebook lees is meeste oorde tjok en blok vol vir Desember vakansie...mense soek erg plek
vakansie tyd
Dit is maar so, Desember is vir werkende mense maar die maand van vakansie en iets anders doen. Vir baie is dit moontlik die enigste tyd in die jaar wat 'n gesin saam vakansie kan neem.
Persone wat reeds besprekings by die see gemaak het, mag dalk alles [bedrag] verloor as hulle nou wil kanselleer, dus gaan hulle deurdruk en verhoogde brandstof betaal.
Ek wonder of byvoorbeeld Manyane en Bagatla ook volbespreek is gedurende Desember. Hoe lyk besetting in al die Dinokeng oorde??
Jonger geslag,
Ja die mense wat nog "groot" inkomstes geniet kan meer as ons pensionarisse betaal, maar almal moet meer knyp.
ATKV oorde (meeste) se buite seisoen pryse is onder R400 per nag, Desember gaan dit meer as 'n R1000 per nag. Rondawels en chalets is tot meer as dubbel die pryse.
Maar genoeg gekla, dit bly die beste rus van alle maniere van vakansie hou.
See vakansie
Lank gelede met kinders in die huis en beursie, het ons gesin se jaarlikse vakansies bestaan uit 'n Kruger besoek, dan 'n 21 dae seevakansie en dalk deur die jaar 'n naweek hier en daar.
Daar moes ook maar fyn beplan en aan die rieme gesny word om kop bo water te hou. Ek onthou vaagweg dat 'n kampeer staning my R250/nag in Oos London/Gonubie gekos het, Desember 2010.
Brandstof spekulasie
Ek vermoed ons gaan 'n brandstofprys verligting kry, einde van die maand. Hoeveel weet ek nie, maar die regering gaan 'n hap uit die staatskas vat om pryse te verlaag.
Iets moet hulle doen om met meer vertroue stembus toe te gaan. Ek bedoel, dit gaan baie meer kiesers be-indruk [lok] as om 'n klomp staatsgrond aan 'n paar uitgesoekte boere beskikbaar te maak. Die meerderheid hedendaase kiesers wil nie meer grond besit nie, hulle wil werke in metro's hê, en goedkoop kos en vervoer.
Hou koerante dop, gunste word nou uitgedeel [aangebied] Black Friday val die jaar op 4 November!!!😁
Nuwe boodskap-opsie
Hou vas jou jas en moenie lag nie. My laptop wat daagliks in gebruik is, is 'n 2012 model. Windows 7. Dit is die mees gebruikersvriendelike toestelletjie in my besit. Geen muis nie - die "touch pad" werk perfek. So 'n paar jaar gelede het Daan gedink dis tyd vir opgradering en vir my 'n nuwe een gekoop. Diė is sedertdien netjies weggepak. 'n Jaar gelede moes my laptop opgepak word, en is in die proses mishandel. Die skerm het skade gekry - die boonste, regterkantste hoek het 'n dowwe donker kol sodat ek met moeite lees wat daar geskryf staan. Presies dan nou ook waar die persoonlike boodskappe aangedui word. Gisteraand, terwyl ek hier rondblaai, val my oog op 'n kolom aan die regterkant wat nie altyd daar is nie. Dit is toe 'n vriendelike verrassings-briefie. Dit laat my terugdink aan die eerste selfone van die 90's. Wanneer mens 'n boodskap gekry het, het 'n spookstem aangekondig "you've got mail". Miskien moet Voortrekker net nog, terwyl hy besig is met opgradering, ook 'n klokkie inbou om mens se aandag op die boodskap te vestig.😹
'n Klomp nuttelose inligting, maar weet asb. dat indien ek 'n briefie mis, dit nie opsetlik is nie - dis agv van hierdie 'toestand'!
Brandstofprys
Ek het ook die berig gesien dat daar moontlik 'n kleiner as verwagte vehoging gaan wees. Dit is vir November. Wat as die verkiesing verby is en Desember breek aan? Ons beplan 'n kuier in die Kaap, met nog niks op papier nie. Brandstofprys is bepalend.
Opsies vir Kaap kuier
Rona, julle moet somme maak. As julle net na kinders wil gaan, en nie onafhanklik wil toer nie, is vlieg dalk goeie opsie.
Wat is vlieg opsie onkoste;
2 kaartjies
parkeergeld by lughawe
huur van karretjie, of kinders vervoer julle in Kaap
Lanseria het ook lekker veilige parkering, of in parkeergarage of onder skadunet. Dalk goedkoper as ORTambo. Dis seker entjie vêrder van julle af.
Waarmee sal julle reis, behalwe die motorhome, teen wat se brandstofverbruik, en nog 2 aand oorslaap in elke rigting
Prys van brandstof
Ongelukkig die enigste manier om brandstof prys te laat daal is om n korrupte regering uit te stem. Ongelukkig gaan dut nie help om net ANC uit te stem nie, want daar is hordes korrupte ander in die ry wat dieselfde gaan wees.
Olieprys was al $148 en brandstof pryse was nie naastenby so hoog nie.....hier slaan ons rekord pryse as olie in die 90's is. Google wat kos brandstof in Botswana....meeste kom van SA af
Toer Kaap toe
My dogter het ook die vlieg-opsie voorgestel, maar ons verkies om eerder op eie stoom daar te kom en dit 'n meer uitgebreide toer te maak. Lambertsbaai in Januarie is een van die plekke waarna ek altyd uitsien - so ook nog 'n paar kuierplekke aan die weskus. Met die nuus dat Meiringspoort op 'n manier vir verkeer oopgestel is, beteken dit dat ons 'n ander pad terug kan ry en ook sommer weer gaan oē wys by vriende wat te lui is om die pad Noorde toe aan te pak. So hou ek maar die brandstofprys dop en hoop vir die beste.
baie roete opsies...
...selfs al is Meiringspoort toe.
dink aan N14 en N7
N1 dan N8 dan N12
N2 met N9 na Bloemfontein
dan van Britstown met R384, R63 oor Calvinia na Van Rhynsdorp, dan N7.
Daars nog Seweweekspoort om van N1 na R62 te spring, of omgekeerd.
Jy het nie daai lelike pad deur Meiringspoort nodig nie😁
bosveld hout
Ek het 'n SAK hout uit die bosveld geskenk gekry. Dit is in redelike lengtes gesaag, maar sommige stukke was baie dik en knoetserig. Die het ek nou met 'n byl in kleiner[dunner] stukke gekloof. Mensig, ek is nou moeg.
Die vuur gaan nou aangesteek word, vir boerewors, en prime rib. Pap en sheba sal die bykos wees. Windhoek moet nou as lafenis dien, en ete sal genuttig word met KWV Cabernet.
Wat kan mens meer begeer?? O ja 'n nuwe 4x4 Hilux.





Wessel
Ons is baie dankbaar, mense kom laai hul bedags sel fone hier.
My suster in Rustenburg het baie probleme met krag en ook soms water, sy sit gereeld drie vier dae en selfs langer sonder elektrisiteit, en sy is amper 80 in 'n huisie wat sy in 'n aftree oord gekoop het.
Daai plekke maak geld soos bosssies, hulle verkoop die huis teen huidige mark waardes, maar, as jy sterf koop hulle die huis terug teen wat jy vir dit betaal het, ongeag die verbeters wat aan bebring is.
Sy oorweeg dus nie eers solar nie en gebruik ook herlaaibare ligte.
My ou vroutjie is so siek met griep, anders was ek al met die woonwa elders🤣
Nou kan mens natuurlik vra, wat het my gesprek met kamp te doen, dit is net dat ek nou veel eerder langs 'n water stoom, mooi bome en watervallle sou wou wees as hier.