More Johan K en Pappy. Ek sien julle tweetjies is aanlyn. Nee, ek sien gereeld julle is aanlyn. En ek is so nuuskierig om iets van julle te hoor. Julle weet mos hoe is 'n vroumens as sy nuuskierig is, hou aan met karring. So, skryf vir ons 'n ietsie. ![]()
Nou wonder ek
Nou wonder ek waarom aanteken net om te lees??? Dit maak nie sin nie, eke dink ons moet van ONS departement die mense bietjie motiverings e-posse stuur!!!
Voorie, kan jy dalk epos adreslys aanstuur van al die lede??
Het gesien 555567 is hier. …
Het gesien 555567 is hier. Wonder hoe gaan dit nou met 555321 en wanneer sluit hy hier aan?
Gooi darem so dan en wan ‘n…
Gooi darem so dan en wan ‘n stuiwer(tjie) in die armbeurs, maar is eintlik van die stil tipe wat meer luister as gesels. Sê ook net iets wanneer ek voel ek kan ‘n bydrae maak. Geniet egter al die kletsery hier.
Johan K
Ag, my mens, ek is nou so verlig om van jou te hoor. Voortrekker help my toe darem reg dat jy al 'n handjievol insette gelewer het. Ek wou jou darem nie te na kom nie. Nou kan jy gerus die handjievol na 'n mandjievol verander.![]()
Ja, kyk, oor die gekletsery kan ek al 'n boek skryf. Ek raak party dae skoon benoud!





Pappy - Johan K
Feda jy is reg, ek sien ook gereeld die twee name wat hier rondsluip. Lyk darem of hulle lekker lees?