Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hoe lekker lag ek nou Goeie hout se Noord & Oos… Goeie Hout -17 minutes ago
Nes jy sê Goeie Hout. Ek kan… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -24 minutes ago
Geniet ook Netwerk 24… Media24 se koerante en… neef Herman -29 minutes ago
Hier kom 'n ding.... Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -1 hour ago
Goeie hout... Goeie hout se Noord & Oos… Wessel Strydom -3 hours ago
Goeie hout... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago

Lennie & Kie in die Kruger Wildtuin - Julie 2017

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Om 06:00 op Saterdag 1 Julie vertrek twee karavane uit Brackenfell op 'n 2000km roete Kruger Wildtuin toe, afgebreek in skofte van ongeveer 500km per dag, hoofsaaklik om die jongste kleindogtertjie van 2 jaar oud en haar oupa van amper 70 te akkommodeer. Ek en my beterhelfte in ons 4 jaar oue Nissan Pathfinder met die 12 jaar oue Exclusive agterna.  In die 2016 3.2 Ford Ranger met 'n Gypsey Regal agterna, is my skoonseun, dogter, kleinseun (7) en kleindogter (2).  Ons het twee-rigting radios in die voertuie en gesels 'n hond uit 'n bos terwyl ons ry - my kleinseun reken dis 'n cool idee.

Genadiglik is dit bewolk en ons word verlos van die son se verblindende strale as jy daardie tyd van die oggend in 'n noord-oostelike rigting uit die Kaap ry.  Seker so 170km vanaf Kaapstad trek ons af by Touwsrivier se BP diensstasie vir ontbyt en die kleintjies kry geleentheid om die hasies in hokke met wortels te voer.

Hier staan die twee trekperde met hulle waens :-

TouwsrivierOns hervul brandstof by die Ultra City Leeugamka en mik nou na die Karoo Nasionale Park by Beaufort-wes waar ons gaan oornag.  Puik geriewe soos altyd en 'n voorgevoel van 'n Wildtuinvakansie begin posvat.

Karoo

Ons volgende stop is Reyneke Park in Bloemfontein.  Net af van die N1 op die pad na Kimberley (N8).  Uitstekende privaat ablusie-geriewe, 'n heerlike oornag uitspanplek.  Die naby geleë meule en die N8 was geensins steurend nie.
Reyneke Park

Reyneke Park 2

Na Bloemfontein is ons Pretoria toe waar die kinders in hul Regal by familie tuisgegaan het.  Ons twee oues kuier saam, maar die Exclusive is te groot om ook op die erf in te pas en ons oornag soos gebruiklik by die munisipale oord, Joos Becker.  Ongelukkig 'n groot teleurstelling, maar iets meer hieroor later.

Ons volgende skof is na Numbi Hotel & Karavaanpark in Hazyview, 'n hane tree tot by die Phabeni-hek van die Kruger Wildtuin. Een van ons seuns en sy gesin (sy vrou en tweeling tiener dogters van 16jr) met hulle 2.2 Ford Ranger en Sprite Super Sport het ons intussen ingehaal en by ons aangesluit.  So lyk die Ford en Super Sport :-

Super Sport

En so lyk die "three musketeers" oppad Hazyview toe :-

Drie

Geriewe hier in Hazyview is puik en ons kuier lekker voor ons die volgende môre die Wildtuin binnegaan.

Numbi

Wat is dan nou lekkerder as koffie en beskuit vroeg in die môre ?  Hier is klein Anja, die jongste in die geselsskap.

Anja

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 06/08/2018 - 09:27

Ai tog, die ouderdom darem !  Ek het al lankal (netsoos die heelwat jonger Voorie) vergeet dat ek wel ietsie geskryf het oor ons Mei 2018 Wildtuin-trippie !

Lees gerus hier :-

https://www.kampforum.co…

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 06/08/2018 - 09:35

Len, ek het gisteraand al gehuiwer om Chris se aantuiging te ondersteun, want diep diep binne in my kon ek tog onthou dat jy wel êrens 'n draad oor jou 2018 trippie begin het.  Ek het toe maar niks gesê nie want wil nie graag dat dit voorkom assof nie weet wat op die forum aangaan nie, veral nie wat JOU inhoud aanbetref nie laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus