My wa se onderstel vandag gesny op waterjet so ons kan maar se wa is gebore
Vandag wa geskuif om skoon…
Vandag wa geskuif om skoon te maak onder afdak. Nog net brieke doen dan is hy klaar
Netjies man, netjies
Middag Nico
Baie netjies, jy kan lekker windgat wees gehoor.
Gee bietjie vir ons die afmetings en ensovoorts van die wa. Wat is alles binne in, hoofslaapkamer, badkamer, sitkamer, kombuis en toerusting ????
Wa is klaar het so 40km gaan…
Wa is klaar het so 40km gaan sleep en sleep soos droom. Die wa is 6.1 m lank 2.1 wyd 1.95 binne hoogte. Vol dubbelbed voor kombuis kaste grrot yskas hangkas en sit bank met lekker groot badkamer met stort en toilet. Wa het 1461kg geweeg toe ons hom gerigestreer het maar het vet geword het aircon ingesit en een extra kas. Will hom weer gaan weeg as hy gepak en vol water tank het
Trotse handewerk
Nico, jy kan omtrent windgat wees met daai produk.
Kan ons bestellings insit vir 'n kleiner weergawe wat 'n Hilux ook mag sleep??![]()
Maggies Nico...............
..................dit lyk fantasties. Baie geluk met die eindproduk.
Kan ons bestellings insit…
Kan ons bestellings insit vir 'n kleiner weergawe wat 'n Hilux ook mag sleep?
Wessel, jy "loer" mos na 'n Mahindra, dan is dit mos nie 'n probleem nie.![]()
Ja, ek het al daai produk van Nico op die pad gesien een vrydag middag hier in die Wes Rand. Uniek en net een van sy soort.
Ek moet jou komplimenteer,…
Ek moet jou komplimenteer, dis beslis een van die beste DIY kampwaes wat ek nog gesien het. As mens self al soiet gebou het dan verstaan jy wat se inset dit dis, en om so prag Wa te bou is 'n groot prestasie. Ek hoop jy gaan baie jare se lekker kamp uit hom kry.
My DIY-kampwa wil ek ook nou finaal verander grootliks a.g.v die ouderdom, mens se kragte neem met 'n spoed af hier van 70 af, so ek sal maar moet die kampwa aanpas want ek kan nie die ouderdom aanpas nie.
Ons hom laasnaweek getoes en…
Ons hom laasnaweek getoes en baie gelukig met veandering. Het vandag nuwe trappie gebou die ou een was nou baie laag. Met die aste wat ek voorentoe en agter toe geskuif het is wa nou baie ligter op die bakkie agter. Sleep baie stabiel en slegte pad pla nie meer so baie nie. Nou volgende is om die wa te verf buite om.
Dit was seker vrek lekker
Om iets te gebruik wat mens self prakseer het en wat werk is darem ‘n plesier!
Ek haal my hoed af. Om so…
Ek haal my hoed af. Om so projek aan te pak is een ding, om dit klaar te maak nog een, en om dan terug te staan, evalueer, aftakel en verbeter, is toewyding en deursettingsvermoë. Min manne het sulke skouers.
Mag ek vra wat jou agtergrond is Ski.
Neef Herman ek is in die…
Neef Herman ek is in die telecoms bedryf. Ek design en bou IP netwerke.
Volgende is groot baterye, solar en inverter
Hou die spasie dop in die…
Hou die spasie dop in die volgende paar weke. Het my wa beskadig op toer deur Botswana en Namibia en assuransie het hom af geskryf. In process om terug te koop en gaan heeltemal herbou en suspension upgrade. Wou Al begin maar wag vir assuransie
Nico, ons wag in spanning…
Nico, ons wag in spanning. Ek sien jy het jou "bakkie" ingeruil vir die SUV.
So die werk het begin op die…
So die werk het begin op die wa. Ons het die agterkant uitvgehaal en begin on ye beplan.yskas SE nuwe plek is reg, nuwe yskas sal vandag af geleer word. Ons wag inspanning vir assuransie om uit te betaal om die Res te koop. Ook besig om voor te strip om bed oor te bou. Dan die week Al die beadings, checkerplate, geyser, handvatsels en dan die kompleet dak afhaal sodatbdie herbou en veranderinge kan begin.
Hier is nog n foto of 2. Sou…
Hier is nog n foto of 2. Sou die naweek gaan kamp het maar ry toe die deur heeltemal af
Nou soek ons voorstelle. Die…
Nou soek ons voorstelle. Die wa is so te SE heeltemal but van suspensie af op so dis tyd vir nuwe naam. Enige vootstelle asb
Wat se skade?
Skuustog Ski. Wat het met jou wa gebeur dat versekering dit moes afskryf. Jy het dalk erens genoem, maar ek het seker nie raakgesien nie.





Hi Ski. Dis 'n helse projek…
Hi Ski. Dis 'n helse projek wat jy aangepak het. Gelukkig het jy die kennis en vaardigheid, lyk dit my. Ek is beindruk.