Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -34 minutes ago
November brandstof prys November 2026 Geert -57 minutes ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -6 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -7 hours ago
Rona November 2026 Johann L -7 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -17 hours ago

Arie

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums

Ek het sopas verneem dat Arie gisteraand in sy slaap oorlede is. Nog sateroggend met hom gesels nadat hy weer in die hospitaal was vir sekere toetse ens.

Ek het probeer om sy dogter en skoondogter in die hande te kry, maar nog nie suksesvol. Sal julle verdere inligitng gee, indien ek meer weet.

RIV Arie. Jy was 'n yster, en ek weet jy het baie na oorlede Petra verlang. Ons het juis weer oor haar gepraat in ons laaste geselsie.

Ek plaas die skakel vir Arie se gedenk diens hier, Hennie het my gevra🙏

Diens

Arie diens details

 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/07/2023 - 14:16

Middag Hennie, jis dis nou onverwags. Sal jy ons maar inlig indien daar enige nuus met jou gedeel word. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 10/07/2023 - 14:37

Ek het die ou al vir 'n lang tyd op die forum gemis en was so bly om baie onlangs weer 'n bydrae of twee van hom te sien - so tipies in die Arie-styl.

Hartseer nuus.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 10/07/2023 - 14:51

Ag nee magtig daar word nou te veel in ons woud gekap. Groot bome val en ons kan net mooi niks daaraan doen nie.

Weereens ons tyd hier op aarde is min en spyt en jammer is altyd te laat.

Ek is spyt ek het nie by hom `n draai te gemaak het toe ek in daai omgewing was nou die dag nie en nou is dit te laat om vir oulaas sy beroemde yskoffie te kon geniet

Rus sag oom Arie dankie vir die voorbeeld hoe mens altyd voluit lewe en vir altyd jonk wees 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 10/07/2023 - 17:08

Hy het sy Petra so gemis. Ons het juis vrydag weer daaroor gepraat. Hulle was darem amper 50 jaar getroud gewees voordat sy oorlede is.

Ons was ook so rukkie terug by hom gewees. Sy seun bly ook nie ver van ons af nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 10/07/2023 - 19:44

................Arie was die afgelope tyd maar stillerig en dan-en-wan hoor 'n mens weer van hom  -  selfs onlangs weer. Meeste van sy insette was tong-in-die-kies, maar altyd lekker leesstof. Ek "ken" vir Arie al vir jare, maar het hom ongelukkig nooit persoonlik ontmoet nie.

Dankie Hennie dat jy die nuus aan ons oorgedra het.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 10/07/2023 - 20:02

Arie nooit ontmoet nie. Maar sy eskepades met renmotors en kragbote was legendaries. Regte ou rowwe yster. En dit in sy onlangse, soos Len sĂŞ " tong in die kies " bragging"met die kishoue wat hy oor naweke slaan was lekker lees. Somtyds wonder selfs of daar dalk Ĺ„ klein stukkie waarheid versteek in is nie.

En so sal elkeen van ons se name eendag opkom, sonder uitsondering. Wel gedaan Arie, jy het goed gedoen.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 11/07/2023 - 07:01

En dit in sy onlangse, soos Len sĂŞ " tong in die kies " bragging"met die kishoue wat hy oor naweke slaan was lekker lees.

Ja, die mense het hom ook te ernstig opgeneem met sy sĂŞ goed. Hy was 'n baie diep mens. 

Maar sy eskepades met renmotors en kragbote was legendaries. Regte ou rowwe yster.

Ja, Arie het baie goed gedoen met sy bootresies. Was natuurlik geborg deur Suzuki en het SA op WĂŞreldkampioenskappe verteenwoordig waar hy 'n 2de plek behaal het.

Dan was Arie ook baie suksesvol in die Bank waar hy ook 'n Nasionale Bestuurder was te doen met ons Geboue in die Bank.

Arie was die afgelope tyd maar stillerig en dan-en-wan hoor 'n mens weer van hom  -  selfs onlangs weer. 

Hy was stil op die forums, maar as ek iets gesien het wat dalk 'n antwoord/reaksie van hom benodig dan het ek hom maar vertel dat hyself eerder antwoord.

Ek gaan hom baie mis aangesien ons op 'n daaglikse basis in kontak was. Mekaar ook tenminste 2 keer 'n week gebel.

Ek het 'n boodskap van sy dogter ontvang dat hy vermoedelik aan 'n hartaanval beswyk het op sy bed. Hulle het eers gisteroggend daarvan uitgevind. Sal julle op hoogte hou van enige verdere verwikkelinge.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/07/2023 - 07:38

MĂ´re Herman, dankie vir daai diep waarheid----"so sal almal se name opkom, sonder uitsondering"

Meer nog as net op die forum, laat ons maar die kans benut en regmaak waar ons verbrou het.

Ekskuus vir die swartgalligheid, maar ek dog gister ek sien my Marie sterf. Sy is nou in hospitaal, en moet onder narkose kamera inkry tot in maag.

Sal nie verder oop die draad daaroor insette maak nie, bloot uit respek vir ons vriend ARIE.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 11/07/2023 - 07:53

Ekskuus vir die swartgalligheid, maar ek dog gister ek sien my Marie sterf. Sy is nou in hospitaal, en moet onder narkose kamera inkry tot in maag.

Baie sterkte ook daar vir julle.

Ek het sopas 'n boodskap van Arie se dogter ontvang." ...ek sal kyk of die kerk die uitsending sal kan live stream? Die diens is vrydag 14 Julie om 10:00 in Pta"

Sy sal vir my verdere inligting voorsien.

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 11/07/2023 - 09:26

Ai tog.  Dis nou drie maande in 'n ry dat ek 'n goeie vriend aan die dood afstaan.   Ek glo  ons almal hier op kampforum was baie bevoorreg gewees om Arie te kon ken en saam kamp en lag.

Nou is Arie weer by Petra.  Ons mis julle altwee.

0

Hartseer nuussurprisecrying  Het sy stories altyd so geniet, veral as hy dit begin met..."Sit ek nou so op die klip in die veld...". 

Hy kon ook altyd so lekker saam ou Spekkies en Gryswater geskerts het.

Ek sal hom mis. 

0
Vereeniging, Gauteng

AntonvdM

Tue, 11/07/2023 - 16:46

Dis nou hartseer nuus. Ons het die voorreg gehad om saam met Arie en Petra te kuier.

Hy was 'n storie verteller / skrywer by uitstek. Het altyd sy stories geniet.

Fout wat ek gemaak het was om nie al sy stories te 'copy' en in Word te 'save' nie

Dit sou nou lekker gewees het om al sy stories weer te kon lees.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 12/07/2023 - 07:55

Arie jou nooit ontmoet maar n ding wat ek by jou gereel het dis ok as iemand jou nie like nie gaan net aan rus in vrede ou groetecrying

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus