Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -6 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -9 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -14 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -14 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -20 hours ago

Arie

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums

Ek het sopas verneem dat Arie gisteraand in sy slaap oorlede is. Nog sateroggend met hom gesels nadat hy weer in die hospitaal was vir sekere toetse ens.

Ek het probeer om sy dogter en skoondogter in die hande te kry, maar nog nie suksesvol. Sal julle verdere inligitng gee, indien ek meer weet.

RIV Arie. Jy was 'n yster, en ek weet jy het baie na oorlede Petra verlang. Ons het juis weer oor haar gepraat in ons laaste geselsie.

Ek plaas die skakel vir Arie se gedenk diens hier, Hennie het my gevra🙏

Diens

Arie diens details

 

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 13/07/2023 - 19:17

Ek laai die skakel hier, vir Arie se gedenkdiens, ingeval iemand nie die een op die eerste inset sien nie..jammer ek kon nie daai skakkel onder die foto in sit nie

Skakel

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 14/07/2023 - 10:52

Dankie Johann vir die skakel.

Die prediker het 'n mooi boodskap gebring, veral met al die verwysings na kamp, lankstaan kampers en tente.

Maar ek glo die ds. kamp nie, of nie genoeg nie (-:

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 14/07/2023 - 13:43

Die diens was in eenvoud en presies hoe Arie ook geleef het.

Groot omgee mens gewees. Baie lief vir sy kinders en veral sy kleinkinders. Baie trots ook op sy kleinkinders gewees. Ons het juis verlede week nog daaroor gepraat.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/07/2023 - 07:52

....dalk weer iets verneem van Surette?? Ek hoop dit gaan goed met haar en die klong. Wonder so of hulle toe wel wildtuin toe was.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 17/07/2023 - 11:42

Daar was ‘n swart Territory in Shingwedzi terwyl ons daar was. Dit het egter ‘n rolstoel plakker opgehad, en het saam met ‘n silwer een kampeer. As ek reg onthou het die een ‘n Classique gesleep, en die ander ‘n Penta. Dus nie Surette hulle nie. Hulle sou in elk geval nie Shingwedzi toe gegaan het nie. Die swart Territory het my egter aan hom laat dink. 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 18/02/2024 - 11:34

Baie dankie  Chris

Dit was nou skokkende nuus.

Jammer oor die inskrywing. Het regtig nie geweet nie.

Het hom en Petra ook al persoonlik otmoet, hele paar jaar terug toe hulle begin het met permanent kanp.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus