Ek het sopas verneem dat Arie gisteraand in sy slaap oorlede is. Nog sateroggend met hom gesels nadat hy weer in die hospitaal was vir sekere toetse ens.
Ek het probeer om sy dogter en skoondogter in die hande te kry, maar nog nie suksesvol. Sal julle verdere inligitng gee, indien ek meer weet.
RIV Arie. Jy was 'n yster, en ek weet jy het baie na oorlede Petra verlang. Ons het juis weer oor haar gepraat in ons laaste geselsie.
Ek plaas die skakel vir Arie se gedenk diens hier, Hennie het my gevra🙏
Diens

Ek maak so. Groot skook vir…
Ek maak so. Groot skok vir my/ons aangesien ons nog vrydag en saterdag lekker gesels het.
Groot gees wat weg is
Ek het die ou al vir 'n lang tyd op die forum gemis en was so bly om baie onlangs weer 'n bydrae of twee van hom te sien - so tipies in die Arie-styl.
Hartseer nuus.
Ag nee magtig daar word nou…
Ag nee magtig daar word nou te veel in ons woud gekap. Groot bome val en ons kan net mooi niks daaraan doen nie.
Weereens ons tyd hier op aarde is min en spyt en jammer is altyd te laat.
Ek is spyt ek het nie by hom `n draai te gemaak het toe ek in daai omgewing was nou die dag nie en nou is dit te laat om vir oulaas sy beroemde yskoffie te kon geniet
Rus sag oom Arie dankie vir die voorbeeld hoe mens altyd voluit lewe en vir altyd jonk wees
Ai dit is nou skokkende nuus…
Ai dit is nou skokkende nuus, riv Arie.
Ons het darem al persoonlik ontmoet, hy en Petra was sulke aangename mense.
Hy het sy Petra so gemis…
Hy het sy Petra so gemis. Ons het juis vrydag weer daaroor gepraat. Hulle was darem amper 50 jaar getroud gewees voordat sy oorlede is.
Ons was ook so rukkie terug by hom gewees. Sy seun bly ook nie ver van ons af nie.
Ai tog,................
................Arie was die afgelope tyd maar stillerig en dan-en-wan hoor 'n mens weer van hom - selfs onlangs weer. Meeste van sy insette was tong-in-die-kies, maar altyd lekker leesstof. Ek "ken" vir Arie al vir jare, maar het hom ongelukkig nooit persoonlik ontmoet nie.
Dankie Hennie dat jy die nuus aan ons oorgedra het.
Arie nooit ontmoet nie. Maar…
Arie nooit ontmoet nie. Maar sy eskepades met renmotors en kragbote was legendaries. Regte ou rowwe yster. En dit in sy onlangse, soos Len sê " tong in die kies " bragging"met die kishoue wat hy oor naweke slaan was lekker lees. Somtyds wonder selfs of daar dalk ń klein stukkie waarheid versteek in is nie.
En so sal elkeen van ons se name eendag opkom, sonder uitsondering. Wel gedaan Arie, jy het goed gedoen.
En dit in sy onlangse, soos…
En dit in sy onlangse, soos Len sê " tong in die kies " bragging"met die kishoue wat hy oor naweke slaan was lekker lees.
Ja, die mense het hom ook te ernstig opgeneem met sy sê goed. Hy was 'n baie diep mens.
Maar sy eskepades met renmotors en kragbote was legendaries. Regte ou rowwe yster.
Ja, Arie het baie goed gedoen met sy bootresies. Was natuurlik geborg deur Suzuki en het SA op Wêreldkampioenskappe verteenwoordig waar hy 'n 2de plek behaal het.
Dan was Arie ook baie suksesvol in die Bank waar hy ook 'n Nasionale Bestuurder was te doen met ons Geboue in die Bank.
Arie was die afgelope tyd maar stillerig en dan-en-wan hoor 'n mens weer van hom - selfs onlangs weer.
Hy was stil op die forums, maar as ek iets gesien het wat dalk 'n antwoord/reaksie van hom benodig dan het ek hom maar vertel dat hyself eerder antwoord.
Ek gaan hom baie mis aangesien ons op 'n daaglikse basis in kontak was. Mekaar ook tenminste 2 keer 'n week gebel.
Ek het 'n boodskap van sy dogter ontvang dat hy vermoedelik aan 'n hartaanval beswyk het op sy bed. Hulle het eers gisteroggend daarvan uitgevind. Sal julle op hoogte hou van enige verdere verwikkelinge.
Herman...
Môre Herman, dankie vir daai diep waarheid----"so sal almal se name opkom, sonder uitsondering"
Meer nog as net op die forum, laat ons maar die kans benut en regmaak waar ons verbrou het.
Ekskuus vir die swartgalligheid, maar ek dog gister ek sien my Marie sterf. Sy is nou in hospitaal, en moet onder narkose kamera inkry tot in maag.
Sal nie verder oop die draad daaroor insette maak nie, bloot uit respek vir ons vriend ARIE.
Ekskuus vir die…
Ekskuus vir die swartgalligheid, maar ek dog gister ek sien my Marie sterf. Sy is nou in hospitaal, en moet onder narkose kamera inkry tot in maag.
Baie sterkte ook daar vir julle.
Ek het sopas 'n boodskap van Arie se dogter ontvang." ...ek sal kyk of die kerk die uitsending sal kan live stream? Die diens is vrydag 14 Julie om 10:00 in Pta"
Sy sal vir my verdere inligting voorsien.
Ai tog. Dis nou drie maande…
Ai tog. Dis nou drie maande in 'n ry dat ek 'n goeie vriend aan die dood afstaan. Ek glo ons almal hier op kampforum was baie bevoorreg gewees om Arie te kon ken en saam kamp en lag.
Nou is Arie weer by Petra. Ons mis julle altwee.
Hartseer nuus Het sy…
Hartseer nuus![]()
Het sy stories altyd so geniet, veral as hy dit begin met..."Sit ek nou so op die klip in die veld...".
Hy kon ook altyd so lekker saam ou Spekkies en Gryswater geskerts het.
Ek sal hom mis.
met 'n glasie red heart en…
met 'n glasie red heart en my pyp in my mond...
Hartseer
Dis nou hartseer nuus. Ons het die voorreg gehad om saam met Arie en Petra te kuier.
Hy was 'n storie verteller / skrywer by uitstek. Het altyd sy stories geniet.
Fout wat ek gemaak het was om nie al sy stories te 'copy' en in Word te 'save' nie
Dit sou nou lekker gewees het om al sy stories weer te kon lees.
dis ok as iemand jou nie…
dis ok as iemand jou nie like nie gaan net aan rus in vrede ou groete
Stem saam.
So paar foto's van toe ons…
So paar foto's van toe ons saam met Arie en Petra gekamp het by Drie Berge





Hennie....
Middag Hennie, jis dis nou onverwags. Sal jy ons maar inlig indien daar enige nuus met jou gedeel word.