Ek het sopas verneem dat Arie gisteraand in sy slaap oorlede is. Nog sateroggend met hom gesels nadat hy weer in die hospitaal was vir sekere toetse ens.
Ek het probeer om sy dogter en skoondogter in die hande te kry, maar nog nie suksesvol. Sal julle verdere inligitng gee, indien ek meer weet.
RIV Arie. Jy was 'n yster, en ek weet jy het baie na oorlede Petra verlang. Ons het juis weer oor haar gepraat in ons laaste geselsie.
Ek plaas die skakel vir Arie se gedenk diens hier, Hennie het my gevra🙏
Diens

Dankie Johann vir die skakel…
Dankie Johann vir die skakel.
Die prediker het 'n mooi boodskap gebring, veral met al die verwysings na kamp, lankstaan kampers en tente.
Maar ek glo die ds. kamp nie, of nie genoeg nie (-:
Anton, Hennie het my gevra…
Anton, Hennie het my gevra om die skakel te laai, maar ek help met plesier.
Ja dit was 'n gepaste diens, met 'n mooi les.
Die diens was in eenvoud en…
Die diens was in eenvoud en presies hoe Arie ook geleef het.
Groot omgee mens gewees. Baie lief vir sy kinders en veral sy kleinkinders. Baie trots ook op sy kleinkinders gewees. Ons het juis verlede week nog daaroor gepraat.
Aai oom Arie, Rus in vrede,…
Aai oom Arie,
Rus in vrede, die spook gaan oom mis!
Arie met een r... Sal die…
Arie met een r...
Sal die walletjies daar ver oor die water eendag moet gaan besoek.
Arie, Willem en ek staan en…
Arie, Willem en ek staan en gesêls by Mabalingwe saamtrek.

Ai, en nou is Willem en Arie…
Ai, en nou is Willem en Arie ook nie meer saam ons.
Het iemand....
....dalk weer iets verneem van Surette?? Ek hoop dit gaan goed met haar en die klong. Wonder so of hulle toe wel wildtuin toe was.
Swart Territory
Daar was ‘n swart Territory in Shingwedzi terwyl ons daar was. Dit het egter ‘n rolstoel plakker opgehad, en het saam met ‘n silwer een kampeer. As ek reg onthou het die een ‘n Classique gesleep, en die ander ‘n Penta. Dus nie Surette hulle nie. Hulle sou in elk geval nie Shingwedzi toe gegaan het nie. Die swart Territory het my egter aan hom laat dink.
Ek bring hierdie ...
... gesprekslyn vorentoe vir Harry se onthalwe.
Baie dankie ChrisDit was…
Baie dankie Chris
Dit was nou skokkende nuus.
Jammer oor die inskrywing. Het regtig nie geweet nie.
Het hom en Petra ook al persoonlik otmoet, hele paar jaar terug toe hulle begin het met permanent kanp.





Ek laai die skakel hier, vir…
Ek laai die skakel hier, vir Arie se gedenkdiens, ingeval iemand nie die een op die eerste inset sien nie..jammer ek kon nie daai skakkel onder die foto in sit nie
Skakel