Ons is gereed om te vertrek op ons KNP trip. Dit gaan wees Krokodilbrug, dan Lower Sabie, dan Satara, dan Skukuza en laaste Berg en Dal.
Geen probleem...
...ons tik almal soms verkeerd.
Jy moet nog sê hoe julle dit regkry om soveel luiperds en leeus te sien/vind. Is julle elk keer die 1ste voertuig by so 'n toeel??
Wessel se S86 luiperds
Daardie 4km omritjie uit die H1-3 waar Geert die luiperds gesien het staan ook bekend as die N'waswitsontso-omrit. 'n Nota in my kaartboek sê hier is ook gereeld leeus.
Ns. Interssantheidshalwe, my Afrikaanse Woordelys & Spelreëls sê die meervoud van luiperd is luiperds en nie luiperde nie. Ek kritiseer nie, sê maar net want as ek dit tik, wonder ek altyd - vanaand het ek dit gaan opsoek.
Len... Jy soek moeilikheid…
Len... Jy soek moeilikheid met die spelreels !!!
Een Luiperd, twee luiperds.
Een ryperd, twee ryperds.???
![]()
Wow, dankie Geert met die…
Wow, dankie Geert met die deel van die fotos. Ek was baie jare terug laas in die Willetuin en geniet nou die draad.
Sulke mooi foto's en oom Len is gepla oor 'n "e" of 'n "s"![]()
![]()
Minder rondry
Ek het sedert eergister vreeslike pyne in my regterbeen begin kry in my kuite. Been tot met enkel was vreeslik opgeswel. Dr het genoem dat hy bang is dat dit bloedklont kan wees. Het gister pille geneem en vanoggend heelwat beter, dr stel voor dat ek nie heeldag rondry nie. Ek het baie geskrik om te dink wat nagevolge kan wees. Gisteraand het ook harde winde begin opsteek wat karavaan sommer ruk....voel amper soos see winde in wildtuin. Vandag bewolk, wind en kouerig....so maar n mislike dag.
Sterkte Geert
Hoop die been sirkulasie kom sommer gou reg. Jou geluk met die diere is ongelooflik.
Ons is in Punda Maria en die weer het ook laas nag gedraai. Bietjie reën en kwaai wind. Mislike dag vandag. Geen diere vandag by die water gat nie.
Dankie Geert...........
..............vir die cheatha fotos op die S36. Ek sien in my kaartboek toeriste het in April 2023 opgemerk by die Rockvale drinkgat (1km vanaf die H7) is daar vroegoggend altyd cheathas te sien - presies war julle ook gesien het.
Geert, ek waardeer dit dat jy presies aandui waar julle iets interssants gesien het - dit maak die "besigtiging" vir ons tuisblyers soveel meer interessant.
Lekker staanplek
Paul, lyk na 'n lekker staanplek by Punda. Ek aanvaar julle gaan 'n tydjie hier staan want jy het die voltent opgeslaan.
Hoop die weer verbeter.
Chicken strips
Ons het netnou chicken strips en chips takeaway gaan eet by restaurant.....hulle is maar suinog met chips🤔
S100
Ons het nou al 4x die S100 gery en het nie vir ons veel opgelewer nie. Ander was vandag gelukkig en het 5x keeus daar gekry, maar ons het hulle gemis. Gister oppad terug van Nwanetsi picnic plek het ons teerpad terug gery. So 2km vanaf picnic spot kom n Sanparks Quantum bussie van teenoorgestelde rigting aan en begin vir ons flash en dui aan ons moet stop. Die man vra toe of ons luiperd gesien het. Ons sê toe nee....hy sê toe ons het so 200m terug verby een gery. Ons draai toe om en hy wys toe een in boom so 60m vanaf teerpad. Was nice van die man om te wys. Omdat weer sleg was het lyk my nie baie mense rondgery nie. Ons wou toe ry, maar dog toe ons wag vir volgende besoekers om verby te kom sodat ons vir hulle kan wys. Hulle het ook gesê dat hulle hom nie sou sien as hulle net verby sou ry nie.
Vanmiddag oppad terug van Orpen was daar weer n jagluiperd wat gestap het langs teerpad. Was baie naby aan Satara want mens kon kamp in agtergrond gesien het. Daar was heelwat karre wat hom gevolg het. Mens kon hom ver volg want gras is baie kort daar.
Sal later foto plaas van die 2 sightings
Nwanetsi teerpad
Môre Geert
Vroeg in Junie met ons besoek in Satara, het daai deel tussen rivier en die teerpad afgebrand. Veral van die Satara teerpad in die rigting van piekniekterrein. Op daardie stadium het dit nie gebrand aan die S100 kant nie.
Dis seker nou groen van die kort gras wat grasvreter lok, en op hulle beurt die vleisvreters.





Jammer Wessel
Jammer Wessel....ek het verkeerd gelees en getik, dis nie S26 nie maar S86 loop tussen Tshokwane en Sarara