Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -14 minutes ago
Wessel Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -16 minutes ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -17 minutes ago
Tafel en bankies Rock View Lodge Nelspruit Geert -23 minutes ago
forum deelname Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -26 minutes ago
Hallo Rona Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -27 minutes ago

Geert - KNP Trip 2023

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Ons is gereed om te vertrek op ons KNP trip. Dit gaan wees Krokodilbrug, dan Lower Sabie, dan Satara, dan Skukuza en laaste Berg en Dal. 

Pretoria

Geert

Wed, 19/07/2023 - 18:16

 

Jammer Wessel....ek het verkeerd gelees en getik, dis nie S26 nie maar S86 loop tussen Tshokwane en Sarara

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/07/2023 - 19:20

...ons tik almal soms verkeerd. 

Jy moet nog sê hoe julle dit regkry om soveel luiperds en leeus te sien/vind. Is julle elk keer die 1ste voertuig by so 'n toeel??

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 19/07/2023 - 20:28

Daardie 4km omritjie uit die H1-3 waar Geert die luiperds gesien het staan ook bekend as die N'waswitsontso-omrit.  'n Nota in my kaartboek sê hier is ook gereeld leeus.

Ns. Interssantheidshalwe, my Afrikaanse Woordelys & Spelreëls sê die meervoud van luiperd is luiperds en nie luiperde nie.  Ek kritiseer nie, sê maar net want as ek dit tik, wonder ek altyd  -  vanaand het ek dit gaan opsoek.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 19/07/2023 - 22:35

Geert is seker al erg verveeld met al die roofdiere wat hulle sien. Ek hoop tog julle kry ‘n troppie rooibokke ook môre vir afwisseling. 

0

Wow, dankie Geert met die deel van die fotos.  Ek was baie jare terug laas in die Willetuin en geniet nou die draad.

Sulke mooi foto's en oom Len is gepla oor 'n "e" of 'n "s"surpriseangel

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/07/2023 - 07:53

....mag jy die laaste dae in wildtuin net skilpaaie, hasies, miskruiers in die pad kry. laughSoveel van geluk het ek lanklaas gesien

0
Pretoria

Geert

Thu, 20/07/2023 - 08:01

Geert is seker al erg verveeld met al die roofdiere wat hulle sien

Ons is regtig geseend om so baie te gesien het. My broer hulle het renosters gekry nie ver waar ons nou is nie.....ons probeer hulle kry, maar is nog onsuksesvol. 

0
Pretoria

Geert

Thu, 20/07/2023 - 08:08

Ek het sedert eergister vreeslike pyne in my regterbeen begin kry in my kuite. Been tot met enkel was vreeslik opgeswel. Dr het genoem dat hy bang is dat dit bloedklont kan wees. Het gister pille geneem en vanoggend heelwat beter, dr stel voor dat ek nie heeldag rondry nie. Ek het baie geskrik om te dink wat nagevolge kan wees. Gisteraand het ook harde winde begin opsteek wat karavaan sommer ruk....voel amper soos see winde in wildtuin. Vandag bewolk, wind en kouerig....so maar n mislike dag. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 20/07/2023 - 09:08

Met die been en die weer. Ons het verlede week by Tsendze sulke mislike weer gehad, dit het selfs twee keer gereën, die wind het erg gewaai en dit was vrek koud ons laaste twee oggende. Dan sien mens gewoonlik ook nie veel nie. 

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 20/07/2023 - 09:17

Hoop die been sirkulasie kom sommer gou reg. Jou geluk met die diere is ongelooflik.

Ons is in Punda Maria en die weer het ook laas nag gedraai. Bietjie reën en kwaai wind. Mislike dag vandag. Geen diere vandag by die water gat nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 20/07/2023 - 10:29

..............vir die cheatha fotos op die S36.  Ek sien in my kaartboek toeriste het in April 2023 opgemerk by  die Rockvale drinkgat (1km vanaf die H7) is daar vroegoggend altyd cheathas te sien  -  presies war julle ook gesien het.

Geert, ek waardeer dit dat jy presies aandui waar julle iets interssants gesien het  -  dit maak die "besigtiging" vir ons tuisblyers soveel meer interessant.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 20/07/2023 - 10:32

Paul, lyk na 'n lekker staanplek by Punda.  Ek aanvaar julle gaan 'n tydjie hier staan want jy het die voltent opgeslaan.

Hoop die weer verbeter.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 20/07/2023 - 14:25

Middag Len. Die weer het ons die kante laat op slaan. Die wind is koud en sterk.

Ja, ons staan plek kyk mooi uit oor die water gat.

Dit is nou jammer ons gaan Geert miss kamp.

0
Pretoria

Geert

Thu, 20/07/2023 - 14:46

Ja Paul, jammer ons kamp mekaar weer mis. Laasjaar was ons ook in Satara toe jy nog meer noord was. Miskien later die jaar n Pilanesberg kamp inwerk. Ja, wind erg....karavaan ruk soos winde deurkom

0
Pretoria

Geert

Thu, 20/07/2023 - 14:53

Ons het netnou chicken strips en chips takeaway gaan eet by restaurant.....hulle is maar suinog met chips🤔

0
Pretoria

Geert

Fri, 21/07/2023 - 21:41

Ons het nou al 4x die S100 gery en het nie vir ons veel opgelewer nie. Ander was vandag gelukkig en het 5x keeus daar gekry, maar ons het hulle gemis. Gister oppad terug van Nwanetsi picnic plek het ons teerpad terug gery. So 2km vanaf picnic spot kom n Sanparks Quantum bussie van teenoorgestelde rigting aan en begin vir ons flash en dui aan ons moet stop. Die man vra toe of ons luiperd gesien het. Ons sê toe nee....hy sê toe ons het so 200m terug verby een gery. Ons draai toe om en hy wys toe een in boom so 60m vanaf teerpad. Was nice van die man om te wys. Omdat weer sleg was het lyk my nie baie mense rondgery nie. Ons wou toe ry, maar dog toe ons wag vir volgende besoekers om verby te kom sodat ons vir hulle kan wys. Hulle het ook gesê dat hulle hom nie sou sien as hulle net verby sou ry nie.

Vanmiddag oppad terug van Orpen was daar weer n jagluiperd wat gestap het langs teerpad. Was baie naby aan Satara want mens kon kamp in agtergrond gesien het. Daar was heelwat karre wat hom gevolg het. Mens kon hom ver volg want gras is baie kort daar. 

Sal later foto plaas van die 2 sightings

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/07/2023 - 08:12

Môre Geert

Vroeg in Junie met ons besoek in Satara, het daai deel tussen rivier en die teerpad afgebrand.  Veral van die Satara teerpad in die rigting van piekniekterrein. Op daardie stadium het dit nie gebrand aan die S100 kant nie.

Dis seker nou groen van die kort gras wat grasvreter lok, en op hulle beurt die vleisvreters.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus