Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Cordierite... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
"Hot Rock" steak Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Sluitingsdatum..... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Lekker werk Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Geert -2 hours ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Wessel Strydom -3 hours ago

Geert - KNP Trip 2023

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Ons is gereed om te vertrek op ons KNP trip. Dit gaan wees Krokodilbrug, dan Lower Sabie, dan Satara, dan Skukuza en laaste Berg en Dal. 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 30/07/2023 - 07:26

...maar dit kan dalk 'n swart mamba wees. Die kenners moet tog sê wat hulle dink.

Ek sal my eetlus verloor, en baie vinnig skuif na 'n ander tafel.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 31/07/2023 - 07:51

Ek het die foto vir die African Snakebite Institute gestuur. Onder is hulle terugvoer en hier is die skakel wat hulle gee vir meer inligting oor die slang.

A

0
Pretoria

Geert

Mon, 31/07/2023 - 08:23

Hulle het hierdie slang naby Tshokwane op die roetes langs Orpen dam gesien

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 31/07/2023 - 15:24

Blikse mentemmer, dis ook maar 'n karnallie om te vermy, wat nog te sê, ogies maak voor.

Ek kon nie die kenmerkende blokkiespatroon vel op Geert se foto so mooi sien nie.

Terloops, pasgebore swartmamba-tjies het reeds genoeg gifdruppels in tande om 'n volwassene te dood. 

  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 31/07/2023 - 17:20

Gewonder oor die slang se vel wat baie soos n bergfiets tyre loopvlak lyk. 

So vanuit my hoek sou ek dalk dit vir n molslang aansien. Gelukkig is dit nou een dierasie wat ek nie graag aan vat nie, daai koue glibberige klipharde lyf laat my gril dat ek hoendervleis kry.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 31/07/2023 - 19:18

Sjoe, wat 'n piekniek. Ek hou daarvan om die slange te bekyk, maar hulle moet maar hulle eie pad vat en ek myne. Sal maar mooi oplet in die klas volgende jaar Mei as ons wildtuin toe gaan. 

0
Pretoria

Geert

Tue, 01/08/2023 - 10:08

Ons het Sondag middag teruggekom vanaf KNP. Die terugreis was nie baie plesierig met die wilde winde wat gewaai het nie....moes maar stadig sleep. Was gister weer vir sonar....bloedklonte is darem opgelos deur medisyne, maar moet die 3 maande medikasie program nog voltooi. Ons is baie dankbaar dat dit darem nie lelik uitgedraai het nie. Ons het wel gestres by Satara omdat mens daar relatief ver is vanaf mediese hulp. Selfs Berg en Dal is 82km vanaf hospitaal wat ver kan raak as nood dringend sou wees. Skukuza se mediese afdeling het my glad nie beindruk nie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus