Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
November brandstof prys November 2026 Geert -5 minutes ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -5 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -6 hours ago
Rona November 2026 Johann L -6 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -16 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -17 hours ago

September maand algemene klets

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums

Goeie môre almal,

Die nuwe maand is al amer 'n week oud. Wessel sou seker die draad begin het, sou hy nie gekamp het nie.

Lekker dag.

 

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 06/09/2023 - 10:23

... op hierdie draad en nie Augustus s'n nie.

Terwyl die manne wat kan so gesels oor hulle waens se storte/badkamers ens., neem ek maar verlief dat ek nog nooit in my eie wa kon stort nie en verseker ook nie in die toekoms dit sal kan doen nie. Daar was al 'n plek of twee wat so-iets gerieflik sou wees, byvoorbeeld by Aldam waar dit in die wintermaande (ons algemene oorstaantyd daar) vrekkoud in die ablusies is nie, maar waar die netheid van laasgenoemde ook maar gebrekkig is.

Maar andersins is ek heel gelukkig om die parke se ablusies te gebruik. Ek weet my forummaters wat oor storte in hulle waens beskik is nie skuldig daaraan nie, maar ek het 'n broertjie dood  daaraan met diegene wat hulle stortwater sommer net onder die wa laat uitloop. Ek verfoei dit.

My ou 1993 "ou lady" het nie 'n stort nie en sal uiteraard ook nooit een hê nie. En 'n jonger model wa sal daar beslis nie weer gekoop word nie. En met my tentkampding volgende Mei in Onder-Sabie sal ek ook maar aangewese wees op die gewone ablusies. Die Porta Potti bly egter nie agterweë nie - of dit nou in die "ou lady" of in die tent is. Dit mag dalk uitloop op skeisake as dit nie saamgaan nie - alhoewel ek snags die grootste gebruiker daarvan is.

Terloops - my seun het vanoggend laat weet my spons "puzzle"-stukke vir my tentvloer het vanoggend vanaf Tentco arriveer. Ek het toe maar 'n ekstra pak bestel vir die 60 x 60 cm wat ek sou kortkom.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 06/09/2023 - 13:07

Ablusies en veral storte by kampterreine voel ek baie sterk oor maar grotendeels oor die verbruikers daarvan. 

Stem saam oor die gryswater en my opset is presies dieselfde as Len sin met die drom vir opvang van die gryswater. 

Kan nie verstaan hoekom ons eie mense dink dat hulle 'n stort vuil en vol water kan los nie. Is al aangespreek oor ek die stort mop wanneer ek klaar is want daar is mense wat betaal word om dit te doen. Het my liederlik vererg en vir die bejaarde man gesê dat ek hier net so lewe as by die huis en dit is beslis nie soos 'n vark nie. Vir die res van die kamp het die man my vermy. 

Soos ek voorheen gesê het dit is die groot rede hoekom ons die Classique gekoop het want Elmarie is nie vol fiemies nie maar kan glad nie vuil ablusies vat nie en sou ons beslis daaroor minder gekamp het.

Het die wa se toilet nog nie gebruik nie maar wel die stort 'n paar keer en moet erken dit is baie gerieflik wanneer dit reën. Weet nie wat voorentoe nog kan gebeur nie en sal die toilet gebruik maar gelukkig is die gesondheid nog baie goed. 

Glo maar dat jou optrede en veral arrogansie kan gesien word aan die opvoeding wat jy gekry het. Mense dink mos as jy op vakansie is ken niemand jou nie en kan jy  'n ander rol speel. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 06/09/2023 - 16:02

maar ek het 'n broertjie dood  daaraan met diegene wat hulle stortwater sommer net onder die wa laat uitloop. Ek verfoei dit.

Selfde hier. Dink ook dis die mense wat geneig is om gemeenskaplike badkamers vuil agter te laat vir sy mede kampeerder.....

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 06/09/2023 - 18:05

Begin Oktober gaan ons Noordkaap toe tydens die skoolakansie. Verlang darem baie na die kleinkinders. Op pad, dit is so 850km van hier, gaan ons by die Kmabro padstal oorslaap. Op pad terug, nou is die skoolvakansie om, beplan ons om so twee aande in Mokala oor te slaap, sal midweek wees, en 2 aande aande by Karoo N Park. In Chalets of huisies of wat ook al. En dit is al planne vir hierdie jaar.

Behalwe dat beplan word om vir oujaar n lam te spit, kinders en kleinkinders sal hier wees. En ons gaan meestal kamp en jolyt maak daar. Ek het n lekker katel daar, tafel met 12 sitplekke, Binnebraai groot genoeg vir my spit-rotisserie, buite vuurmaakplek, Swing seat groot genoeg om op te slaap gebou en opgehang, Paar hangmatte aan die bome vasmaak, Man, dit gaan lekker wees. Gaan probeer om n 44 gelling drom vol te maak met bierblikke en  lee wynbottels die Desember.

0

Daai laaste sin klink of dit 'n baie lekker familie kuier kan word, (oom) Neef Herman.

Ek het bietjie lanklaas hier kom saampraat en gelees, maar is daar nie dalk weer 'n restorasie projek in die pyplyn nie?  Of het ek iets gemis?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 06/09/2023 - 18:49

... dit klink na 'n lekker vooruitsig. Ek wens amper ek was ook "family" om die drom te kom help volmaak.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 06/09/2023 - 19:01

.... het ek nog nie 'n "clue" wat tydens die Kers/Nuwejaarseisoen gaan gebeur nie. Die vorige 2 jaar het my seun-hulle by Quaggaskloofdam gaan kamp en ons het oor die "groot dae" gaan saamkuier. Vir vanjaar is besluit om plek te probeer kry by hetsy Jongensfontein of Stilbaai, maar dit is blykbaar net so goed as om wors in 'n hondehok te soek.

Op hierdie stadium blyk dit of Jan Tuisbly die loot gaan wen. Dalk moet ons ook 'n spitbraai oorweeg - ek het darem 'n lekker paar bure wat dalk kan inval by die idee.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 06/09/2023 - 21:36

Groot G nee. Niks nuwe restorasie nie. Maar...

Hierdie omie is tans besig met die finale ontwerp van ń "floatation" sisteem vir  Argelogie. Is al deur 2 weergawes, en hulle werk uitstekend. Hierdie 3de weergawe gaan heel moontlik in Argeologiese tydskrifte ge-publiseer word., met my naam by.cool

Wat dit behels.  Tydens  uitgrawings word sigbare items  aangeteken. Klein stukkies koolstof, sade en ander plantreste, eindig in die stof op. En word normaalweg weggegooi.

Die behoefte het onstaan om die verder te bestudeer, en daar is begin om die stof in water te sit, en " floatation" te doen.  Dan dryf die saadjies en koolstof stukkies oor op n lappie.

Intussen het neef n woord geleer. Parenchyma. Dit word ook na gesoek in die stof.

Groetnis.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 07/09/2023 - 08:21

Klink lekker Herman.

So het ons groot plan om te toer sovêr nog net probleme opgelewer. Huis verkoop al twee keer misluk nadat geteken is. Eerste keer het "previous disadvantage" vrou geteken, verband gekry en het die prokureur al die dokumente gereed gehad toe sy besluit sy wil nou rente 2% onder prime hê en die koop gekanselleer. Prokureur het aanbeveel dat om te vervolg nie die moeite werd is nie.

Tweede keer kon die mense nie verband goedgekeur kry nie. 

Al ons goed is gepak en het alreeds my gereedskap en plante na Knysna geneem. Betaal nou vir stoorplek en meubels sou 20 September gelaai word in Durban. Planne alreeds gedoen en sou laaste kamp saam met kerk vriende 22-25 September by Glensheiling in die Midlands doen en daarna dan op ons toer vertrek. Plek in die Kruger is bespreek en nou ja nou nou weet ons nie meer nie. Koppe maal wat ons volgende moet doen. 

Glo daar is 'n rede vir alles maar is maar moeilik om te aanvaar. 

Positief is nou dat alles gepak is en ons net die nodigste uitgehou het kan mens regtig met baie min klaarkom en gaar net onnodige goed op.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 07/09/2023 - 08:37

Ons hou saam duim vas dat julle toerplanne spoedig in plek sal val. Gelukkig is SANPARKE buigsaam wat verandering van besprekings betref, kansellasie moet net 30 dae voor die datum van bespreking plaasvind. Dan kan hulle vir jou krediet hou of terugbetaal. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 11/09/2023 - 08:12

Ek sien vanoggend dat YR.no voorspel maar vir my tuisdorp slegs 12° C vandag. My seun het so pas 'n video clip aan my gestuur waar hulle vanoggend in die sneeu ry (ek bedoel terwyl die sneeu val). Hulle het die kinders vroegoggend skool toe geneem op Worcester en met die terugkeer duskant Villiersdorp weggedraai na Kaaimansgat ('n boerderygebied bo in die berge). Hulle kon nie by die wit-gesneeude dele kom nie, maar die sneeuvlokkies het wel op die bakkie se voorruit neergesif, maar dadelik gesmelt.

Hier waar ons tans is, word 'n lekker 26° C vir vandag voorspel - lekker draaglike temperature na die amper onsmaaklike hitte wat ons al hier beleef het.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 11/09/2023 - 15:20

Die berge reg rondom Worcester lê spierwit en dis koud. Ek is so gatvol vir winter. Ek sal vergaan as ek in die noordelike halfrond moet bly. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 11/09/2023 - 16:02

Hier in die noordelike halfrond is dit WARM. 😀 Ons (Ralie, my dogter en ek) het besluit met die trein Bucharest toe te kom. Die treinrit het 'n uur geduur. Ons kon nie sitplekkaartjies kry nie - die trein was tjok en blok. Ons moes dus staan. Ek het gedog ek dood van die warmte in die trein. Sit nou lekker voor die aircon hier by ons blyplek.

Kry julle nou klaar met die winter in die Kaap sodat ons darem lenteweer kan hê as ons môre oor 2 weke tuiskom.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 12/09/2023 - 18:21

Vanoggend was een van due koudste dae die afgelope winter. Die veld het letterlik n yslaag op gehad.  Die aartappeltjies wat net mooi begin uitkruip het is swart gebrand. 

Ek sê nou, Global warming se gat..... hier in die kolonie hou die winter nie op nie. Die Streepswaels is gewoontlik die tyd al terug, maar due jaar is hulle laat.

Chris, jy moet maar warm aantrek vir die terugkom.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 13/09/2023 - 13:47

Hier op ons landbou groep kom n roep deur." aardbewing by die Cango grotte" mense vasgekeer.

En net gister gaan bekyk ek die sinkgat hier op die plaas, dit het onlangs n helse stuk gesak. Die plaas sit ook in die Kalksteen reg op die Cango foutlyn. Ek het geen trilling gevoel nie.

Vals alarm gewees, nood dienste het n oefening gehad, onbeplan. iemand het die boodskap van grotte gehoor by brandweer en n riemtelegram begin. Die munisiplaliteit het nou net n verklaring uitgeryk...

0
Bloemfontein

Sandy

Wed, 13/09/2023 - 21:19

Dit was met groot ontsteltenis wat ek die berig gelees het van die aanval en moord op 'n jong dame in die Hartbeesfontein omgewing binne 'n oord.

Ons is reeds in die 70's en kamp gereeld saam met 'n woonwa klub maar heelwat alleen by oorde en dit gebeur dat ons soms alleen op 'n oord oorstaan.

Dit maak dat ons al begin dink dat ons maar moet afstand doen van die woonwa en kamp lewe wat 'n geweldige hartseer in ons lewe bring.

Mens wonder regtig hoe lank sal oorde (en ek bedoel die kleiner plattelandse oorde) nog veilige plekke sal wees.

Baie hartseer vir ons indien dit ons gaan dwing om ons geliefde kamplewe vaarwel te moet toeroep.

Maar ons probeer positief bly in die omstandighede.

Groetnie enlekker kamp

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 13/09/2023 - 22:42

Goeie naand Sandy !  Welkom hier op Kampforum se klomp kletsers.

Ek en my wederhelfte is ook al heelwat anderkant die 70's en ons karavaan-kamp al 54 jaar.  Ongelukkig lewe ons in 'n land met heelwat misdaad, maar dit geld nie alleen vir kampeer- en vakansie-oorde nie. Julle sal nie noodwendig misdaad vryspring deur die kamplewe vaarwel te roep nie want dit vind oral plaas.

In ons geval kies ons kampeerplekke wat na ons mening so veilig as moontlik is en neem kennis van veral terugvoering op sosiale media hieroor.  Ons reis verkieslik ook net op N-roetes en ander hoofpaaie.  Ons woon in Kaapstad en reis jaarliks Kruger Wildtuin toe.  Ons beskou die nasionale parke as baie veilige oorde waar daar altyd ander kampeerders ook is. Ons reis byvoorbeeld van Kaapstad en oornag by Karoo Nasionale Park by Beaufort-Wes en dan weer in Bloemfontein by Reyneke Park waar daar uitstekende geriewe en sekuriteit is. In Pretoria bly ons oor by familie en daarna is ons in die Wildtuin.

By Hartenbos kamp ons graag by ATKV se vakansie-oord en ook ander ATKV-oorde byvoorbeeld Natalia aan die KZN-suidkus.  Ons was ook al by ATKV Buffelspoort in Noord-Wes.  Ons kamp ook gereeld in Oudtshoorn tydens KKNK feeste.

Alhoewel karavaan-klubs nie vir ons 'n voorkeur keuse is nie, is dit wel 'n goeie manier om altyd saam met 'n groep vriende te kamp uit 'n veiligheidsoogpunt.

Dit is regtig nie nodig om die kamplewe uit vrees vir misdaad vaarwel te roep nie.

Dankie vir die interessante geselsonderwerp.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 14/09/2023 - 06:26

Min beskerming by oorde.....................................................is ongelukkig so.

Karavane en tente bied basies geen beskerming nie en is 'n sagte teiken om aan te val. Ons probeer ook maar om bietjie navorsing te doen voordat ons oorde besoek sovêr moontlik. 

Wat die afsterwe van die vrou erger maak is dat sy nie 'n mediese fonds gehad het nie en as gevolg van swak behandeling by 'n staats hospitaal en dokters dit nie oorleef het nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus