Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -56 minutes ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -1 hour ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -1 hour ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

ORANIA - deur Voortrekker

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kom ek toe op so 'n paar foto's af van ons oornag kamp by Orania, oppad ooskus toe.

Dit was net vir een nag, ons het deurgedruk vroeg die oggend vannaf Pretoria, een nag in Orania en toe Knysna toe die volgende dag.   

Baie aangename en heerlike opsie.  Om deur die dorpie te ry oppad kamp plek toe  is ook interressant.

Lees my Orania Resensie hier:   Orania deur Voortrekker

FREDA: Ons het vroeër die maand met mense gesels wat by Orania gekamp het.   Hulle het net goeie dinge te sê gehad daaroor.  Colin wil hê ons moet volgende jaar soontoe gaan.  Dit lyk baie mooi op jou foto's Voortrekker.

 

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 11/04/2023 - 11:17

Ek het Aan die Oewer nounet weer gebel.....miskien het planne intussen verander, maar hul het weer bevestig dat hul kampeer area nie oop is nie. Ek het ook vir haar genoem dat Orania beweging beweer dat hul wel oop is....maar sy sê hulle is seker deurmekaar met langsaan - Vluytjieskraal. Klink meer of dit net die bome is wat weg is en die ablusie struktuur nie....2 bome het met wortel en al omgewaai en ander 2 was sò beskadig dat dit vir veiligheid afgesny is. Intussen het hul reeds 12x nuwe bome geplant, maar is nog klein. So dit klink of dit meer gesluit is as gevolg van staanplekke wat nie skaduwee het nie.

Willem - Die korrospondensie wat jy met Orania Beweging het....is dit n facebook blad of op hul website? Ek wil hul nog paar ander vrae vra

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 11/04/2023 - 12:20

Geert, dit is op Youtube, soek net "Orania Beweging".

Ek sien hulle het nognie op my laaste boodskap gereageer nie ? 🤷🏼‍♂️

Sien dié skakel.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 09/10/2023 - 17:29

Sover is ons plan om een slag deur te ry vanaf Pretoria na Orania, behalwe as daar n plek oppad is waar mens moet gaan inloer.  Nie net n plek vir oornag nie, maar iets besienswaardig. Weet julle van iets? 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/10/2023 - 19:16

Naand Geert

'n Besoek aan Orania is die moeite werd, maar

gaan kamp eerder by Sandgat. Dis 'n lieflike plek langs die Oranjerivier, onder die Van der Kloofdam. Ons het nou daar gestaan vir 2 aande, sodat ons Orania kon besoek. 

Aan die Oewer bestaan eintlik nie meer nie, en ek vermoed Vlytjiekraal moet mens vermy, dis hoorsê, ek het nie gaan kyk nie. Aan die oewer fokus nou op die hotel en chalets

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/10/2023 - 19:23

Geert, as jy gaan woonwa sleep, gaan jy hard moet ry om van Pretoria tot by Orania in 'n dag te ry. Daardie paaie is weg, vrot gery. Terwyl ons daar was, was daar iemand wat sy Penta se wiel en band afgeskryf het. 

Ek het veilig gespeel en van Bloemfontein na Kimberle, toe na Hopetown, en dan na Orania gery.

Dan gaan jy sommer Mokala NP toe, jy ry teen dit verby, tussen Hopetown en Ritchie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 09/10/2023 - 21:03

Ek het veilig gespeel en van Bloemfontein na Kimberle, toe na Hopetown, en dan na Orania gery.

Wat is die beste roete om te ry....ek is nie lus vir slegte paaie soos Wessel hierbo noem nie. Is sy Kimberley Hopetown een die beste?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus