Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -58 minutes ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -1 hour ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -1 hour ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

Oktober 2026 saam gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.

Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.

Laat ons saam gesels en vorentoe beur.  

Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/10/2026 - 17:06

Soos ek gister vermeld het, 'n verkiesingsfoefie. Elke bietjie help, maar ons word deur die ore gewerk

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 21/10/2026 - 17:11

Dieselprys SA vs Botswana (vandag, met die wisselkoers van R1.20 / Pula) : Botswana R25.12, SA R36.01 (Dullstroom). Skokkend!

Moet darem bysĕ, ek dink ook nie die heffings in SA word alles aangewend waar nodig nie, maar ons paaie (insluitend diė met slaggate), is in 'n veel beter toestand as enige pad wat ons verlede jaar in Botswana gery het. Is dit die verskil??

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 21/10/2026 - 19:13

....en soos Fred op die ander Forum sê: Dit beteken nie dat diesel R3 afkom volgende maand nie....dis net die levy. As diesel R5 styg, gaan ons dit R2 by pompe voel opgaan. So eintlik probeer Rampie ons net weereens bullsiht....

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 21/10/2026 - 19:24

Ek verstaan dit so, daarom dat ek gesĕ het dat Brent ru-olie se prys steeds die bepalende faktor is. Dit beteken wel dat ons die prys van November gaan betaal, maar met R3/l verligting..

*Hoe rig mens 'n motorfiets in as kampeervoertuig?

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 21/10/2026 - 20:18

Gaan loer wat kos n liter Diesel in Angola. R8.50. Government subsidised..... I rest my case your honour....

1
Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/10/2026 - 05:56

Zapiro se sketse is baie skerp. 

Vanoggend se skets het my laat dink, daar sit ek.

Zapiro 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/10/2026 - 17:48

Ek lig my hoedjie!!!!

Ek vermoed die man en gesin het prosedures bedink en ge-oefen. Hy het baie gou sy vuurwapen getrek, dogter het plat geval, hy het afgesak en omtrent magasyn leeggemaak.

Kopskoot onder daai omstandighede, of goeie skut of gelukkig.

Gisteraand kom ons vroegaand van kerk af, sien karretjie wat stadig deur strate kruip. Seg ek vir Marie, dis k@kbakkers. Kom in huis, kom boodskap---Fortuner gesteel by skool.

Ons moet bedag wees en verdagte bewegings aanmelld by sekuriteits-groepe  

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 22/10/2026 - 18:02

Ander media berig dat daar 3 aanvallers dood geskiet is....Maroela skryf van net een?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 22/10/2026 - 19:49

Geert net een is dood, dit is volgens 'n polisie groep, dalk het die media 'n gerug gehoor en daarop reageer?

Maar hoe dit ook al sy, ons moet soos daai man paraat wees, ter wille van ons geliefdes.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 22/10/2026 - 22:31

Klink darem of dit iets lekker is om te doen. Geniet die trip. Foto's en terugvoer asb.

0
Sandbaai

maurits1

Fri, 23/10/2026 - 13:18

Ek kan nou nie sulke opwindende nuus meedeel soos ander lede nie, maar wil net noem ons kamp die naweek by Montagu karavaanpark. Al die kampplekke is gevul en die huisies is ook vol. Lekker warm. Maurits

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/10/2026 - 13:26

...julle moet Montagu geniet. Ek hoop jy het heerlike diep skadu koelte staning gekry.

Regstelling: lekker en warm pas nie langs mekaar nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 23/10/2026 - 14:25

Jou aanname dat Montagu karavaanpark vir die naweek nie opwindende nuus is nie, klop nie 😖 Glo jy maak 'n grap. Dit was een van ons lekker wegbreekplekke in die tyd wat ons in die Suid Kaap gebly het. Geniet dit. Ons verlaaang....

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 23/10/2026 - 18:05

Hoe beny ons julle. Ons winter is nog nie verby nie en sal graag meer as net een warm dag op 'n slag wil hê. 

Die aarde is nat en ons sien maar min son. 

Julle moet Montagu geniet. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/10/2026 - 19:35

Ai tog, het julle die olieprys van ongeveer 116USD/l gesien. Ek dink ons kan ons klaarmaak vir 'n vreeslike dieselverhoging.

0
3
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus