Resensies
Johann....
Môre Johann
Jy is mos binnekort oppad soheentoe. Wanneer val julle in die pad?
Umfula resensie.
Die oord is sowat 7 kilometer vanaf Parys op die Fochville pad (R500).
Baie lekker oord met baie te doen veral vir kinders, groot onderdak warm swembad, maar die kan bietjie duur raak, jy gaan by 'n "turnstile" hek in en dit is R5.00 om die hek oop te maak.
Naweke is dit baie bedrywig by die ontspannings area, maar die vakansie gees is puik. Soos in die ou dae, groet almal en gesêls lekker so in die verby gaan.
Van die staanplekke is maar effens skuins, maar lekker gras, behalwe waar mense hul grondnette gereeld sit, het dit al uit getrap geraak, reen dam dan op en raak 'n gemors. Gelukkig is dit net sommige staanplekke.
Die oord kan gerus besoek word, baie visvang plek op die oewers van die Vaal rivier vir mense wat graag hengel.
Umfula.
Gaan nie veel byvoeg nie, al wat verander het is bv. van die staanplekke teen die rivier is geplavei, en die prys naweke is R600.00 per nag vir ses mense. Mid week is dit R300.00 per nag vir 6 mense.
Dit bly 'n baie lekker oord om te besoek, vriendelike personeel en die atmosfeer is baie lekker.





Kaart
Sit solank Umfula se oord kaart hier, sal vroeg 2024 kom uitbrei.