Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
VETO stem November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -11 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -14 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -19 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -19 hours ago

Februarie 2024 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Goeie môre vriende, daar breek die nuwe maand aan. Ons is alweer sterk oppad na Krismis toe.

Kom kuier saam en gesels saam. veral nuwe lede en ou lidmate wat hou van stilbly, kom gesels saam. Dit sal verseker dat ek nie aanmekaar ou koeie uit die sloot moet haal nie.  laugh

Brackenfell

HennieBo

Mon, 19/02/2024 - 13:22

Ek is skoon bemoerd jaloers op ouens wat wel soheentoe verhuis.

Wessel, jy het nou die dag gevra oor Buh-Rein. Daai is een "moerske" ontwikkeling. Daar is sekere gedeeltes wat klaar bewoon en gebou is en dan nogsteeds ander gedeeltes in aanbou. 

Uitzicht, Pinehurst in Durbanville ook baie nice. Daai gedeelte gaan nog BAIE populêr met die beplande nuwe Lughawe en Universiteit wat daar gebou gaan word. Die pryse gaan natuurlik die hoogtes inskiet.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/02/2024 - 14:22

....ek wil voorstel dat as jou vrou iets wil kwyraak oor die huis, en effens verander, DAN maak jy haar staan op die stoep!!! Sy moet dan kies, of alles is piekfyn soos dit is, of julle sit plek in die mark.

As dit nie werk nie, bly net 1 raad oor----vat haar kort!!laugh 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 20/02/2024 - 07:57

....wat het van jou geword?? Hopenlik nie siek nie, dalk net toegegooi met werk.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 20/02/2024 - 10:24

dalk net toegegooi met werk.

Ek word lekker besig gehou maar ek wonder of ek 25% van my dag by my werk uitkom. Die res word deur vergaderings in beslag geneem. Gevolglik is my werk effens agter so ek moet inhaal. 
 

Verder het ek tans nie veel om te sê oor kampeerverwante sake nie. Ons volgende uitstappie is eers oor ‘n maand, wanneer ons weer Dwarswegstrand toe gaan. Ek moet nog R4000 iewers uitkrap om vir die kampering te betaal…

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 20/02/2024 - 13:15

Geniet julle Dinsdag

Ek het my Jimny n 15/20mm lift gegee, nou wil my A-frame nie meer saamwerk nie. Voor wiele draai nou sommer teen oorgestelde rigting, as ek wil sleep.

Ek gehoor dit gebeur met n "lift" maar nie gedink dit sal met n 15/20mm gebeur nie.

Weet 40mm, 50mm en meer gee n probleem.

Sal nou bietjie met die slim mense moet praat. Dalk "caster correctional bushes" of n "return to Centre Damper", op sit. Dit alles kos heelwat geld.

Doen nog so bietje navorsing op die oomblik..

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 20/02/2024 - 13:41

.... kyk hoe praat jy bokant my vuurmaakplek - of dan eerder buite my kennis-verwysingraamwerk. "Return to centre damper" - watse ding is dit?

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 20/02/2024 - 15:10

.... ek skiet nou sommer 'n wilde idee. Wat sal gebeur as jy die sleepbal op die motorhome met 50mm lig.??

Is die probleem omdat jy die helling tussen Motorhome en Jimny verander het. Indien wel, werk uit wat jy moet doen om helling dieselfde as voorheen te kry. Laat maak dan daarvolgens 'n korrekte "lift plate".

 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 20/02/2024 - 16:08

Castor fout ? Stem saam dat ń 15 mm lift regtig nie veel aan die Castor verander nie, maar die Castor is nou uit. Maw die voorwiele staan te naby aan vertikaal. 

Ek glo dit het die " coil over shock suspensie. Dan om te lig kan n spacer bo by die " tower" ingesit word. Miskien is die gate bo by toring " geslot" en dan kan dit daar uitgestel word waneer dit losgemaak is. 

Laat weet wat se suspensie jy het, en die inligting wat jy kry.

Ken nie die damper nie. Landrovers het ń shock in, maar dit keer meer vir waneer jy n klip raakry en die stuurwiel wil jou vingers breek soos dit ruk.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/02/2024 - 06:52

.....nasionale regering, en provinsiale regering. Wonder of munisipale regerings ook  voor gestem gaan word.

Ek dog dis net vir nasionale regering. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 21/02/2024 - 07:10

 Stemdag is 29 Mei
 

Maak gereed vir betogings, brande, nuwe wette om die NDR tot volvoering te bring en ‘n groot klomp poef pratery. 
 

Wessel, nasionaal en provinsiaal is altyd saam. Munisipale verkiesings volg twee jaar later.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/02/2024 - 07:56

....sê net weer waarvoor staan NDR asb. Die daai poef pratery wat my bekommer.

DV kom ek by die huis aan op 28 Mei, na my Sanparke toer.

Nou is ek ok ingelig oor verkiesings, dankie.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 21/02/2024 - 08:52

Net om petrol oppie vuur te gooi...die eerste stuk info oor die kader files is vanoggend uit...wys hoe die comrades inmeng met die aanstel van regters...dink hier kom nog heelwat sappige dinge!

O ja, blykbaar gaan ons Covid inge-ente mense sommer net dood, maar daar is glo een of ander plek wat ge-aktiveerde houtskool verkoop wat, indien jy dit gereeld neem, jou lewendig sal hou....soos Ouboet in Orkney Snork Nie dit so gepas stel, darem maar stupid mense!

Res van die jaar gaan minstens nie vervelig wees nie!

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/02/2024 - 09:01

Grootwind

Laat ons nou nie die mense verwar met "activated carbon", "nuclear grade carbon" en ge-aktiveerde Etosha brikette nielaugh

Ek giggel maar soms oor die term "activated"!!! Laat my onmiddellik dink aan 'n sekere swart koekie Life boy seep.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 21/02/2024 - 09:21

Die artikel in Wildehont se skakel is hopeloos te veel inligting vir voor brekfis. Ek voel soos iemand wat op death row sit en wag vir n datum.

Of eerder " ons datum"

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 21/02/2024 - 10:08

wys hoe die comrades inmeng met die aanstel van regters

Gaan lees maar by die skakel, dis deel van die NDR. Mense dink die ANC is dom en onbeholpe. Dis alles deel van hulle plan. Die ondergang van instansies in staatsbesit (wys vir my een wat nog reg werk), al die sinnelose wetgewing en die wanadministrasie en korrupsie. Dis nie per ongeluk of vanwee onbevoegdheid nie. Dis haarfyn beplan. Hoekom dink julle is hulle so lief vir die Russe en Sjinese?

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/02/2024 - 10:12

...dat ons begin kampeer, ons kort opbouende insette!!! Ek is nou so beswaard na die NDR leesstof, ek gaan koop sommer 'n ander bakkie!!!

Dis tyd dat Len begin kamp, al is dit net oefen vir sy Kruger vakansie. Herman dreig en skimp ook net oor idees soos om halwe Oos Kaap te toer, en die sprake van Kadum [Khadoem] vir nog 'n keer.

Grootwind: los die smousery van ge-aktiveerde koolstof, hak daai Fleetline en lê leeg erens vir 'n week.

Ek wag  en hoop dat temperature daal sodat ons ook weer kan begin kampeer. dis tans so warm, my stoof skaniere sal smelt in die son, ongeag of stoofplate in gebruik is.laugh 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 21/02/2024 - 10:44

Ek is heeltemal platsak en Salomien gaan van 27 Februarie tot 8 Maart Pretoria toe vir werk. Ons moet dus ongelukkig nog lank wag voor ons weer haak en sleep. Oor 29 slapies ry ons DV Dwarswegstrand toe. Ek hoop die weer speel saam. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus