Goeie môre vriende, daar breek die nuwe maand aan. Ons is alweer sterk oppad na Krismis toe.
Kom kuier saam en gesels saam. veral nuwe lede en ou lidmate wat hou van stilbly, kom gesels saam. Dit sal verseker dat ek nie aanmekaar ou koeie uit die sloot moet haal nie. ![]()
So verskil ons maar
Dankie Mnr Boucher, lyk my ons soen in die geval ons vrouens op dieselfde manier.
'n Ontstellende berig...
het my na die pen laat gryp
.
Darem net eers sê hallo julle, ek was so bietjie afwesig, maar nie weg nie.
Die berig: (jammer as dit ou nuus vir julle is). Ek het vanmiddag gevriesde, gerookte trout(?)-pasteie by Millys se klein winkeltjie hier onder in die dorp gaan koop wat ek met slaai vir aandete gemaak het. Soos wat hulle gewoonte is met gevriesde items, draai die meisie dit in n paar lae koerantpapier toe. O.a. die voorblad van 27 Nov. verlede jaar. Die hoofopskrif lees: "Diere vrek van dors in reservaat". Ek was in my spore geskok. Lees toe verder en sien dat dit in n Noordwes reservaat is - Molopo natuurreservaat. Alles oor n gesloer met geld om boorgate in stand te hou wat die drinkwater voorsien!!! Boere van die omgewing het ingegryp en ek kan net hoop dat die toestand intussen verbeter het.
Wat my verder laat dink het: ek was nie eens bewus van hierdie reservaat nie. Skande en ek voel skaam daaroor. Fotos lyk of dit n plek is wat ons sal geniet - miskien vir n naweek of so.
Die ligging het ook my aandag getrek (ok, ek weet nie van padtoestande en veiligheid nie) maar een woordjie staan uit: in die Vorstershoop omgewing naby die Botswanagrens.
Botswana - eerste op my wenslys. My hande is bedags besig, maar verg nie veel konsentrasie nie. So loop die gedagtes..... Tyd dat ek n raamwerk begin saamstel en ook n draad hiervoor. L.w. hierdie gaan seker ons bes-beplande toer wees en geen impulsiewe besluit nie![]()
Rona en Botswana
Ek weet daar is 'n maklike manier deur die internet om beplanning te doen. Ek verkies egter nog boeke, as julle nie die volgende omvattende tydskrifte het nie, probeer dit by die uitgewer bekom;
1] Weg Reisgids 2017/18 BOTSWANA blyplekke, parke en padkaarte, kontaknommers ens . Tuli blok word ook hierin gedek.
2] Weg Reisgids 2016 NAMIBIë 240 blyplekke, kaarte en GPS info
3] Weg nr160 Namibië
Dalk moet jy solank 'n gesprek skep vir die toer van julle.
So verval alles
So verval baie in SA onder die patete in beheer. As ek net paar punte kan uitwys wat afgelope week hier en elders bespreek was. Kyk byvoorbeeld ChrisB se foto's van Krokodilbrug in 1991....kampeer op mooi groen gras. KNP se grondpaaie wat uitdaging raak. Natalse kus wat knaend gevra word waar kan mens swem omdat rou riool in see gestort word. Daagliks word gevra of dit veilig is by n ontspannings oord of is dit veilig om n sekere pad te ry...hordes word afgekeur as onveilig. Ons mense "aanvaar " hierdie verval van land deur te aanvaar om ompaaie te ry net om jou lewe te spaar of om op grond te kamp.
En ek mag dalk weer aangevat word oor my negatiewiteit....nee, ek is nie die enigste nie, daarom die hoog prioriteit by hordes mense om te stem....selfs registrasies word gedoen om elders te kan stem. As alles "normaal" en "aanvaarbaar" was....sou dit nie eers nodig wees om te stem met die doel om huidige te probeer uitskop nie
So verval alles
Daar is darem 'n positiewe kant, naamlik daar was nog nooit voorheen so 'n geweldige saamstaan (gebreke en al) in opposisie geledere en anders-denkendes om die huidige regering uitgeskop te kry nie.
Ongelukkig is daar die hordes (meestal ongeletterdes) in diep-plattelandse areas wat nie eers bewus is van die lang lys mislukkings van die huidige regering nie, wat maar ewe getrou weer vir hulle gaan stem. (In my Zimbabwe dae was dit 'n openlike gebruik van Mugabe om weermag trokke in te span om sakke mieliemeel in die diep platteland gratis te versprei net voor stemdag - en dan stem almal vir ZANU-PF). Ek is van mening dis 'n swakpunt by die teenstaanders van die huidige regering om nie daadwerklik hierdie afgeleë plekke bewus te maak van die lang lys van mislukkings van die ANC nie.
ChrisS, ek sou ook dieslefde…
ChrisS, ek sou ook dieslefde gedoen het. Daai bietjie tyd wat jy wen kan jy gebruik vir karavaan opslaan. Onthou, jou sleepvoertuig het ook minder gewerk op 2 trippies.
Ongelukkig is daar die…
Ongelukkig is daar die hordes (meestal ongeletterdes) in diep-plattelandse areas wat nie eers bewus is van die lang lys mislukkings van die huidige regering nie, wat maar ewe getrou weer vir hulle gaan stem.
Dit is ongelukkig die realiteit. As jy NIKS het en jy word IETS belowe, dan klou jy aan daai bietjie hoop.





Ook maar geskat
Ek het ook maar geskat en toevallig dieselfde syfers as Wessel gebruik. As die aannames reg is, sal ek maar so R84 spaar. Ek sal waarskynlik ook net sowat ‘n uur in elke rigting spaar.
Dit maak egter net nie vir my sin om die kombinasie van Dwarswegstrand af te sleep Worcester toe, net om dit vyf dae later weer Hartenbos toe te sleep nie. Ek gee nie om vir sleep nie, en die Ranger sleep die Kavango baie lekker. Die kombinasie is stabiel en die Kavango laat my toe om mooi agter my te sien sonder verlengde spieels. Maar ek ry nie graag vinniger as 100 werklike spoed met die kombinasie nie, en dit sal lekker wees om te voel hoe ry die Ranger sonder die wa maar met ‘n vol vrag passasiers in die kajuit en negosie in die kappie.