Nee, ek het nie kop verloor nie !
Ek (of eerder ons) het nou geleentheid gehad om die idee vir Mei 2024 te oordink en die volgende besprekings by SANParke is vasgemaak :-
- 28 April : vertrek uit Brackenfell
- 28 & 29 April : Karoo Nasionale Park
- 30 April : Reyneke Park, Bloemfontein
- 1 Mei tot en met 5 Mei : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
- 6 Mei : Malelane satelietkampie
- 7 Mei tot en met 20 Mei : Skukuza
- 21 Mei tot en met 29 Mei Satara
- 30 Mei : Malelane satelietkampie
- 31 Mei tot en met 1 Junie : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
- 2 Junie : Reyneke Park, Bloemfontein
- 3 Junie : Beaufort-wes (iewers in)
- 4 Junie : Tuis
Nou sal my siel seker rus.
Opgedateer 15 Maart 2024
--------------------------------------------------------------------------------------------
I
Exclusive dak was???
Hoekom wil jy die dak was, niemand sonder 'n leer kan daar sien nie.![]()
Trek die wa in die reen, dan kom dit darem effe skoon, wel skoon genoeg vir wildtuin vakansie. Daar gaan dit eers vuil word.
Vuil karavaandak.
Wessel, by Hartenbos is daar verskillende vlakke van kampeer-staanplekke. As jy op die boonste terras staan en jy kyk na die onderste terasse, sien jy verskeie karavane met vuil dakke wat nie gewas word nie. Ek skaam my morsdood ! Al sien niemand my wa se dak nie, ek weet dis netjies skoon. (Jy behoort mos te weet, so met die ouderdom kom eienaardige nukke na vore).
Johann, dis splinternuwe bande wat nog net 4000km afgelê het. Die "mover" motors kan nader of verder van die bande gestel word en Pine Joubert het myne verstel nadat ek nuwe bande opgesit het. Ek vermoed die regterkantste motor het miskien iewat weggeskuif.
Neuskas..
Die Exclusive se neuskas is toe vanoggend uitgepak, netjies gewas en alles weer ordelik teruggepak. Die 19 jarige Firestone spaarwiel het nog nie een tree geloop nie en nog nooit sonlig gesien nie. Dit het feitlik geen lug verloor nie (2500Kpa), maar ek het dit maar gepomp tot by 300Kpa. Ek ken die storie van ou bande, barsies op die loopvlak en aan die kante, maar hierdie band is na deeglike inspeksie ongeskonde gevind. Ek glo die feit dat die band feitlik deurgans in 'n pikdonker plek geberg word, mag dalk 'n positiewe gevolg hê. Omdat die Exclusive tans 4 nuwe bande op het gaan ek 'n kans vat om die Firestone-band as spaarband te hou - veral, sou ek tog 'n papwiel kry, is daar darem nog die ander band aan dieselfde kant wat help om die gewig te dra. So lyk die Firestone-band :-


Len, die groot geheim hier…
Len, die groot geheim hier is dat die band in donker stoorplek geberg was. Moet hom nie nou vervang. Sou daar "dalk" iets langs die pad gebeur, is hierdie wel 'n algemene grootte band wat oral beskikbaar is.
Len...
...dit lyk so goed soos nuut, vir my.
Heel moontlik gaan jy dit nie nodig kry nie, en indien wel, gaan jy elkgeval net ry tot by volgende groot dorp wat 'n bande plek het.
Dis nou plekke soos Laingsburg, Beaufort Wes, Colesberg Bloemfontein en dan baie belangrik, Tom's place.
Dis net jammer dat mens deesdae omtrent al die dorpe mis ry met die N1.
Ek het al by Kroonstad se Shell garage 'n band laat lap/prop. Ek wil nie graag sonder 'n spaar wees nie.
Deesdae het ek darem 2 spaarwiele tussen Grompie en die Kavango, tot 'n pompie byderhand en die "snotstrop" herstel sakkie,
Presies Wessel................
...........daardie 19 jaar oue Firestone band moet net hou tot by die volgende dorp waar ek die papband kan laat herstel of vervang en gegewe ons rit op die nasionale paaie, gaan dit net 'n honderd of twee kilometer wees. En soos Hennie hierbo uitgewys het, daardie is 'n algemene grootte band wat wyd beskikbaar is.
Stem saam, daardie band het…
Stem saam, daardie band het nog nooit "punch" gevat nie en is 100% vir 'n nood wiel.
19 jaar oue "nuwe" band...
As mens nie risiko sensitief is nie, is daai band seker maar reg. Dink wat julle uit die oog verloor is dat die materiaal waaruit die band bestaan oor tyd degradeer...en dit wys nie noodwendig op die oppervlak as krakies nie (en geen son help seker maar die materiaal degradder steeds, selfs in die donker. Onse enjineers is intieme vriende met 'n snaakse Ierse omie, dink hulle noem hom oom Murphy. Ek het prakties geleer om hom te respekteer! Hou ook in gedagte dat wat mens sien deur bloot na die band te kyk 'n statiese prentjie is, maw nie die dinamiese prentjie terwyl hy op die wa loop nie.
Maar die risiko is joune Len....
Hierdie video gee mens 'n idee hoe hard 'n band werk...
Grootwind...
....die video wys eintlik wat ons weet, maar net nooit rerig sien en besef nie. Die geweldige vervorming wat 'n band die hele tyd deurgaan. Dan is die effek van draaie nog nie eers bygevoeg nie.
Dit gee my aansienlik meer respek vir 'n band.
Jis, daai ou kan darem sy hande gewas het, voordat hy daai kar bestuur het. Ek het amper meer vir sy hande as die band gekyk.
Daar is sekerlik 'n risiko verbonde aan die band ter sprake. Hoe berekend dit is, is 'n hele debat. Hou in gedagte, die band gaan nie op die sleepvoertuig gebruik word nie. Tweedens het die Exclusive 4 wiele, wat die risiko van erge skade [ongeluk] aansienlik verminder. As dit delamineer, gaan daar modderskerm skade wees.
Die risiko na my mening is, die omruil van 'n band langs die N1. Dit is BAIE sleg, veral as dit aan regterkant is, met die trokke wat verby donder, en die gepaardgaande rukwind.
Len, in retrospek, veral omdat jy alleen op die pad is, vind eerder uit wat is die goedkoopste nuwe band wat jy kan koop. Dalk is 'n minder bekende nuwe band, 'n beter opsie as daai 19 jarige Firestone.
Wessel, ek gee nie om vir…
Wessel, ek gee nie om vir die ou se hande nie, hy werk mos! Sy video is 'n "quick and nasty" demonstrasie maar dit gee mens darem 'n idee wat 'n band tydens gebruik deurmaak! Ek sal kyk of ek een van my ou kontakte van die korrelbed dae wat raakpunte het met van die wereld se beste materiaalkundiges het, hulle spesialiseer veral in hoë akkurate simulasies. Soos jyself weet doen materiale oor tyd en in verskillende gebruiks en omgewings toestande omstandighede snaakse se goed...ek dink ook die band se rubber verloor oor tyd sy "flexibility" tot 'n mate? Vir interessantheid sien die skakels hieronder wat beskryf watse materiale alles deel vorm van 'n band en ook bevestig dat 'n band degradeer selfs al word dit nie gebruik nie.
Jammer vir die gemengde taal maar Afrikaans bly maar 'n probleem in die tegniese wereld![]()
Fluit-fluit my storie is nou uit...moet weer bietjie iets produktief gaan doen
Dankie manne vir julle.................
.................raad en advies !
wildtuin op horings....
.....neem. Ek is effe dankbaar dat ek nie saam met Len in Kruger gaan wees nie. Ek vermoed ook dat Len omtrent sy besoek gate uit gaan geniet.
Hy berei hom voor vir 'n epiese vakansie, van kosmaak in waaierbraaier, fotografie, en allerhande ander stuitighede.
Johan- Lapskag gaan sukkel om hom te beteuel.![]()
Hi Wessel, jy het dit so…
Hi Wessel, jy het dit so effens verkeerd, ek gaan nie vir Len in toom hou nie. Ons gaan saam woelig wees. Jammer vir die mense wat ook daar staan. Ek gaan by die beste leer.
My studeerkamer (seker eerder 'n "kantoor" want............
...........ek studeer lankal nie meer nie) kyk uit op die binnekant van die Exclusive se garage - ek verkies dit so want ek hou daarvan om hom heeldag te sien. Die nadeel is egter die vergaderde stof sedert hy laas 'n maand gelede gewas is, irriteer my. Ek het toe stilletjies toe Annatjie sit en TV kyk, die leer nader gesleep (ek mag mos eintlik nie daarop klim nie, ek is mos oud), baie versigtig opgeklim en die spulletjie afgespuit, van bo tot onder. Nie gewas nie, maar darem ontslae geraak van die sigbare stof. Nou voel ek sommer beter.
Len.
My Penta word ook na elke kamp binne behoorlik skoon bemaak, maar buite moet ongelukkig wag tot net voor volgende kamp.
Staan onder groot afdak met een kant skadu net en bo "ibr" plate, so stof kom van alle kante af op die ou wa. Voor 'n kamp word die dak gesluit, oral af gepuit met skoon water, dan was en afspuit voor ek dit droog maak.
Toe maak met 'n "rok" gaan nie vir my werk nie, ek is te veel dàar in en om besig, solank ek nog kan.
Om te poleer is nou uit, ek kan nie meer daarmee volhou nie.





Power Touch
More Len, is dit moontlik dat die bande al oud is, baie kilos gedoen, of dalk effens lae druk? (Al lyk dit nog baie goed)
My Penta het dieselfde gedoen, en my dogter se karavaan bande was gedaan van ouderdom, ek sit toe vir my twee nuwe bande op en gee vir haar my twee "ou" bande wat nog baie goed is en redelik nuut.
Daar was die probleem onmidelik op gelos, klaarblyklik was die loopvlak net-net af geloop en het net daai mm gekort om goed teen die mover vas te druk.
Weet nie, dit is dalk iets om na te kyk?