Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -23 minutes ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -24 minutes ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -30 minutes ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -46 minutes ago
Hierdie is natuurlik 'n Toep… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -48 minutes ago
Len Verskoning Johann L -52 minutes ago

Die wildtuin wink alweer

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Môre-oggend hierdie tyd wil ek al bykans agter die Hilux se stuurwiel ingeskuif het. Die grootste deel van die pakkery is klaar. Na vanaand se kant toe moet net die laaste items ingelaai word. My mikpunt is om ongeveer 08:00 te vertrek. Die eerste beplande stop is Aan De Doorns kelder duskant Worcester om bietjie op te "stock" met die noodsaaklike Bolandse voggies - Ralie se voorraad BC Bacchanté (Brandvlei kelder) is klaar gelaai.

'n Lekker "brunch" by Veldskoen padstal in die Hexvallei (waar ook druiwe gekoop sal word), koffie by Laingsburg se Wimpy, stop by Rietfontein padstal naby Leeu-Gamka vir bene-rek en volmaak met diesel by die Engen Truck Stop by Beaufort-Wes is alles deel van môre se beplanning.

Ons wil môre-aand twee van Travalia, waar ons oornag, se braaipakke aanskaf. Dit bestaan gewoonlik uit twee lamstjops, 'n stukkie boerewors, braaibroodjie en aartappelslaai.

So opgewonde soos 'n kind wat vir die eerste keer sirkus toe gaan.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 26/03/2024 - 05:06

Dankie Chris. Vir iemand soos ek wat net 1 keer in Kruger Park was die afgelope 20 jaar, klink dit of julle in "kodes" praat. sad. Die KKK of dan, Kruger Kode Klub.angel

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 26/03/2024 - 06:17

Môre, ek lees soms ook my padkaartboeke,

South Africa Detailes road Atlas, Map studio

Pad Atlas van Suidelike Afrika, Shell.

Laasgenoemde het my maar R8.99 gekos en toon nog die tuislande aan. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 26/03/2024 - 06:22

Môre, die benaminge van riviere, damme ensovoorts het so verander oor die afgelope jare, en omtrent onuitspreekbaar geword. dit is omtrent nog net die ou hoofkampe wat bekende name het. Gelukkig kan ek darem die padnommers verstaanbaar uitspreek. laughLos letters en nommers is verhewe bo die 11 landstale. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 26/03/2024 - 06:25

... ek is maar 'n swak natuurlewe-fotograaf - grootliks a.g.v. die gebrek aan fotografiese toerusting. 'n Eenvoudige selfoon moet dit maar vir my doen. My kleindogter het darem 'n paar mooi foto's en videos met haar "fancy" foon geneem. Sy ry pal saam met my en Ralie in die Hilux, want die MB Vito kan net 8 persone akkommodeer en my reisgeselskap bestaan uit 9 mense. Sy laat oupa kort-kort vorentoe en agtertoe ry vir beter hoeke van foto's. Sy sal haar foto's vir my "forward" sodra ons by die huis is waar daar WiFi is. Sy't hoeka gisteraand die rower (lees: "ratel") op video vasgelê toe hy ons bure wou beroof nadat hulle klaar gaan inkruip het. Terloops, ek het darem vanoggend Satara se inwonende vaalboskat gesien toe hy vroegoggend sy draai kom maak het - 'n mooi dier.

As ek so in die hemelruim opkyk lyk dit asof ons 'n reënlose dag kan verwag. My dogter het gister, nadat ons teruggekeer het vanaf Olifants, gaan klere was by die "laundry" in die karavaanpark. Jissie - die ouens het behoorlik natgereën gister. Plek-plek was dit maar 'n modder-pappery.

Ons kon darem, ten spyte van die ongunstige weer, gisteraand braai. Dit was net Joey's se patties, want dit was "bou jou eie hamburger aand". Vanaand wag daar hopelik lekker sagte en geurige sirloin steaks (as ek my slagter op sy woord kan vat) en môre-aand (ons laaste aand as groep saam) sal Onder-Sabie se Mugg & Bean aangedurf word.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 26/03/2024 - 06:33

Dit was net Joey's se patties, want dit was "bou jou eie hamburger aand". Vanaand wag daar hopelik lekker sagte en geurige sirloin steaks (as ek my slagter op sy woord kan vat)

Wat het die toeriste van die hamburgers gesê. Ek glo ook hulle gaan die steak braaiery geniet.

Geniet julle dag. Dit is maar omweer hier by ons in Roodepoort. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 26/03/2024 - 06:34

Ek het weer 'n paar jaar terug vir my 'n spreivel gemaak waarvan ek 'n afdruk in my KNP-kaartboek hou.  Op die spreivel is al die paaie genommer met 'n verduideliking waar elkeen is.  Dit kom handig te pas as 'n mens op sosiale media lees waar iemand na iets in die Wildtuin verwys.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 26/03/2024 - 07:03

Na aanleiding van Hennie se vraag - ek dink almal was beïndruk met Joey's se patties. My skoonseun het o.a. gevra of ek die patties self gemaak het, want dit is besonders lekker.

Ek wil nou nie 'brag' nie, maar ek het gister 'n kompliment gekry. Ek het Vrydagaand hoender gebraai. Ek 'spice' dit met my eie mengsel en 'baste' dit reg op die end van die braaiproses met Jimmy's se braaisous. Die jongste Noorweër (13 jaar oud) 'vrek' (julle verstaan dit reg nê) oor hoendervlerkies. Hy't gister in die restaurant in Olifants hoendervlerkies bestel, maar was teleurgesteld omdat dit nie naastenby so lekker soos oom Chris s'n geproe het nie. Hy en sy twee susters van 16 en 19 onderskeidelik het gevra of ek weer sal hoender braai, want dit is die lekkerste hoender wat hulle ooit geëet het. Ek moes 'n belofte maak dat eerskomende Maandagaand, wanneer ons weer almal saam in Kleinmond is, vir hulle sal hoender braai.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 26/03/2024 - 07:10

...........fyn "brag" noem : jou opskrif is Joey's se patties en as almal dan lees van die bekende patties, vertel jy hoe oulik braai jy hoender !

Maar aan die ander kant, wat soek jy hierdie tyd op die forum en dus nog in die kamp ? Daar is mos beter dinge om te doen !

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 26/03/2024 - 08:48

... die oukêrel is baie rustig in die wildtuin. Ons is gisteroggend eers na 10:00 hier weg ns Olifants toe. Nou-eers lekker gebrekfis en ek en Ralie gaan nou 'n kort draaitjie ry - met een van ons gunsteling luiperdpaaie, nl tot by die H6-aansluiting en weer terug. My skoonseun en die Noorweërs is al vroeërig hier weg. Ons wag eers vir hulle om terug te keer voordat ons die Gudzanipad gaan aandurf.

Dit is só lekker hier in die kamp. Ek geniet dit om sommer net voëls te kyk en na hulle geluide te luister.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 26/03/2024 - 10:56

.....die H6 aansluiting met wat ?

Gudzani-dam : bestaan dié dam nog.  Dis mos hier rond waar die trop leeus so lief was vir boomklim, nie waar nie ?

Ns.  Ek maak notas in my kaartboek !

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 26/03/2024 - 11:11

... die stukkie pad waarna ek verwys is die gedeelte van die H1-3 tussen die bruggie oor die N'wanetsispruit (suid van die H7/S100-kruising) tot by die H6-aansluiting (die teerpad na N'wanetsi piekniekplek) - m.a.w. die gedeelte van die H1-3 wat langs die N'wanetsispuit loop.

Ons het dit so pas gaan ry - tot by die Sweni-suiping langs die S126. Ons het heelwat kwaggas en kameelperde gesien. Nou-eers weer terug in die kamp. Mens moet mos rus ook.

Ja - die Gudzanidam bestaan nog. Ons het enkele jare gelede 'n groot trop leeus (moes om en by 20 gewees het as ek reg onthou) net noord van Gudzanidam op die S41 gesien.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 26/03/2024 - 12:09

notas!!!! Sal beslis Gudzanidam info onthou. Dis die dam by S100 en S41 aansluiting. 

Nie te verwar met Gudzani-pan by S90 en S41 aansluiting. Dit bestaan vir alle praktiese doeleindes nie meer nie.

0
Pretoria

Geert

Tue, 26/03/2024 - 17:38

S32 by omgewing van Orpen dam is dink ek van die beste plekke om vir luiperd te soek. Ons ry hom altyd as ons vanaf Skukuza, Lower Sabie of Satara Tshokwane besoek. Voor ons Tshokwane besoek ry ons hom....en as ons klaar ge-eet het by Tshokwane dan ry ons hom weer voor ons terugkeer na kamp. Van lower sabie is dir bietjie ver omdat ons nie lief is vir die H10 nie weens min wat ons daar te sien kry. Ry dan H1-2, H12 en H4-1. 

Raak nou baie lus vir die wildtuin

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 26/03/2024 - 21:03

... ek gebruik Vodacom. Ek kry 'n klompie Gig per maand en dit werk vir my perfek hier in Satara.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 28/03/2024 - 17:16

Middag, het julle gaste al die vliegtuig geklim Kaapstad toe? Jy is seker ook al oppad terug, of hoe??

Ek kry nie jou terugkeer program nie, maar ek onthou dat jy na jou kinders en gaste in Kleinmond aankom.

Veilig terugry, seker in jou spore??

Jy kan natuurlik by Bloemfontein met N8 oorspring na Kimberley, dan met N12 af na BWes, slaap sommer by Kambroo oor, dan KarooNP en dan huis. Baie minder trokke.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 28/03/2024 - 20:38

... ja, hulle was al in die Kaap voordat ons in Malelane-kamp aangekom het. Hulle darem vanoggend optyd by Skukuza lughawe weg en ons twee oues van dae het rustig gery tot by die kamp nadat ons eers by Afsaal gelek het en by Malelane-hek gaan inboek het.

Van al 5 kampe waar ons die afgelope 10 dae was, is Malelane ongetwyfeld die netjieste - in alle opsigte. Ek weet dat hierdie kampie nie almal se "cup-of-tea" is nie, maar ek hou van die ou plekkie.

Ons ry môre tot Kroonstad (Lekkeslaap - Kroon Manor) en slaap Saterdagaand weer by Travalia oor. Sondag is dit huistoe - waar die Roemene en Noorweërs reeds Saterdag arriveer na 2 nagte in Kaapstad.

Ek vertrou maat dat die groot trokke op die N1 ook gaan Paasnaweek hou.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 29/03/2024 - 06:02

Julle moet veilig reis.

Ek sien jou spronge is effe gerek, raak maar roekeloos en stoot die Hilux so bietjie tot 110GPS.smiley

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 29/03/2024 - 09:21

Dis nou die probleem as 'n ou voor ander ouens Wildtuin toe wil gaan  -  jou kuier is verby en jy is nou oppad huis toe.  Die ander ouens se besoek aan die Wildtuin begin eers oor 37 dae.

Ek hou van jou terugvoer oor Malelane-kampie.  Danksy jou aanbeveling 'n klompie jare gelede, groei die plekkie ook op ons en word gereeld ingesluit in ons Wildtuin-besoeke.  Ek hou juis daarvan dat talle mense nie van Malelane hou nie want dit maak die kampie net meer eksklusief.

Niks grênd nie, net 'n lekker Wildtuin atmosfeer.

Ns. Ek dink ek begin oud word want ek sukkel deesdae met met is dit 'n "t" of 'n "d" en is dit 'n "v" of 'n "f" ?  Kyk die woord "atmosfeer" hierbo.  Ek moes is eers seker maak in die woordeboek..

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 29/03/2024 - 18:20

Ek sal eersdaags o.a. 'n video clip van Malelane-kamp plaas - sodra ek dit by die huis eers op You Tube kon oplaai. Dit het na gisteraand diep onder my vel ingekruip.

Ek sal ook ander videos plaas. Intussen het ons by 'n baie netjiese Kroon Manor in Kroonstad arriveer, voordat ons môre ons voorlaaste skof aanpak tot by Travalia.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus