Twee van ons tien aande van 21 tot 31 Maart 2024 hier is verby. Dit bly ons gunsteling kus oord vir verskeie redes:
- Dis klein; net 37 staanplekke.
- Dis op ‘n privaatstrand. Glentana en Grootbrak is die naaste openbare strande, en dis min of meer halfpad tussen hulle.
- Dis veilig en kinders kan lekker fietsry en speel.
- Die mense wat hier kampeer is lekker. Geen partytjies nie en teen 22:00 is dit stil behalwe vir die see se geraas. Mense staan ook nie te vroeg op nie.
- Hier is baie dolfyne en voëls.
- Die bestuur het ekstra krane ingesit, en amper elke staan plek het sy eie kraan of een naby genoeg.
Maar ons bly nog regop
Verskoon maar hoe slordig die kampie is. Ons het kinders wat hulle vakansie baie geniet en die opruiming bly soms bietjie agter.


Sjoe ChrisS.....
..............dit lyk lieflik gesellig en baie mooi. Ek kan sien waarom jy so in ekstase is oor dié plek. Geniet nou maar die laaste dag en 'n half voor die oppak begin !
Dronk maar regop
Met plesier Chris, kon net nie die opskrif terug hou nie![]()

Johann.... Ryhuis en tent
...dankie, jy het my voorgespring.
Dit kan seker werk, maar ek vermoed dat Rona en haar man iets meer professioneel wil doen.
Met daardie opstelling is jou voertuig vasgevang, en hoe doen mens nou inkopies en/of wildritte??
Dan maar soos Jeanne en Harry, 'n klein voertuigie saamsleep daarvoor.
Hi Chris, daai maan foto is…
Hi Chris, daai maan foto is mooi hoor. Al die fotos kan jy maar vir Weg instuur.
Soos ek sê moet die oord…
Soos ek sê moet die oord liewers vermy word. Ons moes nou vir vier ure lank die lieflike weer en die strand deel met tot 30 ander mense op die besigste tyd.
Ja, dit is ook hoekom ek vir mense dieselfde sê.
As ek die kombi met toue oor…
As ek die kombi met toue oor die dak opsom, is die mense meer ingerig vir die wildernis. Die seil oor die dak gee n waterdigte verbinding tussen die bussie en die tent wat reg voor die skuifdeur staan. Eenvoudig maar doeltreffend. Lyk soos my tipe oplossing.
Die VW Syncro bussies is puik voertuie, Die Camper ombouings is bitter skaars. Ek sal baie geld vir so bussie betaal,
Wildehont,
dankie vir die foto van jou bure se bussie met afdak soos versoek deur Wessel.
Glo julle kuier nog lekker by die see![]()
Veilig tuis
Ons het vanmiddag veilig tuis gestop so net voor 18:00. Dit was seker ons lekkerste vakansie nog by Dwarswegstrand. Die weer was ons genadig, die dolfyne het ons vreeslik bederf - ons het hulle elke dag klomp keer gesien en ‘n hengse klomp van hulle, ons het ‘n puik staanplek gehad en danksy die afgetredenes se inval van die oord was daar min ander maatjies en kon ons lekker met ons kinders speel. Ek vertel dalk later meer. Nou is ek moeg.
Chris, bly julle is.............
.............veilig tuis en het die wegbreek baie geniet. Ek sien uit na die verdere vertellinge.
Chris, julle het mos sonder…
Chris, julle het mos sonder die wa teruggery huistoe.
Ek moes vir Wessel geluister het
julle het mos sonder die wa teruggery huistoe
Ja, die Kavango staan saam met ‘n paar Exclusives en nog ander waens in ‘n stoor in Mosselbaai. Ek moes dit maar eerder huis toe gebring het, want daar word tans reën voorspel in Hartenbos vir die komende naweek. Indien die vooruitsigte nie verbeter nie, gaan die sportdag gekanselleer word. Dan moet ek ry net om die wa te gaan haal, teen so R2000 se koste net vir die diesel, plus R500 stoorkoste. En ek verloor die verblyf in die E-blok waarvoor ek reeds betaal het.
Salomien gaan jaloers wees
As ek vir haar al daardie pansy “skulpe” wys
Pansy
Ek sou daarvan gehou het om ook so n pansy op te getel het. Ek het hulle wel te koop gesien daar by die geskenk winkel in Hartenbos, maar is nie dieselfde as wat mens dit self opgetel het nie. Soms wonder ek of daai skulpe in die geskenk winkels nie maar "made in china" is nie.....het al ander tipe skulpe hier in Chinese winkels gesien wat nogal "real" lyk
sportdag....
....is darem nog paar dae in toekoms. Dalk speel die weer saam, en dit gaan voort.
Ek het eerlikwaar nie eers aan die weer-faktor gedink toe ek my mening gegee het nie.







En boonop onderstebo
Johann of iemand sal die foto moet regop draai asb. Mens kan nie lekker sien hoe die tent aan die bussie heg nie, maar die seil is sommer met toue oor dit vasgemaak.