Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 minutes ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -14 minutes ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago

Dwarswegstrand bly maar lekker

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Twee van ons tien aande van 21 tot 31 Maart 2024 hier is verby. Dit bly ons gunsteling kus oord vir verskeie redes:

  • Dis klein; net 37 staanplekke.
  • Dis op ‘n privaatstrand. Glentana en Grootbrak is die naaste openbare strande, en dis min of meer halfpad tussen hulle. 
  • Dis veilig en kinders kan lekker fietsry en speel.
  • Die mense wat hier kampeer is lekker. Geen partytjies nie en teen 22:00 is dit stil behalwe vir die see se geraas. Mense staan ook nie te vroeg op nie.
  • Hier is baie dolfyne en voëls.
  • Die bestuur het ekstra krane ingesit, en amper elke staan plek het sy eie kraan of een naby genoeg. 
     

 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 29/03/2024 - 18:36

Johann of iemand sal die foto moet regop draai asb. Mens kan nie lekker sien hoe die tent aan die bussie heg nie, maar die seil is sommer met toue oor dit vasgemaak. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 29/03/2024 - 19:28

Verskoon maar hoe slordig die kampie is. Ons het kinders wat hulle vakansie baie geniet en die opruiming bly soms bietjie agter.

A

B

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 29/03/2024 - 19:44

..............dit lyk lieflik gesellig en baie mooi.  Ek kan sien waarom jy so in ekstase is oor dié plek.  Geniet nou maar die laaste dag en 'n half voor die oppak begin !

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 29/03/2024 - 20:12

Chris, nou wonder ek, het die Coke my tor af gegooi, of maak jy twee vure?

 

 

 

Sien een is mos 'n  bos tv, en een 'n braai vuuryes

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 29/03/2024 - 20:14

...dankie, jy het my voorgespring.

Dit kan seker werk, maar ek vermoed dat Rona en haar man iets meer professioneel wil doen. 

Met daardie opstelling is jou voertuig vasgevang, en hoe doen mens nou inkopies en/of wildritte??

Dan maar soos Jeanne en Harry, 'n klein voertuigie saamsleep daarvoor. 

0
Brackenfell

HennieBo

Sat, 30/03/2024 - 07:30

Soos ek sê moet die oord liewers vermy word. Ons moes nou vir vier ure lank die lieflike weer en die strand deel met tot 30 ander mense op die besigste tyd. 

Ja, dit is ook hoekom ek vir mense dieselfde sê.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 30/03/2024 - 07:35

As ek die kombi met toue oor die dak opsom, is die mense meer ingerig vir die wildernis. Die seil oor die dak gee n waterdigte verbinding tussen die bussie en die tent wat reg voor die skuifdeur staan. Eenvoudig maar doeltreffend.  Lyk soos my tipe oplossing.

Die VW Syncro bussies is puik voertuie, Die Camper ombouings  is bitter skaars. Ek sal baie geld vir so bussie betaal, 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 30/03/2024 - 15:31

dankie vir die foto van jou bure se bussie met afdak soos versoek deur Wessel.

Glo julle kuier nog lekker by die seelaugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 31/03/2024 - 21:11

Ons het vanmiddag veilig tuis gestop so net voor 18:00.  Dit was seker ons lekkerste vakansie nog by Dwarswegstrand. Die weer was ons genadig, die dolfyne het ons vreeslik bederf - ons het hulle elke dag klomp keer gesien en ‘n hengse klomp van hulle, ons het ‘n puik staanplek gehad en danksy die  afgetredenes se inval van die oord was daar min ander maatjies en kon ons lekker met ons kinders speel. Ek vertel dalk later meer. Nou is ek moeg. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 02/04/2024 - 13:48

julle het mos sonder die wa teruggery huistoe

Ja, die Kavango staan saam met ‘n paar Exclusives en nog ander waens in ‘n stoor in Mosselbaai. Ek moes dit maar eerder huis toe gebring het, want daar word tans reën voorspel in Hartenbos vir die komende naweek. Indien die vooruitsigte nie verbeter nie, gaan die sportdag gekanselleer word. Dan moet ek ry net om die wa te gaan haal, teen so R2000 se koste net vir die diesel, plus R500 stoorkoste. En ek verloor die verblyf  in die E-blok waarvoor ek reeds betaal het. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 02/04/2024 - 14:58

Ek sou daarvan gehou het om ook so n pansy op te getel het. Ek het hulle wel te koop gesien daar by die geskenk winkel in Hartenbos, maar is nie dieselfde as wat mens dit self opgetel het nie. Soms wonder ek of daai skulpe in die geskenk winkels nie maar "made in china" is nie.....het al ander tipe skulpe hier in Chinese winkels gesien wat nogal "real" lyk

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 02/04/2024 - 15:58

....is darem nog paar dae in toekoms. Dalk speel die weer saam, en dit gaan voort.

Ek het eerlikwaar nie eers aan die weer-faktor gedink toe ek my mening gegee het nie. 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus