Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert ... Braai met 'n Weber Chris Boucher -10 minutes ago
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -10 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -19 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -20 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -1 day ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago

Diesel kanne

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Het al baie oorweeg om 'n 25 liter kan te kry vir diesel bêre, maar die prys van die kanne is hoog, en wat sal ek daardeur bereik?

Hoeveel diesel moet ek op"spaar" om die prys op te maak, en wat bereik ek werklik daar mee, behalwe om die pyn uit te stel.

Julle mense wat reeds kanne het is gelukkig.

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 11/04/2024 - 11:48

Ek sit met ‘n stuk of vyf metaal jerry kanne maar ek kan nie onthou wanneer laas ek dit gebruik het nie. Mens moet deesdae ‘n nier verkoop om die Prado vol te maak, maar dan kan jy darem so 950km ry as jy sleep. Die Ranger vat darem so 60l minder brandstof as dit leeg is, maar kan darem so 900km ver sleep as albei tenks vol is. Ons sal nie voor my kinders albei 12 is iewers heen sleep waar dit verder is tussen volmaakpunte nie. Tensy die ANC al die diesel opbrand om die ligte aan te hou tot die verkiesing toe…

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 11/04/2024 - 11:57

... 'n klompie jare gelede gekoop toe ons op pad wildtuin toe was en daar 'n verwagte diesel-tekort sou wees. Ek het maar 40 liter diesel saamgery, maar by bykans elke moontlike vulstasie die bakkie laat volmaak. Uiteindelik het ek teruggekeer met my 40 liter diesel, want elke vulstasie het diesel gehad.

Intussen het ek dit een keer weer laat volmaak toe die dieselprys 'n jaar of twee gelede dramaties gestyg het. My seun kon dit ook intussen gebruik toe hy ekstra diesel moes saamry vir 'n hengel-ekskursie by Meobbaai in die Namib-woestyn tussen Lüderitz en Walvisbaai.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/04/2024 - 12:26

Jislaaik maters, Jerry kanne is duur. Ek het gou gekyk na pryse vir die goete, dit wissel tussen R400 tot R1725 vir 'n 20l metaal kan. Ek het gelukkig van die swaardiens metaal kanne saam met woonwa gekry. 

Ek het dit nog nooit gebruik nie. Vanoggend die moeite gedoen om al 4 uit monteerkaste, seiloortreksels uit te haal vir inspeksie en skoonmaak. Ek het dit 6 jaar gelede bekom, en daar was wraggies nog ongeveer 1.5l in die kanne. Die deksels seël dis verstommend dig, dat nie eers in Brits se somer hitte, dit verdamp het nie.

Twee kanne is goed geskud en gespoel tot ek oortuig is dat daar nie "flakes" of aanpaksel, loskom nie, wel verbasend het daar niks tevoorskyn gekom nie.. Ek dink dit is skoon genoeg om daaruit in Grompie te gooi. Goedkoop fyn teesiffie mag dalk in die proses vir gemoedsrus opge-offer word.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 11/04/2024 - 13:28

...............Zimbabwe gebly het, moes ons noodgedwonge altyd brandstof in staalkanne saamry want brandstof was meestal onverkrygbaar.  Die bank waarvoor ek gewerk het , het hul eie brandstof uit Suid-Afrika ingevoer en ek was altyd geholpe, maar natuurlik net in Harare.  Met ons terugkeer Suid-Afrika toe, het ek van die kanne ontslae geraak omdat ek nooit weer aan sulke tye herinner wou word nie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 11/04/2024 - 16:40

Vanoggend petrol vir grassnyer en blaser gaan haal. 2x 5l kannetjies en botteltjie 2--Stroke was amper R300. Maar dit hou darem n rukkie

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 11/04/2024 - 17:29

Het 'n 10 L kan vir die grassnyer, kantsnyer en blaser, dit was 'n noodsaaklike uitgawe. Kan myself egter nog nie oortuig dat  'n kan vir diesel regtig nodig is nie.

Wens iemand wil my oortuigwink

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 11/04/2024 - 19:25

In Nov. 2022 het ons die laaste 3 aande van ons vakansie in Punda Maria geslaap voordat ons by Pafuri-hek sou uitgaan, Messina toe. Kort voor kamp-sluitingstyd het ons by die vulstasie gestop om brandstof vol te maak voor die voldende oggend se trek, net om te hoor dat daar geen diesel beskikbaar is nie. Die petroljoggie verduidelik toe dat die naaste vulstasie buite die wildtuin is by 'n dorpie "not too far". Dit was reeds te laat vir die dag om so 'n rit aan te pak, so het ons vroeg die volgende oggend die pad soontoe aangepak, by Punda-hek uit. Dit was vêr...seker 30km buite die wildtuin en moeilike pad wat ons dan ook weer alpad moes terugry - niks lekker nie! ('n nuwe stasie bietjie nader was in aanbou en kan moontlik nou al klaar wees).

Die tenk van die bussie was so kwart, maar ek ry nie graag met minder as dit nie en was ook nie seker of dit ons op die einde sou bring nie. In so 'n geval sou dit fantasties gewees het om 'n kan diesel te hê, maar voordat ek dit saamry sal ek eerder opvul wanneer die tenk nog half vol is in die toekoms.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus