6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -15 minutes ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago

Terugblik op 'n warrelwindtoer

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ek het onderneem om ‘n bietjie meer inligting oor ons afgelope toertjie na Kgalagadi en Namibië te gee sodra ons terug is by die huis. Ons het Vrydag 3 Mei teruggekeer en gevolglik is ek nou in die skuld. Net ter agtergrond weereens – die aanvanklike gedagte was om slegs die suide van Namibië tydens dié toer te besoek. En hierdie idee het ontstaan nadat Toast Coetzer van Wegsleep-faam aan my ‘n DVD gestuur het van sy en Ernst Grundlingh se “WEG Agterpaaie Namibië” reeks wat op Kyknet gebeeldsend is. Toe ek die wenslikheid van ‘n Namibië-besoek aan my dogter (woonagtig in Roemenië) noem, het sy dadelik gesê dat hulle graag hierdie wonderlike land wil besoek wanneer hulle Suid-Afrika toe kom. Maar in dieselfde asem het sy genoem dat my kleindogter graag “quad bike” wil gaan ry in Walvisbaai se duine. En wat doen ‘n goeie oupa? Hy probeer so ver moontlik sy kleindogter se wense bewaarheid.

Maar so reken ek toe dat i.p.v. direk Namibië toe te ry kan ons mos maar ‘n besoek aan Kgalagadi ook probeer inpas. Ek sou graag ‘n dag of wat langer in Kgalagadi wou vertoef, maar ek kon slegs 2 nagte in Twee Rivieren bekom. Ten einde lang dae op die pad te voorkom het ek besluit om my daaglikse afstande tot om en by 500 km te beperk. En dit het toe tot gevolg gehad dat ons twee oornagpunte gehad het alvorens ons in Twee Rivieren gekom het. En ter wille van lam boude het ek ook beplan om ons daaglikse skofte te beperk tot min of meer ‘n uur en ‘n half tussen stopplekke – ‘n dubbelkajuitbakkie se agter-sitplek is nie juis die gemaklikste vir 3 volwassenes om ‘n lang ruk te sit nie.

 

Daar is besluit dat dit ‘n selfsorg-vakansie sou wees. Dus is alle besprekings in selfsorg-akkommodasie gedoen. En die meeste besprekings is deur Lekkeslaap gedoen – ‘n besprekings-platform wat ek al vir baie jare gebruik. Met die uitsondering van Kgalagadi en twee van die ander oornagplekke wat direk bespreek is, het Lekkeslaap sy naam gestand gedoen. Met al bogenoemde in ag genome is die toertjie beplan en gefinaliseer.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 06/05/2024 - 20:55

Ons het net tot by Calvinia gery. Op Lekkeslaap se webblad het ek op Donkieshoek, ‘n selfsorgplekkie net buite Calvinia afgekom. Die eerste skof van die dag het ons tot by Die Rietdakkie padstal tussen Worcester en Wolseley geneem. Ek het tydens my werkende dae meermale by Rietdakkie vars produkte (veral geelperskes in die somer) gekoop. Dit was ‘n ou klein padstalletjie wat in ‘n rietdakgeboutjie gehuisves was. Maar ‘n bietjie meer as ‘n jaar gelede was ek verbaas om te sien watter netjiese dubbelverdieping gebou daar opgerig is. ‘n Navraag aan die eienaar het bevestig dat hulle nou ook maaltye aanbied, insluitende ontbyt. En was dit nou nie ‘n bakgat ontbyt nie. Een van hulle spesialiteite is roosterkoek – varsgebak op die kole.

video
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 06/05/2024 - 21:13

Na nog twee stoppe (vir piepie en/of koffie) by onderskeidelik Kardoesie Padstal in Piekenierskloofpas en Klawer se Wimpy, het ons die laaste skof van die dag aangepak tot by Calvinia. Min het ons on dink watter frustrasie ons sou beleef aan die voet van die Vanrhynspas wat net enkelbaanverkeer toegelaat het. Na ongeveer 30 minute se wag is ons met n kruipspoed teen die pas uit, maar het gelukkig voor donker by Donkieshoek, op 'n kleinhoewe buite Calvinia, aangekom. Ek vertel met my volgende inset 'n bietjie meer van hierdie skitterende selfsorg akkommodasie-fasiliteit.

Donkieshoek

Donkieshoek

Donkieshoek

Donkieshoek

Donkieshoek

Worcester

Wildehont

Mon, 06/05/2024 - 21:23

Vir die lekker vertelling, foto’s en video (en die bemarking vir ons vallei). Dis darem lekker om ‘n toer so te herleef terwyl mens hier vertel daarvan. 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 07/05/2024 - 12:24

Ek het al baie spreekwoordelike klein juweeltjies deur Lekkeslaap gevind. Donkieshoek was een van die beste daarvan. As ek ooit weer in daardie rigting moet ry, sal ek moeite doen om Donkieshoek as 'n besliste "moet oornagplek" in my reisplan in te sluit.

Ek was verbaas om te sien dat daar ook 5 kampeerplekke is - elkeen met 'n kragpunt. Ek het nie fisies in die ablusiegeriewe gaan loer nie, maar ek het alle rede om te glo dat dit ook netjies sal wees soos die res van die hele Donkieshoek "setup". Puik!!

Die selfsorg-eenheid bied slaapplek vir 6 persone - 'n dubbelbed en 'n enkelbed in elk van die twee en-suite kamers. Synde dat dit Saterdag was, was daar rugby op die TV wat oor 'n volle DSTv-pakket beskik. Ons koste vir Donkieshoek (5 persone) was R1 400 vir die aand.

 

video
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 07/05/2024 - 19:27

en saam toer kan ek net dink dat julle dit gate-uit geniet het, Chris. Ek sê ook sommer hier baie dankie vir al jou One Drive Memories - "doe zo voort".

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 08/05/2024 - 12:51

Nadat ek ook met die eienaar van Die Windpomp in Brandvlei kontak gemaak het om te verneem of hulle op Sondae oop is, was hierdie unieke restaurant ons brekfis-mikpunt. Ons het lekker geëet en die gulhartigheid van die Noord-Kapenaars baie geniet.

Ek het hier weer diesel aangevul voordat die lang stuk pad tot Kenhardt gevolg het. Hier het ons by Oma Miemie aangedoen vir koffie en heerlike vars wortelkoek. Dit is 'n lekker stilhouplek wat verdien om besoek te word. Ek het reeds die foto's op die "Namibië toe" gesprekslyn geplaas. Maar ek plaas 'n kort video van Die Windpomp.

 

video
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 08/05/2024 - 13:06

Na 'n kort stop by Upington se Pick n Pay om sommige voorrade aan te vul, het ons deurgedruk tot Kalahari Guest House en Farm Stall waar ons 'n aangename aand geniet het. Dit is net meer as 50 km noord van Upington, op pad Kgalagadi toe, op 'n werkende Kalahariplaas. Die gasheer en gasvrou, Paul en Riana Loots, is van daardie tipiese gasvrye Noord-Kaap mense. Hulle laat jou behoorlik welkom voel en ons is selfs die volgende oggend afgesien met heerlike moerkoffie en tuisgebakte beskuit waarop Riana eers aangedring het. Hulle bied gerieflike selfsorg akkommodasie aan. Ons koste vir die nag het R2000 beloop (R400 per persoon).

Ek wil nie foto's herhaal wat ek reeds op die "Namibië toe" gesprekslyn geplaas het nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 08/05/2024 - 15:38

Ons het 'n kort skof vanaf Kalahari Guest House gehad tot by Askham. In hierdie klein Kalahari-dorpie is 'n wonderlike klein Coffee Shop, te wete Diamond T (ek onthou dat jy vroeër jare 'n vragmotor met daardie naam gekry het).

Nietemin - hierdie plekkie is die moeite werd om te besoek. Tydens 'n vorige besoek (2018) het ons die heerlikste mini-melktertjies hier geëet. Hierdie keer het ons 'n properse brekfis geniet. Tops!

Askham

Askham

Ek het die volgende daar gesien. Ek reken daar steek groot waarheid in die laaste sin.

Askham

En toe het die laaste stukkie pad voorgelê tot Twee Rivieren. Die opwinding was groot om weer 'n keer in hierdie Kalahari-hemel te kon bly - ons het in 2007 laas in die park self gebly.

Kgalagadi

Ons wou graag langer bly - in o.a. Mata Mata, maar kon slegs die twee aande in Twee Rivieren blyplek kry vir 5 persone, naamlik in 'n "Family Chalet".

Van buite vertoon Twee Rivieren se wooneenhede nogal treffend met hul unieke boustyl. Maar as jy reken hoeveel jy betaal (R2 421 per nag) en die geriewe wat jy daarvoor kry, laat dit nogal veel te wense oor.

Kgalagadi

Die kombuis is maar karig toegerus vir selfsorg doeleindes en as jy in ag neem hoeveel minder ons betaal het vir plekke met goed-versorgde alledaagse dingetjies, dan steek Twee Rivieren se eenhede sleg af. Laat my nie verder uitbrei nie, maar inderwaarheid is dit 'n skande. Maar waarom sal jy jou verwerdig om die gewone dinge in stand te hou as die aanvraag so groot is. Dit wys mos vir die mense in beheer dat die plek populêr is - so biedêm met die res.

Gelukkig braai ek nie met hout nie - en jy mag nie hout in die park inbring nie. Maar die winkel in Twee Rivieren het geen hout of brikette gehad nie. Ek dink Twee Rivieren, alhoewel netjies op die oog af, is sommer vrotsig - waarskynlik weer toe te skryf aan die kampbestuur.

Maar dit help nie om jou siel op hierdie kleinighede te versondig nie. Ons het besluit om die beste daarvan te maak en het die kuier steeds geniet - die hitte te spyt (gelukkig het die lugreëlaars doeltreffend gewerk.

Ons eenheid was die een verste suid - reg bokant die kampeerterrein.

Kgalagadi

Kgalagadi

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 08/05/2024 - 18:53

Verlede jaar met ons besoek daar 2 keer vir 2 aande in die Chalets oornag.  Het nou vir Von gevra wat haar gepla het, en sy het geantwoord dat die kombuisie nie werk nie. Toonbank spasie is baie min, en die moet gedeel word met n ketel, toaster en mikrogolf.  Die res van ons Chalet was skoon en netjies.

Ons was weer op die heel ander kant amper naby die staff village, wat terloops nie gepla het nie. Bonus was kort afstand vanaf die watergat " hide". So ons het snags lekker daar kon sit en sterre kyk.

Die foto is van die watergat in die nag.

Sterre

Worcester

Wildehont

Wed, 08/05/2024 - 20:20

Ons het nog net kampeer by TR. Ek is nie mal daaroor nie. Dis vir my hoogstens ‘n plek om aan te land. Dis regtig duur vir die hut, en as dit boonop swak onderhou word steek dit mens dwars in die krop. Maar Kgalagadi bly ‘n besonderse plek om te besoek. As ons gespaar word sal ons weer daarheen wil gaan, maar dit moet lank vooruit beplan word. Anders kry mens nie die plek wat jy wil hê nie. 
 

Ek het ook nog nie in Mata-Mata se hutte geslaap nie, maar wel een keer in Nossob s’n. Dit het my nie regtig beïndruk nie. Maar oud en verbeeldingloos. 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 11/05/2024 - 18:29

... om so gou moontlik by my terugvoering uit te kom. Eerstens vat dit nogal baie tyd om die video clips op You Tube te laai voordat ek dit hier kan oplaai. En wanneer my ver kinders tuis is wil ek nie te veel tyd aan ander dinge spandeer nie. En gister was ek heeldag in Hermanus tydens my Hilux se 50 000 diens.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 12/05/2024 - 17:21

As ek reg onthou was dit die sewende keer wat ons in Kgalagadi gebly het. Inderwaarheid my agste besoek, maar die vorige keer (2018) was slegs 'n dagbesoek toe ons by Kgalagadi Lyfestyle Lodge oorgebly het.

Die twee nagte in Twee Rivieren was ook die kortste tyd wat ons nog in die park gebly het. Gevolglik is ek nie heeltemal objektief in my beoordeling teenoor vorige kere in die park nie, maar wat wild aanbetref was dit die minste wat ons ooit gesien het. Behalwe vir twee redelike mooi troppies springbokke, meer rooihartbeeste as ooit voorheen en die normale gemsbok "sightings" was die ander wild maar skaars. Ons het min blouwildebeeste gesien en met die uitsondering van rooijakkalse, geen roofdiere gesien nie. Die hoogste wat ons noord gery het was tot by Melkvlei piekniekplek. Die Nossobrivierbedding het nog geredelik wild opgelewer, maar wild in die Auob was bitter min. Ons het egter pragtige voëlbesigtigings gehad en die volstruise het 'n goeie broeiseisoen beleef. Roofarende was kort-kort te sien, maar vir die eerste keer het ek nie 'n enkele berghaan gesien nie.

Die paaie was baie beter as waarvoor ek my reggemaak het. Die Auob was al voorheen in skrikwekkende sinkplaat-toestand, maar was hierdie keer baie aanvaarbaar. Slegs die kort duinepad was plek-plek baie sleg.

 

 

video
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 12/05/2024 - 21:13

... nee, 'n koringvoël is 'n "sparrow weaver. Hulle maak hulle neste (met twee ingange) sommer so laag in die bome. Ek '"love" hulle. Die "communal weavers" is die versamelvoëls met hul reuse kommunale neste.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus