Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
VETO stem November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -11 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -14 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -19 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -19 hours ago

Strydoms se SANPARKE toer

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

Ons finale toerprogram en datums is as volg;

Aldam oorslaap--------5 Mei

Mokala NP--------------6 tot 11 Mei

Karoo NP---------------11 Mei tot 16 Mei

Camdeboo NP----------16 Mei tot 22 Mei

Bergkwagga NP---------22 Mei tot 27 Mei

Aldam oorslaap----------27 Mei

Tuis------------------------28 Mei 

 

 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/05/2024 - 06:59

Ons geniet die wildtuin en kampterrein. Die veld is groen en ruig, maar met oop dele. Mens sien omtrent konstant diere, en ons het al gekry---gemsbokke en springbokke natuurlik. Dan ook baster gemsbokke, 'n swart springbok, renosters, buffels, kameelperde en die sonder streep sebras.  Periodiek kom drink koedoes, rooi hartbeeste en sy halfbroer tsessebe water voor die woonwa. Nog nie die elande mooi te siene gekry nie.

Mense, dis 'n bederf om eie stort/toilet te hê.Stort lekker groot met uitleg sodanig dat klere ensovoorts droog bly.

Ek het my totaal misgis  met park se grootte, dit is klein, en ek sal met besemstok darem vandag een jerrykan diesel kan ingooi. 

Die hoofpad tussen Lillydale en Mosu is in goeie toestand, ry vir grootste deel so glad soos bababoud. Die kleinere wildroetes is heel begaanbaar vir Grompie, en soms moes ek deurkruip, maar niks wat trokkie nie kan hanteer nie.

Mokala het tot hede slegs 1 nadeel, dis vêr van Brits af.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 09/05/2024 - 07:20

Baie goed om te sien julle geniet ook Mokala, ons het die park ook geniet, die grondpad was baie goed toe ons 2019 daar was, maar ek is maar skrikkerig vir grondpaaie so ver met 'n padwa.

Is al die roetes oop in die park? 

Groot dele was gesluit agv vloed skade in 2019 en ons moes tevrede wees met die beperkte roetes, steeds die moeite werd gewees.

Die personeel was natuurlik ook baie behulpsaam en vriendelik.

Geniet jul verblyf in daai juweel van 'n park.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 09/05/2024 - 08:27

maar ek is maar skrikkerig vir grondpaaie so ver met 'n padwa.

Toestand van grondpaaie kan drasties vinnig verander, al gesien by Dinokeng....die pad word seepglad die Vrydag oggend geskraap, teen Sondag weer nag. 

Ons het in Mokala as opsie oorweeg om tydens afgelope Desember af Kaap toe oor te staan. Tydens navraag op n forum en facebook het 90% gesê die pad is uiters vrot.....en sommige was bewys met foto's. Hulle het seker intussen aandag aan pad gegee aangesien dit vir my voorgekom het dat die slegte pad die hoeveelheid besoekers erg negatief beinvloed het.

Of miskien kom Wessel dit nie eers agter met sy 4x4 karavaan nie?laugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 09/05/2024 - 13:15

Ou Jurgie onder die afdak uit waar dit nou al twee jaar staan. Gewas, tyres gepomp, wiele eers so draai gegee voordat dit laak sak is. 

Ouma het al vroeër on die week haar groceries begin bymekaarsit. Vandag is sy dorp toe vir inkopies, sy was ń maand gelede in die dorp. Gevolglik is die hele trip se brandstofgeld gespaar daardeur !

Die naweek rustig inpak, sien regtig uit na die Park, dit is glo lowergroen. Gaan lekker wees om weer met Wessel en Marie te gesels, en hom uit te vra na sy werk. Vêr bokant my begrip, maar werklik fasinerend

Inpak.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/05/2024 - 19:29

 

geniet steeds die park, sommige van die kleiner sirkel roetes se paaie is kolkol slegs verspoel. Al die roetes is wel oop vir verkeer.

Nog elke aand is al 6 plekke beset. Almal rustige grootmense, dus is alles kalm en gedemp. Gisteraand tuisskolers langs ons gehad, en ook geen probleem met lawaai.

Vandag het groot ou skilpad kom water drink voor woonwa. Hy druk omtrent sy hele kop onderwater en dan suip hy omtrent 'n air locklaugh

Chris S-- bure seg die pad van Kimberley tot Klerksdorp is in goeie toestand.

Ek sal beslis sodra ons goeie sein interne sein het, fotos laai. 

 

Herman--- dis nou min dae, dan gaan ons kuier.!!!! Ek sal my staal vir daai spesiale voggies in die flessie wat saamkom. 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 09/05/2024 - 20:24

Dankie vir die terugvoer en die padverslag. Ek sou graag Mokala wou besoek, maar sal dan tyd in die Kruger wildtuin moet opoffer. Dis ook te ver vir ‘n toer net daarheen. Dalk as die kinders eendag in Kimberley moet sport speel…

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 09/05/2024 - 21:14

en dat julle Mokala ook geniet. Sien uit na jou foto's wanneer jy weer genoeg sein het - die skilad was seker groot vermaak. 'n Mooi Kameeldoringboom foto miskien...

Geniet die kuier verder.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/05/2024 - 08:04

Gegroet hier uit die Karoo. Blykbaar spesiaal vir my, n koue vlaag wat hier heers van gister af. 

Vanoggend wakker geword met ' n leeu gebrul, mens sal sweer hy weet neef Herman arriveer vandag met ingelegde leeuballetjies. Gister se wildrit het weens koue en windjie nie veel wild opgelewer nie. Ons het darem pragtige eland gesien, paar springbokke, sebras en min skaam gemsbokke.

Veld is mooi groen, en dit wil voorkom of dit onlangs gereen het.

Gooi toe ewe windgat  die 1ste kan diesel by Mokala in. Glip die verdomde plastiek tuit af, af in Grompie se keelgat. Wat 'n gesukkel om dit te herwin. Sal nie weer daarmee gooi nie.

Weens swak sein sal ek maar vanaf huis die foto bewyse laai.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 13/05/2024 - 08:11

Bly julle is veilig daar in afwagting van die groot gekuier. Grompie se probleem keelgat : moet nou nie vanaand dat daar fout kom by jou en Herman se keelgate vanaand nie.

Julle vaar beter as ons met die hoor van 'n leeubrul.

Geniet julle kuier,

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 13/05/2024 - 08:18

"Glip die verdomde plastiek tuit af, af in Grompie se keelgat."

Dis hoekom kern fisici so gevaarlik is in die enjineering wêreld. devil Wonder mos nou hoeveel goed Wessel in die SAFARI 1 reaktor daar op Pelindaba se "keelgat" laat afgly het, heeltemal per ongeluk natuurliklaugh 

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 13/05/2024 - 08:32

Glip die verdomde plastiek tuit af, af in Grompie se keelgat.

Dis nou ‘n gatslag. Mens kry ‘n tuit was vasklamp aan die jerry kan se bek waarmee dit nie sal gebeur nie. Maar een van die tregters wat so konsertina tuit het sodat dit regop gehou kan word is waarskynlik goedkoper. Die beste opsie is ‘n suigpyp (siphon pipe) wat self prime. Dit het ‘n “albaster” in wat die suigwerk doen terwyl jy die pyp op en af pomp met die hand in die kan. Sodra die brandstof vloei moet jy net die pyp se punt naby aan die bodem van die kan hou sodat dit nie lug suig nie. En hoër as die punt wat in die voertuig se keelgat is. 
A

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 13/05/2024 - 08:50

Jy is tans in een van my gunsteling plekke in hierdie mooi land van ons. Jy en Neef moet dit geniet.

Op watter staanplek kamp julle?

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/05/2024 - 16:57

 

 

Ons staan op nr 5, oorkant die kombuis. Herman was baie gelukkig, toe Jurgie inrol is nr 3 oop. Hulle 2de keuse in park, lekker afgesonder in hoek.Naby genoeg om later vanaand die leeuloop te doen tussen die waens.

Ek het juis die metaaltuit gekoop, wat klamp aan kan. Dit het ook so 'n 150mm buigbare plastiek stuk pyp aan. Dis wat afgegly het in Grompie se inlaatpyp.

Grootwind: baie goedjies in Safari laat ingly. Hetsy in die kern, of langsaan in die poel. beste was 'n 5 karaat helder vlekkeloos diamant. Ongelukkig te lank bestraal en kom tor steenkool swart uit. Boere wetenskaplike maak toe 'n plan, gebaseer op eie teorie. Gloei dit beheerd uit in 'n oond, en die mooiste helder groen steen verskyn. Teorie bewys en klient baie gelukkig. 

Vanaand is dit wilde ete, leeuballetjies, skilpaaie en Muratie se Pinot Noir. Na die Karoo kuier sal Grompie ligter op diesel wees, nadat die jukskeie verbruik is. Nogal 'n swaar wynlaugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 13/05/2024 - 17:51

Ons het tussen Kersfees en nuwe jaar op 3 gestaan....is n heerlike staanplek, kan dit lekker privaat inrig. 

Lekker kuier julle!

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 13/05/2024 - 22:17

hoe die aand in die Karoo Nasionale Park afgeloop het en hoop dat daar 'n video van die leeuloop ook sal weeslaugh

Bly om te hoor dat Neef Herman veilig gery het. Geniet die kuier in die park! 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 14/05/2024 - 05:58

Môre maters. Het ons lekker gekuier!! . Wessel se Muratie Pinot Noir is net die regte wyn saam die leeuballetjies en sklipadjies. Wessel het die braaiwerk  gedoen, het hom mooi gevra, hy kán die lekkernye perfek voorberei. 

Gister op pad, so 50km voor Beaufort Wes, op die lang stuk pad tussen Klaarstroop en Beaufort, spring ń Rooibok ram hier voor ons in. Gelukkig het ek dit gesien aankom en fris gerem. Hy is oor die  pad, seil oor die draad, die Groot Karoo in. Arme ding het êrens uitgekom. Kort daarna Kudu ook gesien, darem anderkant die heining, wat verseker nie hom gaan keer nie. 

Tussen die ingangshek en ontvangs baie wild gekry, die park is welig begroei, wild blinkvet. Gisteraand Leeu hoor brul, en die jakkalse geroep. Pragtig. 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 14/05/2024 - 06:41

Ek kuier in my kop saam. Ek sien presies waar julle staan op no's 3 & 5. Ekself sal eers weer die vakansie-spaarvarkie moet vet voer voordat ek weer daar kom.

Geniet dit.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 14/05/2024 - 06:46

Karoo

Ek wetie of Wessel vanoggend weer daardie babelaas-kyk gaan hê nie. Op die foto het dit gelyk of hy nie die kamera in die oog kon kyk nie.

Vier van die vyf ou herfsblare kamp tans  - en nogals so twee-twee saam. Twee van hulle saam in Karoo en twee saam in Skukuza. Maar die arme vyfde ou donner sit by die huis

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus