Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -7 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -10 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -15 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -21 hours ago

Strydoms se SANPARKE toer

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

Ons finale toerprogram en datums is as volg;

Aldam oorslaap--------5 Mei

Mokala NP--------------6 tot 11 Mei

Karoo NP---------------11 Mei tot 16 Mei

Camdeboo NP----------16 Mei tot 22 Mei

Bergkwagga NP---------22 Mei tot 27 Mei

Aldam oorslaap----------27 Mei

Tuis------------------------28 Mei 

 

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/05/2024 - 06:59

.....toe die jukskei die leeuballetjie ontmoet. Mensig mense, was dit 'n heerlike ontmoeting en kuier!!!! Ons het nie eers oor politiek gesels nie. Neef het 'n vuur gestook, en gaan terugsit, my heuning om die bek esmeer met allerhande braai komplimente, en toe braai ons.

Kyk mense, julle kan nie dink wat uit daai Jurgie getower word nie. Ek het 1 balletjie oorleef, ok maar net omdat die water kraan naby was. Ek moes omtrent 'n airlock trek om te oorleeflaugh

Ons het so gekuier dat daar nie tyd was vir 'n foto sessie nie, maar ek sal probeer om vandag fotos te neem.

Gelukkig geen babelaas, maar reeds baie vroeg aandag aan voedselverwerking spandeer.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/05/2024 - 07:12

Dalk kan ek foto van Mokala gelaai kry

kamp

Suiping voor die 6 staanplekke by Mokala

gat

re

Sommer foto van 1ste aand by Aldam

al

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/05/2024 - 19:15

Weer wild gesoek vandag, sebras, gemsbokke springbokke ribbokke, en valkies gekry.

Spesiaal vir Chris B;

berg

bok

valk

e

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/05/2024 - 19:22

Sommer nog paar fotos uit Mokala.

Bastergemsbok wat by pyp water drink

gemsbok

Let op die witgat sebra

k

buffels

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 14/05/2024 - 19:25

Verlede jaar ń Vlakvarkie gekry. Hulle is ongewenste gaste in die Park. Vandag tweetjies gekry baie naby dieselfde plek. Gaan vir niemand vertel nie, dan word hulle geskiet. Glo sondebokke met gate onderdeur heinings te grawe.

Karoo Korhaan paar gekry. Dop gehou, en word beloon met hulle amper " padda kwaak" samesang..

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 14/05/2024 - 19:40

Ek beleef julle Karoo-kuier in my gedagtes.

Tydens een van ons laaste besoeke het ons ook (ek dink dit was drie) vlakvarke tussen die hek en Lammertjieleegte-afdraai gekry. Ek was verbaas en vir Armond gevra of daar nou vlakvarke in die park is. Hy't my toe vertel dat hulle eintlik onwelkome besoekers is, maar dat hulle pal in 'n area gesien word waar toeriste kom en gevolglik kan daar nie geskiet word nie.

Dankie Wessel - ek waardeer jou foto's.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 16/05/2024 - 17:29

Wessel het laat weet hulle het 12uur by Camdebo aangekom. Hy sal seker verslag lewer sodra hulle kamp gemaak het. Dit mag dalk so twee tot 3 dae duur, die kamp staan maak.

Kyk.. daai man weet van beplan vir onvoorsienigheid. 3 verskillende braaiers ek dink net so baie gasbottels, tuinslange spitgrawe, gumboots... so wat het ek wragties nog nooit gesien nie. Die bak van die dubbelkajuit is stokstyf gestop.devil

Gisteraand was ń groot kuier. Armond en sy familie het by ons aangesluit. Wat ń voorreg om jong vriende te hê. Gesels openlik, lag lekker saam die stories wat Wessel vertel het, en deel hul lief en leed met ons. 

Nou moet ek erken Wessel. Die spice op jou varktjops is Poruguese chicken, en het se effense brand. wink Wees nou eerlik en erken jy het dit geniet, wel als is opgeeet!! Dalk het sy Kwv Cabernet die wange effe lam gemaak. Kom hy uit met seker twintig betekenisse van kwv afkorting.

Ons vat môre die pad terug. Was regtig ń lekker tydjie hier.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/05/2024 - 19:36

Naand vriende, soos Herman noem was gisteraand een van daai aande wat mens kwalik sal vergeet. Vir wat dir werd is, die bewyse

jurgie

vuur

Dan natuurlik het Herman die 30% van leeus gekry, my laat weet en ons gooi wasgoed neer, en laat waai.

le

 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 16/05/2024 - 19:41

... op die slimfoon verder vergroot nie. Is dit Neef wat daar in die agtergrond langs die vuur soos sy profiel avatar probeer lyk? 🥺 Ek sien net twee grys bolle baard aan die kante van die gesig.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/05/2024 - 19:44

Onns is in genoemde park. Woonwa park is in sirkels uitgelê, mens is nie bewus van bure nie. Staanplekke is effe knap, en gegruis.

staan

Môre sal ons park verken en dorp. Blykbaar is hier van more af een of ander jag fees, en bier ook.

Kom , jong man my verby met LR Discovery, 4 wiel perdewa met 4 perde. Net so 2 minute later ispad vol bande brokstukke, sien net remligte, regterwiel[e] net totaal weg. Gelukkig so 5km voor Graaff Reinet waar dit gebeur het. 

 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/05/2024 - 19:52

.... is inderdaad neef Herman. Marie en Yvonne het weens die jukskeie in die slag gebly.

Ek kon nie kamera flash maak werk nie, dus was ander fotos sleg onder belig

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 16/05/2024 - 20:01

Nie " wol wange nie!!" ń Vol baard asb. Synde die hare in die slag gebly het, groei neef nou maar weer die baard vir ń keer. Die winter in ons omgewing is bitter, en so " home grown" neck warmer kan ek aanbeveel. Maak my dalk so effe ouer as die ouderdomsjare lyk, maar tog trek dit aandag devil

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 16/05/2024 - 20:18

Het daardie ou met die wolwange ooit 'n broek aan ? Lyk nie so nie.  Indien nie, lyk dit of hy 'n swart mini-rok aan het !

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 16/05/2024 - 20:56

... ek wou dit noem (lyk of ou wolwange sonder broek staan), maar die ou het darem maniere (soos ek hom leer ken het).

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 16/05/2024 - 21:09

Dan natuurlik het Herman die 30% van leeus gekry, my laat weet en ons gooi wasgoed neer, en laat waai.

Sjoe,  dis pragtige leeus. Was hulle naby aan kamp? Klink so as Herman nog sein gehad het om julle te laat weet 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 17/05/2024 - 07:51

Wessel jy moet..........................................deel want die Parke wat jy nou besoek is onbekend vir ons en sal dit beslis wil besoek. 

Bly julle geniet dit.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/05/2024 - 13:19

Besoek aan genoemde vallei het gewen. Mens moet na ander kant van dorp gaan om by 2de deel van Camdebo in te gaan . Die dorp was ingelig dat ek in residensie is, dis net baniere, vuvuzelas en straat danse, te verwelkoming, laugh en dan is naweek van wynproe aan die gang. Elke straathoek is beset deur 'n landgoed. R450 per proeglas vir die naweek. 

Om die vallei in beeld te vang, is onmoontlik, maar geniet die volgende;

b1

b2

b3

b4

bo

 

 Ablusie is klein skoon en warmwater, maar KarooNP is nog 1ste prys. Hier ontbreek 'n glas deur tussen stort en aantrekgedeelte.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus