Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Verskoning Geert -25 minutes ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Tesla as sleep voertuig Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Geert, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Hallo Len Verskoning Rona du Plessis -1 hour ago

Lapskag se Krugerwildtuin kuier toer

Jeffreys baai
Submitted by Lapskag on
Forums

Goeie dag julle almal wat nie saam op toer is nie, maar wat ook iewers 'n beurt gehad het of dalk weer ene gaan kry. Met die wat Len en Chris so baie gespog het om te kom toer het ek en Nellie ook die gier gekry om saam te kom toer en het toe ook so bespreek om op 'n paar plekker te kan kom kamp. Met die doel om vir Len en Chris Boucher raak te kamp. 

Ons het toe bespreek en begin by ;

Malelane hek die 6de (reeds verby en kuier oor 'n wyntjie saam Len en Anetjie)

Berg en dal van 7Mei tot 12de

Skukuza van 12 Mei tot 19de

Onder Sabie van 19 Mei tot 24ste

Krokodil brug van 24ste tot 1ste Junie

Ons sal saam Len hulle kuier op Skukuza en wou saam Chris hulle kuier op Onder Sabie, maar toe kry die ver kinders voorkeur (wat reg is) en ons gaan nou maar alleen daar kuier. In Krokodil brug sal ons saam met swaer van Mosambiek kuier en hoop om dalkies 'n vissie te braai.

So hier is ons program vir die volgende paar dae en sal probeer om fotos by te sit sodra geneem is.

Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 16/05/2024 - 07:29

Daai geitjie lyk soos iets uit 'n jelly bean pakkie. Daai laaste kameelperd het net een horing op sy kop en dit lyk asof die regter kant se ene seer gekry het en daar sit net 'n knoets. Hy was seker in 'n geveg betrokke met Dicus. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 16/05/2024 - 09:08

Ek wil ook nie afbreek doen aan die lekker gesprekslyn en pragtige foto’s wat gedeel word nie. Ek moet net ‘n tikfout regstel, daar is nie swart wildebeeste in die Krugerwildtuin nie. Dis ‘n hoëveld spesie. Hulle horings krul vorentoe, terwyl die blou wildebees (wat vir my ‘n pragtige en unieke bok is) se horings kante toe krul meer soos ‘n buffel s‘n. Hier is ‘n foto van ‘n swart wildebees. Vergelyk dit met die foto van ‘n blou wildebees op die vorige bladsy van die gesprekslyn.

Geniet die toer en hou aan om ons jaloers te maak asb Mnr Lapskag!

 

Swart wildebees

0
Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 16/05/2024 - 09:38

Ag baie dankie Chris Wildehont vir die reg stelling, was gister aand half aan die slaap en toe verkeerd getik. Maar een ding was reg, dit is 'n wildebees wink

0
Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 16/05/2024 - 20:17

Goeie dag al die kamp vrinne, ons kuier nog lekker hier op Skukuza saam die Loaders en is ook 'n groot voorreg vir ons om by hulle te leer. Alhoewel ons elke dag in verskillende rigtings ry en terug kom, kuier ons laat middag en vroeg aand lekker. Soos belowe het ons darem al n wyntjie of 6 seergemaak in die paar dae. Ons het Tshokwane se rigting gery vandag maar is 'n teleurstellend pad en plek vir ons, min diere gesien en baie gekoets vir die bosse langs die pad wat amper in die teerpad al groei. Ook 'n draai gemaak by Lake Panic, nie 'n slagte plakkie om te gaan sit en voëls kyk nie en die ryer met een been gesien. Is die ander ene dalk af of net weggesteek.

Hier is so n paar fotos vir vandag;

Ekskuus vir die kleur van die fotos wat verskil maar is maar soos die son (lig) geskyn en geval het.Ek mik en druk ook maar nog en het nie 'n kanon zoom lens nie. Probeer ook maar net.

 

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 17/05/2024 - 07:22

Dankie vir die mooi fotos, ek geniet elke inset hier, soos ek op Len se draad gesê het, ek lees alles, maar tyd om te sit en reageer ontbreek.

Geniet elke oomblik daar, tyd in die wildtuin is soos 'n vet gesmeerde weerlig.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 17/05/2024 - 07:45

Dit is met heimwee..........................................dat ek die verslae oor Kruger lees. Ons was bevoorreg om elke jaar die Kruger te besoek maar die koste om dit nou te doen is baie hoog. 

Julle moet dit geniet en is dankbaar dat julle dit met ons  deel. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 17/05/2024 - 16:32

Hierdie is vir Wessel geneem vandag en klein grootvoet sê hy wag vir oom Wessel om te kom kuier. Ou groot voet stuur solank groete vir die oom met die lap hoedjie.

'

'

'

 

 

0
Pretoria

Geert

Fri, 17/05/2024 - 17:07

Nadat ons paar jaar terug n noue ontkoming gehad het met olifante, is ons ook nie baie lief om hulle te gewaar nie.....veral nie in die pad nie. Tog het ons hulle baie geniet onlangs by Addo, maar daar is hulle rustiger. 

Dis nog n voordeel van Karoo Nasionale Park {vir ons}.....geen Olifante nie

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/05/2024 - 19:18

Naand vriend, sê vir daai klein pyn in die gat, en sy se mamma, hulle se blakers. Ek gaan soos ek KNP inkom, my laphoedjie wegsteek en kaalkop ry.

Ek wil hulle op so 50m afstand sien, veld in, nie pad af nie.

Des nieteenstande, jy neem baie mooi fotos en julle sien besonderse diere.

0
Worcester

Wildehont

Sat, 18/05/2024 - 08:03

Ons kinders klassifiseer olifant kalfies as volg:

  • Tot en met hulle tande buite begin groei (maw so 18 maande vir ‘n bulletjie en 20 maande vir ‘n koeitjie) word ‘n Slurpie genoem. 
  • Vandat die tande buite begin groei tot so 4 jaar oud word ‘n Trompettertjie genoem. 

Ons kyk baie graag na olifante en stop lank by hulle en skakel af sodat ons hulle nie pls nie en alles wat hulle doen kan dophou. Dit lyk of die olifant op die eerste twee foto’s hier bo ‘n helse stomp tussen slurp en tand vashou. Hulle is darem maar vrek sterk. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sat, 18/05/2024 - 16:01

Hallo julle, het toe nie gisteraand by fotos laai uit gekom nie, was te besig met steak braai en wat met dit saam gaan. Natuurlik eet ons not elke aand vrugte slaai met room en vla. Klaar lekker rond om die heupe.

Hier is 'n paar fotos van gister se rond rits;

Ek sien die ou buffel het albei sy horings aan die kant verloor, geveg was seker baie rof gewees

 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sat, 18/05/2024 - 16:30

Hier is vandag, Saterdag se paar fotos. Nie 'n groot verskeidenheid nie maar so ietsie anders. Ons kon darem die vis arend kry, 'n trop olifante wat in die rivier bedding gerol het met die kleintjies en dan sommer weer net varkies en rooi bokke. Dan het ons daai 2 klein kameel perde ook raak geloop vandag. Maar so het ons dan ook aan die einde gekom van ons kuier hier op Skukuza en het van middag klaar tent afgeslaan on bykans alles weg gepak vir Sondag oggend se vertrek na Onder Sabie vir die volgende paar dae.

So 'n paar fotos vir die wat op die stoep sit en vir die ander ook. Oja, Rona hier is vir jou 'n boompie ook.

Chris S help met die slang asb, is dit n mol slang of wat.

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 18/05/2024 - 16:54

... dit lyk vir my soos Schlegel se blindeslang. Hulle leef inderwaarheid diep ondergronds en jy is baie gelukkig om een te sien.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 18/05/2024 - 21:45

as my oë my nie bedrieg nie. Ook een van die mooi Akasia's, al claim die Aussies nou die naam. Gelukkig het ons mooi Afrikaanse name vir ons bome.

Oor die algemeen is ek gaande oor inheemse bome en kan maklik 'n tree hugger word - in die wildtuin gaan dit net 'n bietjie lol.

Dankie vir hierdie een, Lapskag!

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sun, 19/05/2024 - 11:25

En so verlaat ons Skukuza vroeg oggend net na koffie. Ek moet sê die pad Ondersabie toe is nie goed nie, wel teerpad maar 2 brûe is weg gespoel en ons moes 2 keer 'n ompad ry op die gruis wat baie sleg is. Het maar daar deur gekruip in 1ste rat met lae bestek en heel anderkant uit gekom. Ons was net na 8 uur hier, gou 'n gaatjie in die bos kom soek om te staan en toe een gekry reg oorkant ablusie blok 3. Afgehak en toe gaan rapporteer en begin opslaan. Die opslaan was gou gewees en 10 uur was ons besig met ontbyt gewees. Lekker stil hier in die bos, gaan so bietjie rustig wees en sal later gaan draai ry. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 19/05/2024 - 11:47

Middag Johan, ons het nog nooit daar gekamp nie, hierdie Julie sal 1ste keer wees. As jy so stap deur kamp, skryf tog plekke met lekker koelte neer. Ek sal graag wil verneem daarvan. 

Onthou om koffie of piekniek by Modlozi-dam te gaan maak.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sun, 19/05/2024 - 17:03

Hi Wessel, die staan plekke is nie gemerk nie maar ek sien hier naby ablusie blok no 3 is redelikke koelte in die oggend en in die middag. Deur die dag dan skyn die son so n bietjie, Hier is dit ook maar wie kom eerste vir die beste, dalk is jy net gelukkig.

AS jy by die hoofkap inkom draai regs net voor die parkering, volg die pad (kort entjie) en dan draai jy links by die derde ingang. Die padjies is maar nou maar gaan baar. Ons het in die teerpad gestop en gou deur geloop voor ons ingedraai het. Ons staan nou reg voor die kombuis kant en die ablusie is net agter dir kombuis.

Die geweste hier is maar redelik bebos langs die rivier, ons sal more maar verder gaan loer wat sien ons

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 19/05/2024 - 19:17

Dankie Johan, sal weer hier kom lees soos ons tyd naderkom.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus