Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
dis wat... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 minutes ago
Hentiesbaai se visse November 2026 Chris Boucher -46 minutes ago
Kgalagadi leeus Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Sjoe November 2026 Johann L -3 hours ago
Sjoe November 2026 Geert -3 hours ago

2024 Kamp beplanning?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ek maar sien wat se reaksies hier gaan volg, hopelik is daar by lede baie beplanning vir die jaar.

Ons was Jan 2024 by Umfula buite Parys vir so week.

Bespreek en betaal vir 21/03/24 tot 27/03/24 by Zelpy Fishing Magaliesberg.

Bespreek, moet nog betaal, vir 24/05/24 tot 26/05/24 by Marula Oase naby Bella Bella, regoor Klein Kariba.

Sover is dit dit vir die jaar, ons kinders van Australia kom Desember 2024 tot Januarie 2025 vir ons kuier en ons moet nog besluit waar ons gaan om hulle hul land van herkoms te wys.

Tussen die twee tye is vir ons nog oop vir beplanning tot so omtrend September die jaar.

Wat is julle beplanning vir die natuur opsoek?

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 19/04/2024 - 18:53

Ons het bespreking by Sebenza Creek volgende naweek. Dis n relatiewe nuwe oord net buite Nylstroom. Sal foto's plaas

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 22/04/2024 - 08:09

Die tyd en geld ontbreek tans, want alhoewel daar die naweek Suid-Ooster reën voorspel word gaan die fronte een of ander tyd begin verbykom. En met die dieselprys tans gaan die Junie Krugerwildtuin toer se brandstof waarskynlik Noord van R17000 draai. As dit nou nie daarvoor was nie sou ek graag ‘n naweek by Ruah in De Doorns wou inwerk. ‘n Kampeervriend vertel gister daarvan, en as ek na die video hier onder kyk lyk dit baie aangenaam. 

video
0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 22/04/2024 - 08:16

Dit lyk na 'n baie nice plek, maar net vir julle ouens wat off roader karavane het. Ek sou dit graag wil besoek maar met 'n tent.

Daai uitsig is asemrowend, my soort kamp plek.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 22/04/2024 - 11:45

Snaaks dat oorde soms hul plek n naam gee wat reeds bestaan. Toe Wildehont nou plasing doen van Ruah dog ek maar dis mos ver van hom af want dis hier buite Pretoria. Noudat ek video sien, sien ek dis n ander Ruah. Dieselfde met Klein Paradys.....ek weet al van 5x plekke wat Klein Paradys genoem word. Ek het al paar keer gelees op facebook van verwarring waar mense dink hulle bespreek by Klein Paradys in Brits, maar dan doen hulle dit by Nylstroom. Op die ou einde kom hul opgewonde by hul bestemming uit en moet dan hoor hulle is op verkeerde plek.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 25/04/2024 - 12:48

Ons het bespreking by Sebenza Creek volgende naweek. Dis n relatiewe nuwe oord net buite Nylstroom. Sal foto's plaas

Ook klaar gepak....maar was blits vinnig, want ons is nie so gelukkig om nou so lank weg te gaan nie....net vir die naweek. Eintlik is ons altyd gereed....al wat ons inpak is kos, klere en drinkgoed....die res bly altyd in karavaan

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 25/04/2024 - 12:55

....veilig sleep en geniet die kamp. As dit nie so na aan my lang toer was nie, het ek moontlik by jou aangesluit daarsad

Onthou 'n paar foto's asb. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 25/04/2024 - 12:59

Julle moet die naweek geniet, ry veilig, ons wag vir foto bewyse.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 25/04/2024 - 14:01

Glo julle gaan mooi weer hê, veilig ry en dit gate-uit geniet. By al die lekker is daar seker ook 'n bietjie sein.....wink

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 03/05/2024 - 14:40

Het iemand al oor Kersfees by Forever Phalaborwa gekampeer? Is dit ondraaglik warm of is die skaduwee bome voldoende?

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 03/05/2024 - 15:41

Lyk my die 330ml blikkies bier raak skaars in ons geweste. Kon vandag net Black Label in klein blikkies kry vir Jurgie se " kaset" in die deurtjie. Vat presies 6. Jy haal een onder uit, dan rol die ander so sig,sag ondertoe, en sit ń warm enetjie bo in. Slim yskassie, en die spasie word níe besoedel met mayonnaise botteltjies níe.

En ń paar stukkies steak, sundowner hoendervlerkies. Nuwe slagter se worsie om te probeer. Paar pakkies droeë wors. Bees,Kudu, Springbok en Volstruis. 

Begin al amper lus raak vir inpak. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/05/2024 - 17:52

Shaun sal moet antwoord, dis sy wyk daai. 

Ons slaap gewoonlik daar oor, voordat ons ingaan wildtuin toe. Die park is redelik boomryk, maar ek gaan nie waarborg dat jy op elke staanplek heeldag koelte gaan kry nie.

As jy wil skadu hê, dieselfde hitte, effe verder van wildtuin, moet jy eerder Aventura Swadini toe gaan. Ongeveer 40km van Orpen het, MAAR baie meer dinge om te doen en te gaan bekyk, soos

swembaddens, tennisbane, putt-putt, staproetes, fietsry, Moholoholo beskermende voëls instituut. Bootritte op Blydedam, 

So 90km in 1 rigting neem jou deur Strydomtonnel na plato rand. Daar is al die toeriste besienswaardighede, Echo-grotte, Ron van Zyl se beeldhouwerke, sy breede en smalle weg uitgebeeld teen koppie, Bourkes-luck potholes.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 03/05/2024 - 18:11

... ek het dit ook by ons agtergekom - dat 330 ml blikkies bier amper 'n rariteit in drankwinkels is. So-ook Hunters Dry - ma se drankie. Ek verkies ook blikkies as ek kamp (pak makliker in die karavaan-yskas. Andersins (hier by die huis) verkies ek botteltjies.

Begin maar pak jong. Ek kan agterkom jou gat jeuk nou.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 03/05/2024 - 18:57

Keuses verskil....ek kan nie dink wanneer laas het ek n Coke, bier of enige koeldrank in n blik gekoop nie. Proe vir my lekkerder in glas alhoewel Coke hoofsaaklik plastiek is. Proe vir my aluminum smaak in blik. Miskien is ek vol 💩?

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/05/2024 - 19:21

...kampeer, veral as mens dit saamry. Dit kan kwalik breek.

Wat sukkel julle ouns so met kleinmaat, Windhoek Draught kom in 440ml blikkies. Alte heerlik!!!!

Wat van Heineken , Amstel, en Hansa, kry mens dit ook nie in 330ml blikkies nie??. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 17/05/2024 - 20:50

Nog 50 dae voor dit ons beurt is om deur die Malelane hekke te ry. Idee was nog om n tent kamp in te werk see toe, maar brandstof pryse is bietjie rof om dit net te doen as vinnige wegbreek...beplanning is om einde die jaar soontoe te gaan wanneer mens ook lekker kan swem. Intussen miskien n naweek inwerk om die 50 dae wag korter te maak 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 17/05/2024 - 21:30

Kgalagadi hier kom..........................................ons. Het vir lank gewag en elke dag gekyk vir moontlike kansellasie vir twee agtereenvolgende nagte in Kgalagadi. Nou gekry in Twee Rivieren 2-4 September 2024. 

Wil ChrisB se roete volg na Namibië deur die park. Een verskil is ons gaan met tent kamp. Wil dit as voorsmaakie maak vir moontlik Kruger toer met tent in 2025. Sal mooi kyk na brandstof verbruik teenoor karavaan sleep. 

Sien nogal uit om weer in 'n tent te kamp want ons het nog steeds al die nodige toerusting. 

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 17/05/2024 - 22:23

voor jy jou oë uitvee is 50 dae verby! Die lekker-lees stories van dié wat nou in die Kruger wildtuin is kan solank as 'n  voorsmakie dien en jou net meer opgewonde maaklaugh

Geniet die beplanning. Onthou om 'n paar nuwe broodresepte saam te neem - dit lyk elke keer heerlik!!

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 17/05/2024 - 22:31

hier kom nog 'n lekker toer! Dit is sommer goeie nuus om te hoor dat julle planne begin vorm aanneem. As daar eers 'n datum is, is daar geen keer meer nie....laugh

Droom is verby, so nou kan julle lekker begin beplan. Geniet!!!

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 18/05/2024 - 06:23

Sal mooi kyk na brandstof verbruik teenoor karavaan sleep. 

Ek het uitgewerk dat dit amper R1500 verskil sal maak aan my kar per 1000km sleep teenoor solo met tent agter in. Dis nou 7km/l sleep teenoor 12km/l solo en prys van R25 / liter

Maar diè besparing sal nie die pret moeite werd maak as jy allergies is vir tent kampering nie. Ek self het nog al my tent toerusting en sal nie omgee om tent te laai ipv karavaan haak nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 18/05/2024 - 07:51

Teen die tyd van die oggend oor presies ‘n maand is ons DV oppad Phalaborwa toe van Potch af. Die aand slaap ons by die Sable dam skuiling vir die heerlike ervaring, en sodat ons die volgende oggend vroeg kan ry Shingwedzi toe nadat ons die beddegoed ingegee het by die hek. 
 

Wat Geert se som betref; met die Ranger is daar maar R540 verskil tussen sleep en nie sleep nie per 1000km teen R25/l. En die Ranger ry baie lekkerder met die Kavango as daarsonder. Ek gee nie om vir tent kampering nie, maar my bruid voel nie dieselfde nie. Happy wife, happy life. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus