Jaloesie.
Is 'n lelike ding. (Ek dink dit is maar bietjie jaloesie, van my, op julle wat kan kamp waar julle wil)![]()
Ek sou regtig graag met 'n tent in die bosse wou gaan kamp, dit is vir my die naaste wat ek aan die natuur kan kom, maar my beterhelfte weier volstrek.
Maar laat ek nou op hou om jou gesprekslyn te kaap, jammer Chris.
Die gesprek het ook vir my al baie gehelp.
wanneer loop remme warm
Ek het my wa vanoggend gaan haal. Ook maar goed dat daar 'n skuurgeluid was. Die inloopskokbreker is vervang, en die hele remstelsel vanaf die skokbreker, die stang na agter, die T stuk waar kabels begin, moes verlê word.
Die ou het koppelpunte geskuif en die stang verskuif sodat die T stuk nie meer teen die aircon kas skuur nie. Nou is alles reguit belyn, en niks haak meer aan die aircon se kas nie.
Dit is wat gebeur as leke modifikasies aan 'n wa aanbring, en nie oplet na die effek daarvan nie.
Die vraag is egter,
1]hoe lank [afstand] neem dit vir 'n remskoen om na 'n verstelling weer 100% te"seat". Ek het 30km gery en 1 wiel is voelbaar warmer as ander ene. Die eienaar van werkwinkel kom nou na my huis toe om daai wiel se rem effe te laat skiet.
2] terwyl so 'n remskoen effe "seat", skuur dit weg en hitte verdwyn, of laat hitte die skoen en/of drom uitsit en dit bly skuur en hitte genereer.
As die remme reg gestel is,…
As die remme reg gestel is, is daar geen kontak tussen die remskoen en drom nie. Dit loopheeltemal vry. Daar kan dalk ń baie effense skuurgeluid wees, en dan ook nie die hele 360 draai van wiel nie, net dalk op een plek indien jou drom ovaal is.
Die fotos wat Chris gestuur het van die rem- meganisme. Is anders in die opsig dat die stang nie ń noem dit ," balancing lever", het wat die druk balanseer nie. Maw sodra die een stel skoene begin knyp, word die effort oorgeplaas na die teenoorgestelde kant. Op die manier is die rempoging heeltyd in balans.
Die Kavango se remme moet perfek gestel wees, anders kan dit een kant harder rem. My beskeie observasie.
vir balancing lever. dalk…
vir balancing lever.
dalk tyre level vir as daai "mekaniek" daar aankom
Relay lever
As jy trailer handbrake gaan Google, is daar ń paar voorbeelde. Relay lever is lyk my die regte naam. Kyk ook na ander voorbeelde bv " compensating yoke".
Geen kompensasie
Herman en ander, het gaan kyk, daar is niks van so aard nie.
Gaan nou maar vastrap en die skokbrekers ook vervang. Dan kan ek ontspanne [geremd
] wildtuin toe sleep. bande kundige het band so 1 kyk gegee en gesê---die skokbreker is amper moeg, die wiel spring.
Ek ry mos deur Heanertsburg oppad PBorwa en wildtuin toe. Seg ek vir Marie dis goeie geleentheid om by Gecko fabriek te gaan kuier. ![]()
Exclusive remskoene
Wessel, jou vraag van 3 Junie verwys. My Exclusive het remskoene op al vier wiele.
Wat inlooprem-skokbreker betref, my Exclusive het tans sy derde stel oor 'n tydperk van 19 jaar en 85 000km in, maar in alle gevalle is dit swaardiens-skokbrekers.
skokbrekers gevind
Vanoggend my wa gaan haal. Skokbrekers is vervang met Monroe Magnum gas gevulde stampertjies. Volgens hulle webblad het dit 'n 3 jaar waarborg.
Nogal ontstellend toe ek sien hoe maklik druk die handlanger met een hand die oues inmekaar, en dat dit nie juis wil uitskop nie.
Les geleer vandag----gasgevulde skokbrekers wys nie skade deur olie uit te lek nie. Ok maar lekker stupid ouboet!!!
Nogal ontstellend toe ek…
Nogal ontstellend toe ek sien hoe maklik druk die handlanger met een hand die oues inmekaar, en dat dit nie juis wil uitskop nie.
Kon jy beter stabilteit agter jou voertuig merk/voel.
Stabiliteit
Môre Hennie
Ek was nog nie gister huistoe roekeloos met die wa nie![]()
Ek sal moet lieg om JA te antwoord. ek het net 35km gesleep met die nuwes.
Moontlik sal ek na ons Julie toer Kruger toe, 'n beter antwoord kan gee. Op die oomblik is dit net "gemoedsrus". Ek weet dis nuwes, die remme is reg en die inloopskokbreker is ook nuut.
In die algemeen sleep die Kavango baie stabiel en gehoorsaam, ek weet nie of die onafhanklike vering daartoe bydra nie. Wat ek wel weet, dit druk seker so 130kg op die sleepbal.
Ek het in 2022 'n slegte swaai gehad op N1, uitgeswaai vir slaggat. Na 2x na links,en nog 2x na regs was dit weer reguit agter trokkie. Nie omgeval nie, en nie bakkie geruk nie. Die Kavango se bande het sleg teer gevreet, tot so 50mm onder,vanaf normale loopvlak.
koste vir skokbrekers
totale onkoste verbonde aan vervanging was darem net R2128, wat BTW en arbeid insluit.
Hoe weet mens---ek het my verlaat op bande kundige se advies.
Die band het nie oor breedte skeef geloop nie. Bedoelende, dit het nie binne of buite-skouer ooglopend weggeloop nie. Dit het ook nie kolle glad geloop nie.Die band se binne-ry blokkies het 'n saagtand gemaak. Elke blokkie het op sy eie van voor na agter skuins geloop. Maak 'n patroon van hoog na laag, dan hoog na laag, en so reg om die band.
Ek sal band dophou, en as dit rerig vererger, sal ek dit vat vir sporing. Tans is ek gemaklik, want alles is nuut en die band is padwaardig, baie loopvlak oral.
Soliede as versus onafhanklik vere
Julle tegniese ouens moet nou insette gee, ek dra oor wat my woonwa-bouer tegnikus sê.
Volgens hom verkies hy soliede aste met bladvere op die bos-woonwa en -waentjies wat hy bou. Bloot omdat dit minder probleme gee, maar blykbaar is sulke starre aste nie so "swaar" op skokbrekers nie.
Ek sal graag wil hoor wat dink julle daarvan, want ek is geneig om sulke vergelykings, komende van hom, te ignoreer. Onthou, my wa is nie een van sy eie produkte nie, en hy vergelyk maar altyd wat Echo bied,teenoor wat hy verkies en inbou in sy waens.
Dis nie duur nie
R2128, wat BTW en arbeid insluit
As my brandstof onder begroting inkom na die toer moet ek dalk in nuwes belê.






Ernstig
Hoop ook nie julle ouens met die boswaens het my te ernstig op geneem nie.
Lyk darem gelukkig of dit in die regte lig gesien was