Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slim plan hier bo Lag 'n slag Rona du Plessis -7 minutes ago
Diesel is duur Lag 'n slag Voortrekker -35 minutes ago
Brits is ongemaklik warm Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Rona en molle... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
donderbui.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Die weer in Dullstroom Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago

Strydoms in Kruger '24

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende

Nou wag ek maar dat die besprekings oopmaak vir Junie 2024. Gister gebel en kan eers van 24 Julie af bespreek. 

Ons finale datums vir Julie'24 in Kruger is as volg;

Tsendze  9 tot 15 Julie

Satara     15 tot 21

Onder Sabie  21 tot 27

Berg en Dal    27 tot 29 Julie

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 02/06/2024 - 17:07

Ons het nog slegs een aand by Forever Phalaborwa oorgestaan. Ons was werklik beïndruk met dié plek en sal beslis weer daar wil kamp - dalk 'n nag of twee langer.

Chris WH gaan eerder vir die Sabledam-opsie (vir een nag se oorbly), maar dit is ongelukkig nie vir my beter helfte 'n opsie nie. Te bang vir spinnekoppe wat sy in die dag by daardie skuiling opgelet het.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 02/06/2024 - 17:25

Dis nou die nadeel as mens nie twee mense in ‘n Eksklusief is nie. Vir ons om een aand oor te staan met die Kavango is te veel werk. En al is die skuiling duur, is dit ‘n wonderlike ervaring. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 21/06/2024 - 11:37

Hierdie draad het weggeraak/is gans te stilsad. Julle vakansie is om die draai - 9 Julie as ek reg lees. Hoe vorder die voorbereidings?

N.s. Ek wip my nie maklik nie en sal nooit as moody geklassifiseer word nie, maar as dit sal help dat jy in Dullstroom kom oë wys kan ek altyd 'n rede uitdink.....wink

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 21/06/2024 - 13:40

...ek het skielik soveel probleme by die kompleks van 6 wooneenhede, dat ek wonder of ons volgende maand Kruger toe gaan.

Die rioolpyp wat die 6 huisies bedien wil nie vry vloei nie, en nou borrel dit by eenplek uit. Gelukkig het ons 'n baie professionele bouer met baie ervaring op die forum wat my met telefoniese raad bedien.

My paaie gaan vêr vanaf Dullstroom verby, en boonop is die Dullstroom --Lydenburg roete onrybaar met 'n woonwa. Ek sal dus nie die keer uit my pad gaan om by julle 'n vinnige koffie te kom drink niesmiley 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/06/2024 - 08:40

Ek gaan Maandag hoor of ek my betaalde gelde op krediet kan plaas tot later, dalk volgende jaar.

Ons gaan nie die vakansie geniet as rioolpyp in eie tuin oopgegrawe en herstel moet word nie. Toegang na die  pyp area is noodgewonge deur my motorhuis, wat ook toegang na huis bied. 

Hierdie is rerig 'n bolliespul. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 22/06/2024 - 12:04

Dit is nou 'n harde slag. Is daar geen manier dat dit binne 'n week herstel kan word nie? Dit laat julle dan nog met genoeg paktyd (jou bakkie en boswa klink in plek).

Ek hou styf duim vas dat daar lig in die tonnel sal kom voordat jy Maandag daardie oproep maak.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 22/06/2024 - 12:44

Dis nou 'n werklike gatslag.  Ek dog dis net siektes (soos my dikderm-probleme) wat spook om 'n Wildtuin-vakansie te kelder, maar nou lyk dit my dit kan ook die uiteindelike inhoud van verskeie mense se dikderms wees wat ook 'n struikel-bol kan wees !

Grappies op 'n stokkie, baie jammer om van die nuutste probleme te hoor.

Daar is nog twee weke voor julle vertrek en jy behoort sekerlik 'n private loodgieter te kry wat die probleem kan aanspreek, veral as die probleempyp op jou private erf  herstel moet word.  Dalk kan die blokkasie oopgespuit word sonder om die pyp oop te grawe.  (Hier in ons kompleks het die munisipaliteit twee weke gelede 'n geblokkeerde hoof-rioolpyp op die sypaadjie oopgespuit  -  binne 'n uur was die probleem opgelos).

0
Worcester

Wildehont

Sat, 22/06/2024 - 14:50

Ons riool afdeling by die munisipaliteit gebruik ‘n vragmotor met ‘n jetvac om verstopte riole oop te maak. En daar is baie in Worcester want van die mense gooi vreemde voorwerpe soos babadoeke, klippe en plastiekbottels in die stelsel. Selfs wet wipes kan ‘n verstopping veroorsaak. Ek hoop julle kry dit betyds opgelos!

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/06/2024 - 16:16

Ek het maar uit eie sak 'n trok gekry vanoggend. Die ding suig iets verskriklik. 

Ek suig die pyp leeg in my erf, en sodra die suigaksie stop, loop die pyp propvol, met 'n klein lekstroom straat toe. Dit dui daarop dat die pyp 'n knak in het, soos 'n pie-trap. Dan stoot die pyp vir 70m vol en 2de laaste huis se bydrae stamp dan vas in die kolom water. 

Die praktiese implikasie is erg. Ek sal my Wendy huisie, wat as waskamer dien heeltemal moet leegmaak en afbreek, as die trap onder dit is. Dit is die nadeel van klein erfies en ek het geweet dat die huisie wederegtelik daar staansad

 

0
Pretoria

Geert

Mon, 24/06/2024 - 16:26

Hi Wessel. Kon julle al iets wyser word tov riool storie... moet jy bespreking uitstel van KNP?

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 24/06/2024 - 16:37

... hang in lug. Dit wil voorkom of ons nie nou sal kan gaan nie.

Môre kom hulle 'n kamera insteek, om fout in lyn te soek. As die kamera sukkel môre, moet die water eers uit die pyp beblaas word, sodat kamera amper droog in pyp is.

As ons die foutiewe plek gekry het, moet oopgegrawe word, en herstelwerk gedoen word. Die tyd loop uit. Ek moet môre uitvind of my geld op krediet gehou kan word, en of ek dit gaan verloor. 

Gedurende 2022 met my voet ongeluk, het hulle my krediet behou tot die volgende jaar se bespreking.  

0
Worcester

Wildehont

Mon, 24/06/2024 - 16:37

Kan dit nie dalk julle probleem wees nie? Mens kan (teen ‘n koste) ‘n kamera in die pyp af stuur. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 25/06/2024 - 12:57

....gaan ons tog wegkom die 8ste Julie.

Vanoggend die deel wat die verstopping veroorsaak deur eliminasie opgespoor. Môre oggend gaan ons presies in middel daarvan 'n gat boor, om te kyk watter kant van gat moet opgegrawe word. Dit kan hoogstens 10m wees wat oorgelê moet word. 

As dit suksesvol is, gaan dit voorbereiding en aankope tee n dolle gejaag wees.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 25/06/2024 - 15:29

Ja, ek weet die probleem is nog nie herstel nie, maar ten minste het jy nie dáárdie oproep na SANPARKE gemaak nie (vir 'n jaar lank sou ons met 'n ou brombeer moes huishousurprise)

Dit klink asof julle na aan die oplossing is en daar is nog baaaie paktydlaugh!!!!

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 25/06/2024 - 17:34

....probleme hou net aan.

Ek het klaar vir volgende jaar bespreek, dus is die honger gestil.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 26/06/2024 - 17:32

Wessel se Kruger toer is behoorlik gekontamineer met rioolvuil!... Is die probleem geisoleer en nou kom plan F 9 aan die beurt.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/06/2024 - 19:01

...wat'n gesukkel om te koordineer. Kamera se beeld is te swak in rioolwater. Kan eers Vrydagoggend 'n trok met vakuumsuig kry om pyp[e] leeg te probeer suig, en dan dadelik die kamera in te stuur.

Intussen is ons besig om pyp oop te grawe waar ek dink die blokasie is.

Nog nie vir Sanparke laat weet nie. Ek dink om dit maar te doen, en sien die probleem deur. Daarna gaan ek bedank, en eienaars kan maar bestuuragent aanstel. die plek reel my lewe, en ek doen eie beplanning volgens die plek se skedules, mis soms die 40% afslag by Sanparke.. 

 

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 27/06/2024 - 07:59

Wessel dit is maar altyd 'n probleem. Almal wil kla maar niemand wil die werk doen nie.

Sien toe na die uitsorteer van hierdie takie en dan bedank jy.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus