Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker gelag, Geert,... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Goeie Hout ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Laaste probeerslag - dit lol Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -4 hours ago
Lodge gedeelte Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -4 hours ago
Kleedkamers en opwas Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -4 hours ago
Dek vir almal se gebruik Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -5 hours ago

Strydoms in Kruger '24

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende

Nou wag ek maar dat die besprekings oopmaak vir Junie 2024. Gister gebel en kan eers van 24 Julie af bespreek. 

Ons finale datums vir Julie'24 in Kruger is as volg;

Tsendze  9 tot 15 Julie

Satara     15 tot 21

Onder Sabie  21 tot 27

Berg en Dal    27 tot 29 Julie

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 13/07/2024 - 19:22

Boodskap van Wessel : 

"Gegroet uit warm Tsendze. Ons kamp te lekker. Wild is min,net olifante en buffels is volop. Darem elande en twee luiperds gesien. Môre is die laaste dag hier, sal so teen 16:30 begin afbreek en Grompie vol stop. Skuif dan af op die 15de naSatara. FMpie moet nou rugby wedstryd opvang. Kamp is leeg, meeste het permitte om by Mopanie te gaan kyk en laat in te kom."

0
Worcester

Wildehont

Tue, 16/07/2024 - 18:16

Hulle is in Satara. Hy sê dis baie besig daar. Hulle het vanmiddag omgedraai by leeus in die pad omdat daar te veel karre was. Hy reken Satara is omtrent 95% vol. Verder sê hy dat hy dit so geniet dat hy ‘n professionele vakansieganger wil word. Ek beny hom. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 18/07/2024 - 17:56

... het my geskakel uit Satara uit. Die man kuier 'n hond uit 'n bos uit - kry blykbaar warm. Oormôre vertrek hulle Onder-Sabie toe vir 6 aande en dan nog die laaste 2 aande in Berg-&-Dal. Klink my hy en Geert mis mekaar pal.

Hy vertel my dat Chris Wildehont het vir hom 'n bottel wyn by Rodger in Tsendze gelos met die versoek dat dit aan hom op no. 28 afgegee moet word. Rodger vergeet toe om dit vir hom te gee terwyl hy in Tsendze was, maar het dit saam met mense wat ook vanuit Tsendze na Satara vertrek het gestuur. Ou Rodger - die betroubaarheid vanself. Hy't nou wel aanvanklik daarvan vergeet, maar hy't sy belofte nagekom.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 21/07/2024 - 18:34

... hulle is in Onder-Sabie, wat alweer sonder water is. Ek kan hoor die ou is nie beïndruk met Onder-Sabie se kampeerplek-uitleg nie. Hy reken dat OS nie sommer weer op sy wildtuin-reisplan ingesluit sal word nie.

Ekself het al meermale gesê dat die persoon verantwoordelik vir OS se kampeerarea het seker nog nooit met 'n karavaan gekamp nie. Die meerderheid van staanplekke is klein en amper beknop. Maar ai, watter wonderlike area vir wildkyk.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 21/07/2024 - 19:07

Hy laat weet nou dat hy die H10-afdraai net na Tshokwane gemis het en uiteindelik eers met die H12 en H4-1 na O/S gery het. Ek spot nou met hom en sê dit is omdat hy vinniger as 30 kpu gery het.

0
Pretoria

Geert

Sun, 21/07/2024 - 19:21

hulle is in Onder-Sabie, wat alweer sonder water is

  Eish....sonder water en gemeenskaplike ablusie is nie lekker nie.....toilets wat nie kan spoel nie, ensovoorts. Het hulle krag?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 22/07/2024 - 10:13

... hy't geen melding van die krag gemaak nie. Ek aanvaar dus dat hulle nie krag-probleme gehad het nie.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 22/07/2024 - 10:16

Die Kavango waarmee hy so love/hate verhouding het,  het darem 200 Ah batterye en 320W sonpanele as ek reg onthou.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 22/07/2024 - 10:55

... in sy WhatsApp gisteraand:

Oord is vol en van rondawels gebruik ook ablusieblok. Ook geen bankie in stort om iets neer te sit nie (dit kan ek beaam). Staan ewe kaalbas om uit te vinf dat daar geen water is nie. Ek is lekker moerig, want ons het ons eie stortpan en dakkie by die huis gelos.

Later laat weet hy:

Nounet gestort, gemoedere is effe beter.

Ek het geantwoord: "Op die ou end gaan jy lekker kuier in O/S. Môre is julle 100% ingeburger en kuier 'n hond uit n bos uit."

0
Pretoria

Geert

Mon, 22/07/2024 - 11:17

rondawels gebruik ook ablusieblok.

Ons gebruik altyd ablusie langs staanplek 3 aan suide kant.....dink nie rondawel mense kom daar nie. Ek wonder of daai ablusie aan oostekant russen rondavels nie net vir rondavel mense bestem is nie. ....maar ek weet baie kampeerders gebruik dit. Daar is aan die ver oostekant langs die swembad nog n gemeenskaplike badkamer.....baie groot en modern, maar is bietjie ver stap

0
Worcester

Wildehont

Mon, 22/07/2024 - 12:40

Ek is lekker moerig, want ons het ons eie stortpan en dakkie by die huis gelos.

My ouer en minder luukse Kavango verskil van Wessel s’n. Die stortpan is vas aan die stort se deur met skarniere. As die deur na buite uitskuif laat sak mens die pan en dit haak oor ‘n lip in die wa. Die seildak vat nie baie plek nie en bly in die wa. Ek verkies dit om in die wa te stort en die kinders bad sommer in die stortpan. Dis baie makliker as om ablusie toe te gaan en mens klim sommer direk uit die stort in die wa en trek skoon aan. 
 

Ek is bly Wessel kon toe darem stort. Ek hoop die gemoedere verbeter en hulle geniet tog Laer-Sabie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/07/2024 - 14:11

Middag vriende, poging twee. Sit in O.Sabie enkan nie glo die vakansie trek einde toe nie.

Ons is ewe windgat teen Magoebaskloof af. Grompie in 3de rat teen 60km/hr. Tref toe ander woonwa voor my wat heeltyd op remme ry. Wat 'n gesukkel m alles in toom te hou sonder om remme te brand. Sekerlik nuwe inloop skokbreker het hard gewerk.

Ek gaan so stukstuk pos, die sein kan nie byhou nie.

0
Pretoria

Geert

Mon, 22/07/2024 - 17:15

Toe ons nou by Lower Sabie was het hul 2x gekom om ons besprekings na te gaan. Hulle sê hulle kry dit nou gereeld dat mense by hulle kamp opslaan terwyl hul elders bespreek is. Ek het gevra wat doen hul met so n persoon, maar hy het nie geantwoord nie. 

Ook 2x spoed lokvalle op teerpad tussen Satara en Tshokwane gekry

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 22/07/2024 - 17:16

Welkom terug op Kampforum.  Ons het darem jou boodskappe waardeer en is bly (of eerder ons dink) julle geniet die Wildtuin-vakansie ten spyte van die hier en daar probleempies.

Ons sal maar geduldig wag vir jou latere volledige terugvoer.

Vandag oor 'n week is julle tuis in Brits.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 23/07/2024 - 07:44

 Die ou maat van ons, dink neef is net gewoonweg nie lus vir ons nie.sad

Geert het byna elke dag ń oordentlike verslag gelewer. Of....miskien is Wessel se sightings minder as Geert sin.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 23/07/2024 - 15:13

Wessel laat weet hy sukkel geweldig met 'n selfoonsein en kry feitlik niks reg nie. Ek merk op hy gebruik MTN.  Ek gebruik Vodacom en het nêrens in die Wildtuin swak sein gehad nie  -  op sekere plekke wel GEEN sein nie, maar nooit 'n swak sein gehad nie.

Hy kla oor baie min wild in die Ondersabie omgewing en klink maar redelik moedeloos na 'n oproep wat hy na my probeer maak het.

Hy probeer darem kontak behou.

0
Pretoria

Geert

Thu, 25/07/2024 - 15:37

Ek is nuuskierig hoe baie verkeer Wessel hul Maandag gaan ervaar. Ons het gedink Saterdag oggend vroeg sou stil wees, maar was baie besig....veral trokke. Ons laaste 2 keer wat ons van Natalse kus gekom het, het ons ook op Maandag gery en was beide keer lekker rustig. Maar trok verkeer is verskillend....N4 baie steenkool trokke en N3 baie kommersiel aflewering waar nuwe skudules miskien op Maandag geskiet?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 25/07/2024 - 17:47

Ek het juis gister 'n ekstra dag by my wildtuinbespreking vir volgende jaar gevoeg. My groot doel was om eerder op 'n Maandag die N4 aan te pak as op 'n Sondag. Ek het gereken dat Sondae keer baie mense terug in die rigting van Gauteng.

Swaar vragmotorverkeer op die N1 is beslis minder op Maandae, maar waarskynlik kan jy nie die N1 en N4 se verkeer met mekaar vergelyk nie. Die eienaar van die Karoo Padstal, noord van Richmond, het dit onder my aandag gebring dat die N1 baie stiller is op Maandae, want dit is gewoonlik die dag wat vragmotors hulle vrag af- of oplaai. Maar dit is dalk nie van toepassing op die steenkooltrokke na Mosambiek nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 28/07/2024 - 18:07

Nouja, Wessel se Wildtuin-vakansie staan einde se kant toe.  As ek dit nie mis het nie slaap Wessel-hulle môre-aand (Maandag) hulle laaste aand in die Wildtuin en behoort Dinsdag terug te reis na Brits.

Veilige reis Wessel !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus