Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
November brandstof prys November 2026 Geert -1 hour ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -7 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -8 hours ago
Rona November 2026 Johann L -8 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -18 hours ago

2025 Kamp beplanning

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek begin solank die gesprek, omrede sommige grootmense reeds met idees besig is. 

Ekselwers moet nog besin oor wat volgende jaar op die toerlys is. Dit is net so jammer dat Kalaghadi so effe vêr van Brits af is. Dan ook, is Bergkwagga omtrent dieselfde afstand van ons af.

Kruger bly maar die naaste Sanpark, ek ignoreer Marakele, want wildgewys is dit geen kompetisie met Kruger nie.

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 25/07/2024 - 11:00

Nou kan jy maklik akkomodasie "add en delete " sonder om direk betalings te doen

Dis hoekom ek verkies om nie aanlyn te bespreek nie. Jy kry wel ‘n klein afslag, maar moet dadelik vol betaal.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 26/07/2024 - 08:20

Ek reken dat die vorige formaat van SANParks se web was heelwat meer gebruikers-vriendelik. Of is dit net op die slimfoon wat ek sukkel? Nie rêrig sukkel nie - maar stadig.

Ek kyk uit vir kampeerplek wat my seun nog vir 3 aande verlang, asook vir Wildehont in Shingwedzi en Tsendze. Maar dit sukkel om tussen die "blaaie" rond te blaai. Die wieletjie draai en draai vir 'n lang ruk voordat 'n nuwe blad oopmaak.

Of is dit net ek wat dié frustrasies beleef? Dalk omdat dit baie besig is met mense wat ook plek soek?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 26/07/2024 - 08:24

Aangesien ek sover net by Punda Maria kon plek kry van 2 tot 6 Julie 2025, maak dit nie regtig meer sin om 1 Julie by Sable dam skuiling te slaap nie. Dan moet ons 2 Julie eers terug Phalaborwa hek toe, en dan al die pad Punda toe. So is die kans om ‘n lekker staan plek te kry maar skraal. 
 

Nou oorweeg ek dit om van Potchefstroom af te ry tot net buite Punda Maria hek en daar te slaap 1 Julie, of tot net buite Pafuri hek en daar te slaap 1 Julie. Lg is 48km verder, maar net 14 min langer volgens Google Maps. Ek was nog net twee keer in by Punda Maria hek, en onthou ‘n klomp spoedwalle en spoedbeperkings tussen Giyani en die hek.
 

Pafuri beteken wel ‘n pas op die N1 Noord van Louis Trichardt, maar dan ry mens al die nedersettings en spoedwalle tussen Polokwane en Punda Maria mis. Die volgende oggend kan ons vinnig by Pafuri piekniekplek aandoen as mens mag sleep tot daar, en dan Punda toe. 
 

Wat sê die kenners wat al die roetes gery het? Ek herinner my dat Mnr Boucher nie hou van die roetes buite Punda Maria hek nie en dat die pad soms toegemaak word tydens dienslewering betogings. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 26/07/2024 - 09:53

Op die rekenaar werk dit heel goed. Dit onthou selfs my datums en kampe van die vorige sessie en wys beskikbaarheid daarvoor sodra ek aanteken. Nou die oggend na 04:00 het dit nie lekker op die foon gewerk nie. Ek het toe opgestaan en rekenaar toe geskuif. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 26/07/2024 - 11:02

ChrisS, as ons by Punda as eerste kamp bespreek is, ry ons op die N1 tot by Bandelierskop, anderkant Polokwane en sowat 30km voor Louis Trichardt. En dan :-

  • Ons slaap oor by Lalapanzi Hotel & Caravan Park, reg langs die N1 net anderkant Bandelierskop  -  (015) 516-5455 of 082 494 1155  -  www.lalapanzihotel.co.za
  • Die volgende môre swaai ons regs af van die N1 na Elim (moenie afdraai na Elim-dorpie of die pad na Giyani  neem nie)
  • En dan na Levubu (moenie afdraai na Levubu-dorpie nie)
  • En dan na Vuwani (daar is 'n lekker groot SPAR en OTM as jy iets vergeet het)
  • En dan links op die R81 wat vanaf Giyani kom.
  • En dan regs op die R524
  • 34km verder is Punda-hek.
0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 26/07/2024 - 11:05

Die wieletjie draai en draai vir 'n lang ruk voordat 'n nuwe blad oopmaak.

By my ook al gebeur....dan log ek uit en gaan weer in. Weet nie of dit rede is nie  maar het met my gebeur as ek met 2 stelle aanlyn is

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 26/07/2024 - 11:09

Aangesien ek sover net by Punda Maria kon plek kry van 2 tot 6 Julie 2025, maak dit nie regtig meer sin om 1 Julie by Sable dam skuiling te slaap nie. Dan moet ons 2 Julie eers terug Phalaborwa hek toe, en dan al die pad Punda toe. So is die kans om ‘n lekker staan plek te kry maar skraal. 

Hou eers vir Sable dam en ook Punda besprekings. As daar kanselasies kom vir Shingwedzi gaan jy hom weer soek.....en hy kan skaars wees

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 26/07/2024 - 12:38

Dankie vir die roete voorstel Oom Len. Ek gaan dit beloer op Google Maps. 
 

Ek kanselleer nog niks nie. Ek het vanoggend telefonies ‘n hut bespreek in Shingwedzi vir 6 Julie, want sover is daar niks kampering beskikbaar in Punda of Shingwedzi vir die 6de nie. Ek het dus met ‘n aand gaping gesit tussen Punda en Shingwedzi. 
 

Tsendze (wat eintlik my gunsteling kamp is, nie die omgewing soseer nie maar die kamp self) het ek op my maag geskryf. Selfs al sou ek na 22 Augustus daar plek kry, gaan die lekker staanplekke reeds gevat wees. 
 

Ek gaan dus maar probeer om nog aande by te las by dit wat ek sover het in Shingwedzi. As iemand kampeerplek beskikbaar sien van 11 tot 13 Julie 2025 in Shingwedzi laat weet my asb. 2 tot 7 Julie kan ook werk. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 26/07/2024 - 13:01

My afgelope besoek aan wildtuin het uit 6x verskillende besprekings bestaan...die in Satara was 2x verskillende besprekings. Ek het laasjaar ook geloer vir mense wat nie depositos betaal het nie....maar dit wat ek gesien het was bitter min. Die meeste kanselasies volgens my het minder as n maand voor aanvangs datum geskied. Maar mens wil graag ver vooruit beplan. 

Mens moet vinnig speel as daar iets oopgaan....ek sien nounet dat 1 en 2 Julie oopgegaan het by Satara....minder as 5 minute later is dit weer weg.

Wildehont....ek kan jou WhatsApp stuur, sou ek iets sien. Mens is nie altyd op forum nie en kan bespreking mis as mens te laat sien

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 26/07/2024 - 16:10

Chris ek sukkel net so met Sanparke se webblad, selfs die fotos is baie keer 24 uur terug geplaas, dit is nou die webcams se fotos.

Die aanlyn gaan is net so gesukkel, dit bly sê "verifying if you are human" sommer regtig pot twak.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 27/07/2024 - 12:59

Toe ek nou kyk is daar twee staanplekke met krag vir 6 Julie by Punda. Maar my kaart transaksie was weer onsuksesvol (die kaart verval eers September 2028 en het altyd ‘n positiewe balans, ek gebruik glad nie die krediet nie). Ek sal maar Maandag bel en kyk of die plek nog beskikbaar is. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 27/07/2024 - 13:27

Wildehont

Log in

Gaan na existing reservations 

Dan is daar n icon wat sê "Add accommodation "

Dan hoef jy nie nou te betaal nie

Onthou om "review changes" na die tyd te doen

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 27/07/2024 - 16:21

Synde ek steeds op soek is na 3 nagte se kampplek vir my seun in die wildtuin, het ek intussen die middelste van die 3 nagte vir hom 'n 4-bed safaritent in Tamboti bespreek. As ons glad nie kampplek kan kry nie, sal ons maar vaste akkommodasie vir die betrokke 3 aande probeer kry. Maar eenhede wat 4 beddens bied is maar raar in die wildtuin.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 27/07/2024 - 20:15

Gaan na existing reservations 

Dan is daar n icon wat sê "Add accommodation "

Dan hoef jy nie nou te betaal nie

Onthou om "review changes" na die tyd te doen

Dankie vir die wenk! Ek sukkel net met die review changes. Die blokkie bly grys. 
 

A

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 28/07/2024 - 12:20

Ek het nou vir my seun voorlopig plek bespreek vir al drie aande wat hy nog nie kampeerlek kon kry nie. Dit is ongelukkig aansienlik duurder en ek moes alles klaar betaal. Maar ons sal daardie hekkie oorkom as ons dalk later kampering vir die betrokke datums kan kry.

Hy moet op 5 Julie uit wees by Berg-&-Dal en kon eers weer vir 8 Julie 'n kampplek kry in Letaba. Ek het nou 'n bespreking gedoen vir 'n 6-bed eenheid in Berg-&-Dal vir 5 Julie, 'n 4-bed safaritent in Tamboti vir 6 Julie (nogal n stywe stoot vanaf B&D na Tamboti) en die Nkambako Bungalow (4-bed) in Olifants vir 7 Julie.

Sou ons nie kon regkom met kampering nie, het hy darem slaapplek vir die betrokke 3 aande en sal hy maar sy Penta iewers moet afhaak in die onderskeie kampe. Maar ek bly hoopvol dat ons nog sal regkom met kampering. In so 'n geval moet die duurder akkommodasie (wat nou reeds betaal is) maar gebruik word vir die uitstaande balans op sy huidige bespreking wat hy reeds vir kampering het en die balans op krediet gehou word. Maar hy kan darem nou voortgaan met sy vakansie-beplanning wat o.a. (hopelik) 'n klompie aande by ATKV Eiland ook sa insluit. Su Karoo Nas Park besprekings vir die heen- en terugreise is ook reeds bespreek.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 29/07/2024 - 19:00

Ek bedoel Geert. Hy stuur vir my 'n WhatsApp met bostaande "screen shot" terwyl ons rustig voor die TV sit. Ek kan nie verduidelik hoe vinnig ek die trappe is na my studeerkamer, die "laptop" oopklap en op die Sanparks-web inskakel om te sien dat die 3 aande van 5, 6 & 7 Julie is steeds beskikbaar in Skukuza. Dit is bespreek en betaal.

Dankie Geert - dankie, dankie, dankie. My seun is in die wolke.

Ek dra nou die fondse van die vaste akkommodasie, wat ek oor die naweek bespreek het, oor as betaling van die uitstaande bedrae op my wildtuin- en Karoo-besprekings vir volgende Apr/Mei.

Nou hoop ek net ons kan vir Wildehont ook van hulp wees om sy verlangde bespreking te kry.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 29/07/2024 - 20:15

As ek die totale bedrag wat ek vir die "online bookings" betaal het (vir my seun, maar steeds op my naam) oordra na my besprekings vir volgende jaar, dan is my akkommodasie vir 7 aande in Karoo Nas Park en 29 aande in die wilstuin, op R6.06 na, ten volle betaal.

En ek hoop om eerskomende Donderdag suksesvol te wees met die 10 aande wat ek by Klein-Kariba verlang.

0
Sandbaai

maurits

Mon, 29/07/2024 - 20:44

Toe ek vanoggend wakker word kry ek n eensaamheid wat net die Kruger Wildtuin kan vul. Ek kan nou nie soos vinnig soos my buurman op Kleinmond n klomp geld bymekaar maak nie maar sal nou vinnig spaar. Ek bel toe vinnig en finaliseer my Kruger toer vir 2025. 5 tot 10 Mei in Berg en Dal,10 tot 15 Mei in Skukaza, 15 tot 21 Mei in Krokodil brug, 21 tot 27 Mei in Satara,26 tot 27 Letaba, 27 tot 31 Mei on Thendze plot no 29, 31 Mei tot 6 Junie in Shingwedzi. Verder gaan ons so bietjie rondtoer om dit nog lekkerder te maak. Maurits

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus