Al vir 'n lang tyd wat ek met 'n vraag worstel?
Baie mense skreeu baie hard oor die State Capture, en hoe verkeerd dit is, ens, ens. Ja ek stem saam dit is heeltemaal verkeerd en ondemokraties!
Kan net nie help om so hele klomp jare terug te dink aan ons geskiedenis;
Nou --- State Capture deur die Guptas
Destyds ---- Staats beheer deur die Broederbond.
Is daar werklik 'n verskil tussen nou en destyds???
Ek twyfel of die Guptas meer as net die staat oor geneem het, maar die Broederbond het die drie suster kerke ook beheer, onderwys beheer, meeste vakunies beheer, ens, ens.
Dan was nepotisme ook natuurlik aan die orde van die dag, as jy hard gewerk het vir die Broedebond kry jy 'n top regerings pos???
Ek wonder maar baie oor bogenoemde dinge as ek so nag na nag op my stoep sit en peins.
State capture
State Capture is net n mooi woord vir steel net soos Radical Transformation .Ek glo ook dat die vorige regering net so gesteel het maar daar was minder van hulle en was nie so blatant soos die klomp nou doen .
Dit is seker maar 'n harde…
Dit is seker maar 'n harde pil om te sluk, die storie van ons vorige regering wat dieselfde gedoen het? Die wiel het gedraai en die pap kant bly onder?
Ek hoor wat julle sê, maar…
Ek hoor wat julle sê, maar hou in gedagte dat werkloosheid en gepaardgaande kriminele oortredings nou hoogty vier.
In die ou bedeling was moord hoof nuus, nou kom dit nie eers in die nuus nie, ons moet maar versigtig wees met oordeel, ek dink dat, in die ou bedeling, was korupsie en nepotism baie kleiner.
Baie swart mense voel dat hul nou baie slegter af is, as wat hulle in die "apartheid era" was, en ek is geneig saam te stem.
Kyk maar na die rand waarde, inflasie, werkloosheid, kwaliteit van produkte en, en en.
Die wiel het gedraai
Voortrekker dis nou n oulike se ding van die wiel wat pap is en nou onder sit
Se maar net
Johann L ja kyk ek stem saam met jou ek dink die huidige regering het so baie beloftes gemaak wat hulle nie na gekom het nie en die armes word die swaarste getref .By ons werk betaal die 1 ou amper R50 vir Taxi fooie om by die werk te kom .Dis n klomp geld uit sy sak en van publieke vervoer is daar geen sprake van nie .Hulle betaal dieselfde as ons vir hulle kruiderniers ware ens .
BB
Ek stem saam met Freda en gaan nog verder : BB-stories en wat hulle in die vorige bedeling na bewering tot nadeel van SA gedoen het is hoor-sê stories. Sover ek weet is niks in 'n hof bevind dat BB neopotisme toegepas het en kerke, onderwys en vakunies beheer het nie. Dit mag dalk wees dat BB-lede hulle invloed gebruik het om die vorige regering te oorreed dat apartheid nie volhoubaar is nie, maar die einddoel van selfverryking was nie teenwoordig nie, (of miskien hier en daar in 'n baie mindere mate). Na my mening was die BB se grootste fout om dinge in die geheim te doen en dit het geweldige agterdog en afguns by nie-lede gewek.
Gupta-stories is nou eers besig om wêreld-wyd te ontvou en talle hofsake lê voor - minstens weet ons dat daar duisende prima facie bewyse is van SA -staatskaping wat al tot in Engeland en die VSA ondersoek word en groot, internasionale firmas is wat op regsgronde hulle verbintenis met die Guptas verbreek het. Die kernpunt hier was selfverryking van die Guptas en die persone wat hulle gehelp het om dit te bekom.
Ek sal myself nie verder bekommer om raaklyne tussen die ontbinde BB en die magtige buitelandse Gupta Groep te probeer trek nie.
Lang en kort
Die lang en die kort is moenie iets belowe aan iemand en dan dit nie nakom nie
Die ou regeering se manne…
Die ou regeering se manne het ook gesteel dit is en bly `n feit.
Die verskil is dat die nuwe regeering so steel dat daar niks oorbly nie waar die ou regeering darm gesorg het dat alles wat moes bly werk het en dan was daar nog `n ietsie oor om uitbreidings en INSTANDHOUDING te kon doen.
Groetnis
Freda, ja jy is reg ek stir…
Freda, ja jy is reg ek stir maar net so bietjie!
Len, dalk het jy ander inligting as ek maar ek weet nie van enige hofsake ooit teen die BB nie?
John vorster het wel op 'n stadium 'n eenman komissie aangestel om die BB se invloed in die regering, kerke en onderwys te ondersoek. sir De Villiers Graaf het aangedring op so ondersoek.
BJ het hom lekker geflous deur 'n eenman kommisie aan te stel, baie interesant die hoofregter wat die ondersoek gedoen het was op die bestuur van die BB.
Wat wel bewys was is dat die hele apartheid en tuisland beleid deur die BB geformuleer was en opdrag aan die regering gegee het om die beleid te implimenteer.
Mens kan natuurlik baie lank debateer of die BB goed gedoen het of nie, dit hang seker af of jy Afrikaans, Engels sprekend of 'n anders kleurige was?
Geen Engels sprekende persoon was toegelaat as 'n broeder nie, jy moes Afrikaans sprekend wees, moes aan een van die drie susters kerke behoort om enigsins as lid te kwalifiseer.
dit was ook maar 'n erkende feit dat alle top poste aan die broeders gegee was, al ons eerste ministers en later presidente was broers gewees, die hoof van die SAUK, die redakteurs van al die afrikaanse pers was broeders, ens.
Ja ek glo hulle het baie goed gedoen vir die afrikaans sprekende afrikaner, onthou hulle was erg verarm en onderdruk deur die Engelse!!! Ongelukig, maak hulle toe die selfde fout, toe hulle onder hul onderdruking uitkom, toe onderdruk hulle weer die oorgrote meerderheid van ons bevolking.
Ons pluk nou die vrugte van daardie jare se onderdruking.
Ek veroordeel niemand nie, almal het maar deur die eeue gedoen wat hulle geglo het is die regte ding om te doen. Om agterna te kyk en se dit of dat was verkeerd is maklik.
Ek hou maar net daarvan om myself in 'n ander ou se skoene te sit en dinge van 'n ander hoek af te bekyk.
Jou klip in die bos het…
Jou klip in die bos het gemaak vir 'n interessante gesprek, Arie.
Voor ons leeftyd, tydens ons leeftyd en na ons leeftyd sal daar nooit so iets soos 'n perfekte regering bestaan nie. Vanaf die Bybel se tye was dit so. Almal is sondige, feilbare mense.
Ek hou maar net daarvan om…
Ek hou maar net daarvan om myself in 'n ander ou se skoene te sit en dinge van 'n ander hoek af te bekyk.
wyse woorde Arie
Ek hou weer van feite
Ek hou weer van feite voor ek my eie oordeel fel oor 'n situasie. Met "feite" bedoel ek weklike feite en nie net "dit is en bly 'n feit nie ".
Arie, wat betref die voorbeeld wat jy aanhaal dat John Vorster op Sir De Villiers Graaf se versoek 'n kommissie van ondersoek aangestel het om die BB te ondersoek en toe die hoofregter wat op die BB se bestuur was as 'n eenman-kommissie aangestel het, die volgende : Sir De Villiers Graaf was 'n hoogs intelligente persoon in die oposisie en ek is vas oortuig daarvan hy (en selfs ook nie die betrokke hoofregter nie) sou hom nie met so 'n eenvoudige slap riem laat vang het nie. Ek dink dis een van baie wolhaarstories.
"Wat wel bewys was is dat die hele apartheid en tuisland beleid deur die BB geformuleer was en opdrag aan die regering gegee het om die beleid te implimenteer." Ek sou baie graag meer wou weet van hierdie konkrete "bewys".
"dit was ook maar 'n erkende feit dat alle top poste aan die broeders gegee was". My punt wat ek probeer maak is dat baie stories word vertel onder die dekmantel dat dit 'n feit is terwyl dit geen bewese feit is wat as 'n feit in 'n hof bevestig is nie. Natuurlik geld dit ook vir die Gupta sage, maar daarom het ek van meet af aan gesê dat daar duisende prima facie (redelike seker) bewyse is wat oppad is om in die howe getoets te word.
Arie, netsoos jy sê jy hou daarvan om dinge uit 'n ander hoek te beskou, hou ek ook daarvan om duiwels-advokaat te speel en nie alle "feite"-stories vir soetkoek op te vreet nie.
Len ek stem met wat jy se,…
Len ek stem met wat jy se, stories loop sterk as n beweging dinge in die geheim doen.
Ja ek het geen bewyse wat in die hof getoets was nie, maar daar is wel dokumente wat die Engelse pers destyds opgespoor het wat deur die BB opgestel was wat die hele apartheid en tuisland beleid uitgespel het. Dit moet natuurlik in die lig van die laat veertiger jare gesien word waar baie teoloee apartheid as Christelik gesien het. In die skrifte was dit ook duidelik dat dat die idee nie was om anders kleuriges te onderdruk nie. Hulle het geglo dat die beleid ook tot voordeel van die anders kleuriges sou wees.
Die ondersoek.... De Villiers Graaf was nie gelukig met die een man ondersoek nie, hy kon egter niks daaraan doen nie.
Omdat die lede van die BB geheim was het niemand geweet dat die regter n lid was nie. Eers in die laat sewentigs het die pers gedeeltelike lede lyste in die hande gekry en toe kom dit uit dat die regter n lid was.
Ek glo wel dat Vorster met die aanstelling wel bewus was daarvan, hy self was dan n hoof lid?
Maar ja getoetste bewyse is daar nie, so ons sal seker nooit 100% seker wees nie?
Ek self was lid van die Raport ryers, maar was geskors toe ek genooi word om by Rotary aan te sluit en dit aanvaar het.
Ons mag glad nie aan Engelse bewegings aangesluit het nie!
Arie...
Arie, minstens oor twee dinge stem ons albei saam :-
- Ons hou daarvan om die waters stroomop, aan die anderkant, te toets en te kyk wat pop uit !
- Alhoewel ons in hierdie geval nie juis suksesvol was nie, probeer ons minstens om mense hier op die forum aan die praat te kry !
Len, dit lyk of die ouens op…
Len, dit lyk of die ouens op die nuwe forum skrikerig is om oor sekere goed te gesels??!
Op die ou forum kon hulle lekker keel skoon maak en kon ons 'n saak lekker in diepte bespreek.





Broederbond
Soos ek ouer geword het, het ek besef dat daar baie dinge verkeerd was in die vorige bedeling, terwyl ek, toe ek jonger was, gedink het almal was vlekkeloos en edel van inbors. Ek glo nou daar was korrupsie en selfverrryking, ons was net nie bewus gemaak daarvan nie. Ek glo nie ek het ooit gedink oor die Broederbond, wie hulle is en wat hulle doen nie. Was hul nie maar meestal die leiers van die land nie?
As ek egter my opinie moet gee oor die verskil tussen die Broederbond en die Guptas. Die Broederbond was ten minste burgers van Suid Afrika en het seker meestal vir die welsyn van ons land (en seker die Afrikaner!) opgetree. Maar die Guptas? Kom van 'n ander land, wil hier kom septer swaai en voorskryf wie moet wat doen. Hulle koop almal om en verkry miljoene van ons geld. Nee, Arie, ons kan seker faksies in ons land met die Broederbond vergelyk maar nie die Guptas nie. Ek kan nie glo wat hulle alles in die land reggekry het nie, dit is net as gevolg van die feit dat hulle ons sogenaamde "leiers" in hul sak het. Net mooi niks wat hulle gedoen het, was tot voordeel van die land nie. Na alles wat al aan die lig gekom het, kan ek nie glo hulle kom nog weg daarmee en is nog steeds hier nie. Ek sien uit na die dag wat hul onder hul gatte uitgeskop word.
Arie, ek dink jy wil ons net opsweep!
