Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -3 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -3 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -3 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -3 hours ago

Oktober 2026 saam gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.

Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.

Laat ons saam gesels en vorentoe beur.  

Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 16/10/2026 - 19:20

Baie dankie vir die ontleding van Cordierite. Ek verstaan nou presies wat dit is 👀 😁

Sal interessant wees om te sien hoe lank dit hitte hou, warm genoeg om herhaaldelik op te braai. Miskien moet ek kyk om een aan te skaf - enigste manier om te weet.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 16/10/2026 - 19:44

einste. By julle in die 'voorwêreld' is nog restaurante wat die Hot Rock steak op hul spyskaarte aanbied. Ek het maar net goeie herinneringe aan die van Spur.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 16/10/2026 - 20:07

Iets het nog skaars gebeur dan is daar reeds 'n grap oor. Hierdie is 'n goeie een.

1
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 16/10/2026 - 21:36

Het nou die dag op RSG geluister na die uitsoek gesegdes van ons mense. En" voorwêreld" was vir my net so pragtig Rona.!! Die stadsmense bly in die " Voorwêreld".

Dink ek nou in my eenvoud aan die hotrocks klip. In my baie jong dae voor army, in n yster smeltery gewerk. Die oonde was met vuurvaste bakstene gebou waarin die erts gesmelt was, ek dink+_ 1300°C ?? En was herhaaldelik gebruik. Moral van my storie is. Bullshit baffles brains. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/10/2026 - 22:13

...jou geheue is goed. ystererts smelt tipies by 1250C. 

smeltpunte van die oksiede in die cordierite is;

MgO ongeveer 2800C

alumina ongeveer 2050C

kwarts ongeveer 1700C

Moral hiervan is dat bullshit tog nog die ou breine prikkel, of nie??? 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 16/10/2026 - 22:54

sommige van die ouwêreldse gesegdes het eenvoudig by my vasgesteek. Hoofsaaklik omdat dit my lief-oupa se spreektaal was en ek baie tyd by hulle spandeer het. So het hy dan ook vir ons wat plattelanders was die 'agtertangers' gemoem (bietjie minder styl as die mense van die voorwêreld) - altyd met so 'n ondeunde uitdrukking in die oog. Daar is nog 'n paar sulke woorde. Wanneer ek skryf is daar darem tyd om te dink aan plaasvervangers/sinonieme, maar in gesprek glip een soms steeds uit.

Vertel asb. die nuutste nuus oor Voolie, Piet en gesin. Teen hierdie tyd is daar seker al baie verwikkelinge. Onthou weer, nog laas het die eiertjies uitgebroei, maar julle kon nie vasstel hoeveel kleines daar is nie......

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 17/10/2026 - 09:45

 Daar is n veld, wat so duister vir my is dat ek totaal hulpeloos voel,  waneer daar van Black holes en "Understanding" ja nogal " understanding" the Universe gepraat word. Mjy dogter her vir my van Prof Brain Cox n boek gebring wat "laerskool" kinders vetonderstel is om te verstaan. Haikona..

Rona. Lyk na twee, sit nou bo-op die nessie en vlerkies oefen. Sal binnekort huis verlaat. Ouma het nou haar hande vol om veral Frankie kat in toom te hou. Hy is nog jonk, en kyk die spul met dáai oë aan.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 17/10/2026 - 10:39

Sjoe, ja, Frankie kan moleste maak want volgende gaan die kleintjies seker aftuimel grond toe voordat hulle behoorlik kan vlieg. Sterkte met die "baby sitting" en dit sal gaaf wees om die uiteinde van die twee te hoor. Intussen hou ek saam asem op.

0
3
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus