Synde daar 'n gedagte geplaas is om 'n gesprekslyn oor braai met 'n Weber te maak, het ek dit goedgedink om hierdie te begin.
Ek weet dat sommige braai-puriste reken dat braai met 'n Weber is nie braai nie. Ek het al by geleentheid die program "Kom ons Braai" op die VIA-kanaal gekyk. En daar het ek al 'n paar uitgesprokenes gehoor indien 'n deelnemer dit sou durf waag om op 'n Weber te braai. Houtvuur is in hulle oë die enigste ware manier van braai. Dan sê ek sommer in my stilligheid: "Gaan skyt man." Of daar's diegene wat hulle uitspreek teenoor die byvoeging van brikette (of houtskool) by 'n houtvuur se kole. Weereens wil ek diesielfde as hierbo in my stilligheid sê.
Die Engelsman sou sê: "There's no two ways about it" dat 'n houtvuur 'n fantastiese atmosfeer skep. En daarteen stry ek glad nie. Maar dat jy op 'n Weber net sulke lekker vleis kan braai, of selfs lekkerder, as op 'n houtvuur se kole, is nie altemit nie.
'n Weber verleen hom tot veelsydige maniere van kosmaak. Maar dit is nie waaroor dit gaan nie. Dit gaan oor braai op 'n Weber. Ek beskik ook oor 'n gewone grootte Weber, maar ek sukkel om dié ding baas te raak om te braai. Omtrent al wanneer ek dit gebruik is wanneer ek meer as een ontbeende heel hoender moet gaarmaak. Maar laasgenoemde is op indirekte hitte. En ek gee toe dat dit nie braai is nie. Maar dat só 'n hoender lekker is as dit op 'n Weber voorberei word, is ook nie altemit nie.
Ek gee myself nie uit as 'n kenner van die gebruik van 'n Smokey Joe (die mini-Weber) nie. Maar oor 23 jaar het ek al 'n paar "tricks" geleer hoe om op hierdie apparaatjie te braai. My eerste Smokey Joe het ek bekom toe ek ingeskryf het vir 'n destydse resep-kompetisie van Coleman mosterd. Dit is 'n storie vir 'n ander dag. Die eerste prys was 'n Weber gasbraaier, maar ek het een van die troospryse gewen, nl die Smokey Joe - wat vir jare in my motorhuis op 'n rak gepak was - want ek het met hout gebraai. Meer spesifiek met rooikrans en sommige kere met Myrtle - laasgenoemde moet nie onderskat word nie. In my Grabouw-jare het ek vragte rooikrans vanaf Stanford en Gansbaai aangery - of in sommige gevalle laat aflaai.
Maar voordat ek my mede-forumiete verveel met hierdie lang inleiding - ek sal op 'n volgende inset of twee 'n bietjie meer inligting verskaf oor my ervaring met 'n Smokey Joe (wat my totaal "bekeer" het daarvan om met 'n houtvuur te braai).
die gesegde....
...is dan sekerlik;
"ons kamp so lekker want ons eet so lekker"
die gesegde.... ...is dan…
die gesegde....
...is dan sekerlik;
eerder, ons LYK so lekker want ons eet so lekker.
Vanoggend die bestandele…
Vanoggend die bestandele gekry vir Geert se paptert. Sal in die Aga sit vir vanaand. Neef nog nie reg vir in die Weber nie.
Ek en ouma se bubbles gaan sukkel, dit is seker ń 6 man resep se baksel.
Halveer ....
die resep, dan kan 2 skrales darem twee dae eet daaraan.
Jy benodig mos nou nie 'n skuifliniaal om daai som te maak nie![]()
Halveer kan werk. Een en ń…
Halveer kan werk.
Een en ń halwe eier. Halwe blik mielies, halwe blik tamatiesmoor. Halwe punnet mushrooms.
Gooi die halwe blik mielies, halwe blik tamatie en halwe eier en die res van mushrooms op die komposhoop. Of wag tot dit afgaan en gooi dan op die komposhoop.
. Opsie twee is normaalweg hier aan die orde van die dag. ![]()
Paptert resep aangepas
Een koppie braaipap meel het my mengsel baie slap laat lyk so ek het nog ‘n koppie bygegooi. Dit smaak heerlik. Ek het nog net getoets maar dit gaan vanaand bykos by die pap hoender wees.

Lekker (letterlik) gesprekslyn die
Lyk my Geert is nie net ‘n bobaas helper met plek kry in nasionale parke en diere kry in die Krugerwildtuin nie maar hy is ‘n puik bron van lekker resepte. Is dit blaardeeg daardie?
Chris Wildehont
Ja is blaar deeg. Ek het miskien wors te droog gebraai. Een persoon het genoem dat hy wors rou ingesit het.....weet nie hoe hy uitkom nie. Wors bietjie braai is vir my deel van pret. Ek dink selfs n bietjie blatjang sal lekker wees.
Braai met 'n Smokey Joe
Baie mense sukkel om suksesvol te braai met die Smokey Joe (mini-Weber). Omdat die vleisrooster baie nader aan die kole is as met 'n gewone Weber, kan dit nogal "tricky" wees om nie jou vleis aan die buitekant te verbrand terwyl dit binne nog sommer behoorlik rou is nie. Ek vertel graag hoe ek die braaiproses op die Smokey Joe baasgeraak het.
Eerstens glo ek dat die gebruik van goeie gehalte brikette een van die hoekstene is vir suksesvolle braai met 'n Smokey Joe (eintlik enige Weber of ander ketelbraaier). Ek het aanvanklik vasgehaak by Charka se brikette en as redelik goeie alternatief Spar se brikette. Dit is totdat ek Etosha se Triquettes "ontdek" het. Laasgenoemde verskaf vir 'n langer tyd uitstekende hitte. En as jy klaar gebraai het maak jy net alle luggate toe en smoor jou kole vir nog 'n keer se gebruik.
Nog iets voordat ek by die braaiproses kom - moenie jou vleisrooster op die kole los wanneer jy dit smoor nie. Alles brand hard aan en bemoeilik die die skoonmaakproses van die rooster voordat jy dit weer gebruik. Ja - ek was my vleisrooster deeglik na elke gebruik. En voordat ek braai spuit ek die rooster met Spray & Cook om te verhoed dat die vleis vassit aan die rooster.
Ek gebruik gewoonlik 20 - 25 "vars" brikette - afhangende van die bruikbaarheid van die vorige braai se kole. Die sy-luggate van die Smokey Joe bly ten alle tye volledig oop terwyl die kole brand en ook tydens die hele braai. Ek beheer die hitte van die Smokey Joe slegs met die luggate op die deksel.
Wanneer die brikette klaar gebrand het en reg is om te braai, is dit heeltemal te warm vir braai a.g.v. die klein spasie tussen die kole en die vleis. Daarom "demp" ek eers die kole vir sowat 10 minute deur die deksel bo-op te plaas met dié se gate slegs sowat 4 - 5 mm oop.
Dan begin die braaiery eers stadig. Met die uitsondering van "steak" (wat ek graag op hittige kole braai) word die vleis aanvanklik vir 3 minute aan 'n kant gebraai met die luggate steeds net 4 - 5 mm oop. Ek braai eers die vleis stadig tot gaar aan die binnekant, voordat ek die deksel se gate stelselmatig groter oopmaak. Een van die geheime is om die vleis gereeld te draai - aanvanklik elke 3 minute maar soos wat die dekselgate stelselmatig groter oopgemaak word, word die tyd tussen elke omdraaislag korter. Ten einde 'n mooi kleurtjie op die vleis te kry, word dit teen die einde sonder deksel vinnig aan elke kant gebraai. En glo my - die vleis het 'n lekker rokerige smaak wat geen gewone braaivleisvuur kan gee nie. Gevolglik maak ek (as ek atmosfeer wil hê) 'n aparte vuur langsaan en braai op my Smokey Joe.
Aartappels
Vanmiddag weer aartappels in Weber gemaak. Ek het charcoal gebruik....gee vir my hoër hitte
45min op Weber.
Sny klein aartappels in helfte. Plaas in bak met halwe koppie olyf olie en speserye van jou keuse. Meng alles saam en plaas op indirekte vuur teen 230⁰c vir so 45 min





Hier gaan nou baie resepte…
Hier gaan nou baie resepte gedeel word.