Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -2 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -8 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -9 hours ago
Rona November 2026 Johann L -9 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -19 hours ago

2025 Kamp beplanning

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek begin solank die gesprek, omrede sommige grootmense reeds met idees besig is. 

Ekselwers moet nog besin oor wat volgende jaar op die toerlys is. Dit is net so jammer dat Kalaghadi so effe vêr van Brits af is. Dan ook, is Bergkwagga omtrent dieselfde afstand van ons af.

Kruger bly maar die naaste Sanpark, ek ignoreer Marakele, want wildgewys is dit geen kompetisie met Kruger nie.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 16/08/2024 - 09:28

... 'n aanvanklike 14 dae wegbreek komende Oktober toe 20 dae. Na die byvoeging van 3 aande by Dwarswegstrand voor die 14 aande in Karoo NP, het ek toe daarin geslaag om nog 3 aande in Montagu by te voeg aan die einde.

Nou sal ek seker so stadigaan moet begin om die "Ou Lady" gereed te kry vir dié ekskursie, want sy't amper 2 jaar laas vir vakansie agter die Hilux aangehardloop. Die diep-siklus battery kom al baie jare aan. Alhoewel dit 24/7 op laai staan, wil ek dit nogtans laat toets ten einde seker te maak dat ek darem nog die "movers" en tru-kamera met gemoedsrus kan gebruik.

Nog 7 weke voordat ek die pad wil vat.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 16/08/2024 - 09:46

Terloops, ek sien jy meld jou trukamera kry sy krag van die karavaan-battery.  Kan jy hierdie krag na die kamera afskakel as julle nie reis nie ?  Dikwels met draadlose kameras soos joune, kry die kamera sy krag van die nommerplaatliggie want deesdae word dit aanbeveel om altyd, selfs in daglig, met jou voertuigligte aangeskakel te ry.

Moet sê, jou beplande, uitgebreide toer lyk indrukwekkend.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 16/08/2024 - 10:24

Nou sal ek seker so stadigaan moet begin om die "Ou Lady" gereed te kry vir dié ekskursie, want sy't amper 2 jaar laas vir vakansie agter die Hilux aangehardloop. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 16/08/2024 - 11:14

Len - Pine het 'n skakelaar geïnstalleer waarmee ek die kamera aan- en afskakel.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 16/08/2024 - 11:38

SANPARKE het gister vir my ‘n SMS gestuur om my te herinner dat die deposito vir my een bespreking 22 Augustus betaal moet wees. Ek sit tans met drie besprekings vir Julie. Ek het opgemerk dat elke keer wat ek aan die een wat Shingwedzi van deel is (waarheen ons beslis wil gaan) verander en iets byvoeg, skuif die datum wanneer die deposito betaal moet word aan. 
 

Dis die eerste keer dat ek meer as een bespreking het vir een besoek aan die Krugerwildtuin, en nou verstaan ek beter hoe sommige mense (die keer is ek een van hulle) verblyf vashou omdat hulle verskillende opsies bespreek het en dan eers teen die datum wat die deposito betaal moet word van dit laat gaan. 
 

Dis eintlik sleg dat die stelsel mens toelaat om op een profiel meer as een bespreking vir dieselfde tyd in dieselfde park te maak. Dit benadeel ander wat ook graag in daardie tyd wil gaan. 
 

Ek moet nog net finaal besluit of ons weer die eerste aand in die skuiling by Sable dam wil slaap voor ek vir eers my bespreking vasmaak en die dubbeles kanselleer. Die skuiling is ‘n lekker ervaring, maar dit is redelik duur. Tydens ons laaste besoek was ‘n paar van die beddens gebreek, asook meeste van die gaas vensters voor die uitkyk openinge. Lg pla my nie werklik nie, mens kry ‘n muskietnet en ons hou in elk geval ten minste een oop om deur uit te kyk terwyl ons wakker is. Maar swak onderhoud steek my dwars in die krop - veral as mens so duur betaal. Dit is ook koud langs die dam in die winter.
 

Ek het vir 2 Julie bespreek in ‘n Safaritent by Letaba. Dit is goedkoper as die skuiling, en van daar af kan ons selfs vroeër by Shingwedzi wees as van die skuiling af. Dit beteken wel ons kom ‘n dag later in die wildtuin aan, maar die koste van die een aand by die skuiling is ook ‘n faktor. Ek sal die naweek daaroor drink en dan besluit.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 16/08/2024 - 11:40

Ek kyk met goedkeuring en ‘n tikkie jaloesie hoe Mnr Boucher se toerprogram uitbrei. As ek die dag nie meer werk nie sal ek darem gatskuur! Dis natuurlik nou as my gesondheid dit toelaat. Geniet die beplanning. Dit klink nog lank maar een die dae lees ons hoe pak julle. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 16/08/2024 - 12:15

Ek het vir 2 Julie bespreek in ‘n Safaritent by Letaba. Dit is goedkoper as die skuiling, en van daar af kan ons selfs vroeër by Shingwedzi wees as van die skuiling af.

Ek nog nooit in een van die twee skuilings, wat ingerig is vir oorslaap, gebly het nie. Dit lyk en klink of dit nogal idillies kan wees, maar dit sal nie mammie se goedkeuring wegdra nie, Sy't al te veel "ongediertes" (lees: hoofsaaklik spinnekoppe) in skuilings gesien as ons bedags daar aandoen - nou nie dat ekself baie braaf met spinnekoppe is nie. Maar ek dink dit moet tog 'n belewenis wees om snags so op jou eie daar oor te bly.

Ek glo jou goed dat dit seker maar koud is daar langs die water in die aande. Ons het al by twee geleenthede in safari-tente in Krokodilbrug oorgebly en dit eintlik baie aangenaam gevind. Daarom dink ek dit is nie 'n slegte alternatief om die Sable-skuiling te verruil vir 'n safari-tent in Letaba nie.

Ons het ook met die vorige twee karavaanvakansie in die wildtuin die eerste aand by Letaba oornag en die volgende aand by Shingwedzi. Ons het eers by Punda langer begin staan. Dit is vir my net lekker afstande om per dag te ry. As ons by Tsendze vertrek na Satara, staan ons ook een aand oor by Letaba.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 16/08/2024 - 14:23

.............oor spoed om te sleep en afstand om per dag te ry, so het ek ook 'n vaste reël, naamlik oorslaap tydens lang ritte.  Ek besef dat veral met 'n boswa en/of 'n gebrek aan pakplek van toerusting, is dit nie altyd moontlik om binne-in jou wa te oorslaap nie. Ek, of eerder ons, het die gebruik om altyd, vandat ons met vakansie vertrek het, in ons wa in ons eie dubbelbed te slaap.  Geen uitsondering word gemaak nie, selfs as ons by familie of vriende oorslaap, kuier ons heerlik by hulle aan huis maar as slapenstyd aanbreek is dit in ons eie bed. Sodoende spaar ons die gasvrou van beddegoed wasgoed as ons weg is.

Omdat ons baie tyd tot ons beskikking het is dit heerlik om net by 'n veilige plek te kan stilhou, nie eers af te hak nie en in ons "huis" te klim om iets te ete aanmekaar te slaan, of ietsie te drink en les bes, om 'n middagslapie te geniet. Vir ons is dit reeds deel van ons vakansie.  So ook met die terugreis, die vkansie is eers iets van die verlede as ons terug by die huis intrek.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 16/08/2024 - 14:54

As ons met die wa met vakansie gaan is dit ons slaapplek ten alle tye. Daarom is my wa so te sê leeg sodat ons nie hoef uit te pak om ons slaapkamer gereed te kry vir die nag nie. Ek het begrip vir diegene wat met 'n boswa eers groot moeite moet doen vir een aand se oorslaap.

Sover ek kan onthou het ons nog net een aand, wat ons woonwa gesleep het, nie in die wa oornag nie. Dit was by Pienaardam, buite Middelburg (Mpumalanga) toe ons my seun-hulle daar ontmoet het, op pad wildtuin toe. Ons het saam met hulle in 'n chalet gebly. Maar dit was maar ongerieflik omdat ons met só 'n vakansie nie uit tasse leef nie en alle klerasie in die woonwa weggepak is. Ons was seker maar onge-orden, want ons het kort-kort besef dat ons nog die en netnou daai uit die wa moet gaan haal.

Nee - ek slaap ook in my wa. Daarom dat ek nou-al beplan aan my oorslaaplekke vir volgende Apr/Mei se vakansie wildtuin toe. Soos Len sê is ek nogal baie rigied wat afstande aanbetref - dit moet nie verder as 500 km per dag wees nie (want ek sleep stadig - 90 kpu volgens die GPS).

Ek dink daaraan om eers sowat 4 aande by ATKV Hartenbos oor te staan voordat ons vir 7 aande in Karoo NP gaan kamp. Dan een aand elk by Forever Gariep en Aldam voor ons ons inboek vir 10 aande by ATKV Klein-Kariba. Na een aand in Malelane-kamp is ons vir 28 aande in Krokodilbrug bespreek. Met die terugkeer dink ek aan een aand elk by Kaia Manzi (Bronkhorstspruitdam), Aldam, Gariep, Karoo en iewers in die omgewing van Oudtshoorn of Hartenbos.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 16/08/2024 - 15:16

ons nog net een aand, wat ons woonwa gesleep het, nie in die wa oornag nie

Dieselfde. Ons het vroeer, toe ons nog in woonstelle in Margate gebly het, gereeld by daai driehoek huisies op Van Reenens pas oornag....Pyramid Motel. Altyd baie gesellig. Toe het ons een jaar met karavaan daar gaan oornag...ons het gevra bir n huisie waar ons ons karavaan langs kon parkeer. Die plek het geen reputasie van inbrske nie, maar die omheining is maar soos n plaas heining....daai 5 dwars drade. Ek het daai aand naar bietjie onrustig geslaap...sou n boosdoener daar op perseel kom sal karavaan seker baie aantreklik gelyk het. Gelukkig niks gebeur nie....maar van daar af oornag ons maar in karavaan....ons setup slaan darem vinnig op en af

My broer staan ook gereeld daar oppad see toe...2de foto 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 19/08/2024 - 20:39

Net soos wat ek eerskomende Oktober die R43 na Worcester wil uitskakel in my reis Karoo NP toe en eerder met die N2 via George wil ry (en by Dwarswegstrand vir 3 aande oorstaan) - oorweeg ek dit om volgende April dieselfde roete te ry as ek eers vir 7 aande in Karoo NP oorstaan. Maar dan oorweeg ek dit om vir sowat 4 aande by ATKV Hartenbos oor te bly. Ek reken die eerste helfte van April kan nog lekker weer by die see wees. Gevolglik het ek 'n versoek gerig vir 4 aande se staanplek vanaf 11 April. My beplanning begin al hoe meer vorm aanneem.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 20/08/2024 - 06:54

....wat ek kan byvoeg tot ons Kruger kuier Mei '25. Dalk moet ek probeer om Julie/Augustus plek in Mokala te kry. Ons het dit daar geniet die afgelope Mei maand. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 20/08/2024 - 10:03

Teen hierdie tyd is meeste seker bewus van my plan om in 2025 'n draai in diè buurland te gaan maak. Die hoofdoel is om die Victoria Waterval te besoek (ons was nog nooit daar nie).

Terwyl ons dan die onkoste aangaan om so ver te gaan, sal dit net logies wees om meer van die toer te maak. Ons is egter beperk t.o.v. my bussie wat nie 4x4 is nie. Dit is dus nie die ideaal indien mens Botswana in sy volle glorie wil beleef nie, ek is ten volle bewus daarvan, maar glo ek kan nogtans iets uitwerk wat dit 'n aangename tyd kan maak.

Ek het al 'n warboel van inligting neergepen wat ek oor 'n tydperk op die internet gekry het, maar dit laat my presies daar.....,deurmekaar! Indien julle kan help met die beplanning sal ek dit baie waardeer - sê maar, dan begin ons 'n draad - die tyd wat ek in gedagte het is vir Augustus en dit sal ook bepaal watter aktiwiteite moontlik is al dan nie. Glo ek gaan hier regkomsmiley

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 20/08/2024 - 11:14

Ek sal geen bydrae kan lewer t.o.v. jou Botswana-beplanning nie. Dit was 'n bestemming wat eens op my wenslys was, maar het sedertdien van genoemde lys af verdwyn. Maar beplanning van 'n vakansie is vir my een van die lekkerste dinge om te doen - amper lekkerder as die vakansie self. Dalk ontvang jy 'n paar voorstelle hier op die forum.

My persoonlike ervaring van Botswana is grootliks beperk tot die hoofstad Gaborone - toe ek nog agente daar besoek het. En eenkeer het ek daarvandaan met die Trans Kalahari-roete na Namibië gery omdat ek ook agente in Grootfontein en Windhoek moes besoek. Dan was daar ook 'n tiervis-ekskursie na Katimo Mulilo, maar waartydens ons na Kasane gevlieg het en daarvandaan per padvervoer oor die grens na Namibië is. En met die terugkeer moes ons by Kasane lughawe uitvind dat ons vlug na Johannesburg gekanselleer is en dat ons via Gaborone moes vlieg. In Johannesburg aangekom, vind ek uit my tas is nog in Gaborone. Ek het my vlug Kaapstad toe verpas en moes noodwendig in Johannesburg oorslaap - met net die klere aan my lyf. Gelukkig was Woolworths, op die lughawe, nog oop en kon ek darem die noodsaaklikste koop. Ek het op 'n Saterdag by die huis arriveer en die volgende dag is my tas by my huis afgelewer.

Geniet die beplanning. Ek vorder redelik goed met myne vir volgende jaar.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 20/08/2024 - 11:15

Rona, jy sal ongelukkig nie op my kan staatmaak  op Botswana inligting nie, want ek was nog nooit daar nie en sal seker ook nie daar uitkom nie.  Maar ek glo hier gaan jy heelwat kundige raad kry.  Ek kan wel 'n opinie uitspreek oor Victoria Watervalle want ons het 7 jaar lank in Zimbabwe gewoon.  Ek hoef nie veel meer te sê nie behalwe dat dit 'n absolute wonderwerk is om daardie vallende water van onder af te beskou.  Vir my was dit 'n absolute lewenservaring.

Geniet julle toer-beplanning !

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 20/08/2024 - 11:21

Middag Rona

Ons was ook nog nooit in buurlande nie, maar al raad wat ek kan bied is die volgende tydskrifte wat al die info bied.

1] WEG Reisgids 2017/18 Botswana, dit dek 133blyplekke, 9 parke en padkaarte. Victoria valle en Caprivi.

2]WEG 2016 reisgids Namibië 240 blyplekke met GPS punte en kaarte

3] WEG nr 160 Namibië 

Vind uit of jy dit nog by WEG kan aanskaf, dit gaan alles vir jou makliker maak.

Daar is nog ene vir hardebaard 4x4 mense wat Khwai besoek dek, met wenke;

WEG Ry&sleep nr 3

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 20/08/2024 - 11:45

Sonder 4x4 is daar ongelukkig min van die bewaarde gebiede (wat 60% van die land beslaan) wat mens in Botswana kan besoek. Julle sal tot by Nata lodge kan ry en van daar af met hulle voertuig die Nata Sanctuary besoek om ‘n gevoel van die panne te kry. Oppad Kasane toe behoort julle by Elephant Sands te kan inkom. In Kasane sal julle ook ‘n uitstappie of twee/drie kan doen met ‘n operateur om Chobe te siene te kry. Julle sou ook Maun toe kon gaan om van daar af met ‘n toer Moremi toe te gaan. Dit sal na Nata moet wees en dan terug Nata toe voor julle weer Noord draai. Al die ekskursies gaan natuurlik geld kos, maar dit sal goedkoper en makliker wees as om ‘n 4x4 te koop en dit self te doen. 
 

Van Kasane af kan julle of direk Victoria Falls toe, of deur Zambia en Livingstone. Aan daardie kant sien mens die valle van die ander kant af ook. Dit is 1,6km breed as ek reg onthou, so jy kan nie die hele gedoente sien van een kant af nie. Victoria Falls (die dorp) is reg langs die valle. Livingstone is ‘n hele entjie weg. Eg is ‘n dorp wat ek altyd baie geniet het om te besoek. Ek het ophou tel toe ek 48 keer daar was. 
 

Van daar af sou ek dit sterk oorweeg om deur Zim terug te ry en langs die pad Hwange, Matopos en Great Zimbabwe te besoek. Dit kan alles met julle bus geskied. Van daar af kan julle deur die Krugerwildtuin terug ry huis toe.
 

Sjoe, ek het myself nou lus gepraat. Soos ek vertel sien ek al die plekke in my geestesoog en verlang na die tye wat ek toere gelei het. Ek hoop ek kan my kinders ook nog daarheen neem eendag…

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus