Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert ... Braai met 'n Weber Chris Boucher -3 hours ago
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -13 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -1 day ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago

Totsiens/ Goodbye

Durbanville
Submitted by Jeanne Jones on
Forums

Dan se ek ook maar so. Daar is altyd iemand wat jou stelling benavraag of n ongevraagte opmerking maak asof hulle alwetend is. Het dit nie nodig, daar is nog forums. Nou gaan die kommentare inrol , veral van die slim, vervelige en beterweterige persone. Laat dit kom. Sal nie eers lees nie. CHEERS......

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 12/09/2024 - 20:14

Nou wat nou, Jeanne, wie het jou kwaad gemaak.

Nee man, moenie jou aan klein mensies steur nie, gesêls nog saam en vergeet die paar  mense wat dalk, soos ek, 'n smaaklose sin vir humor het.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 12/09/2024 - 20:22

Jeanne het navraag gedoen oor 'n roete Krugerwildtuin toe. Ek het daarop gereageer met hoe ons gewoonlik dié pad aanpak. En pas daarna kom hierdie groet. Het ek iets verkeerds gesê in my onnoselheid? Indien wel - vra ek opreg om verskoning.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 12/09/2024 - 20:27

.............gesprekke van  Jeanne deelgeneem en hoop nie ek het iets verkeerd gesê nie.  As ek reg onthou was die laaste Pine Joubert se telefoonnommer wat ek voorsien het om Jeanne te help met 'n spaarwiel montering agterop sy motorhome.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 13/09/2024 - 08:24

Daar is altyd iemand wat jou stelling benavraag of n ongevraagte opmerking maak asof hulle alwetend is. Het dit nie nodig, daar is nog forums. Nou gaan die kommentare inrol , veral van die slim, vervelige en beterweterige persone

As mens iets op enige forum kwytraak is die bedoeling tog sekerlik dat dit deur enigeen gelees kan word? En daarmee saam kom ook opmerkings, party positief, party negatief, party stem saam, ander weer nie. As mens nie daarvan hou nie of die reaksies as beterwetig, ongevraag, ens. ervaar, moet mens eerder by (enige) forum verbyhou? Vra maar net...dalk is ek die vervelige en beterweterige persoon! Soos die Ingelse sê, "check the worry in my eyes"laugh 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 13/09/2024 - 10:03

.............situasie onder bespreking, GW.  Ons het almal verskillende standpunte en as jy nie van myne hou nie, hou eerder net verby.  Byvoorbeeld, dis ou nuus dat ek versot is op die Kruger Wildtuin en jy kan dit weer nie verstaan dat ek daar in die bos gaan kamp en dan uitry opsoek na wildediere nie.  Jy hou weer van Scotties by die see en ek kyk lankal nie meer na bikini-meisies nie, dit laat my op 77 minderwaardig voel as hulle my met respek as "Oom" aanspreek  -  ek is mos nie meer in hulle kategorie nie.

Die lewe is 'n lied, ons moet dit net raaksien.

0
Durbanville

Jeanne Jones

Fri, 13/09/2024 - 11:02

Ek wil begin deur te se , jammer. Niemand wat sover kommentaar gelewer het, het iets verkeerd gese nie. Ek is groot genoeg om te se Jammer. Sal maar in toekoms my minder steur aan onnodige kritieke kommentaar en fokus op die meerderheid hier wat altyd positiewe kommentaar lewer. So, ek is terug want ek hou van almal hier. Mooi loop, praat spoedig.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 13/09/2024 - 11:17

Baie bly om te sien dat jy van plan verander het - iewers was waarskynlik net 'n misverstand (ek was "uitstedig" en het nie alles gevolg nie). Ons sien steeds uit daarna om meer van julle afgelope vakansie te hoor met sommer 'n klomp foto'slaugh. Ons gaan nie gou weer die wêrelde besoek waar julle gekuier het nie, so sal nuwe nuus welkom wees. Ek hou die spasie dop.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 13/09/2024 - 11:39

As dit iets was wat ek gesê het is ek jammer. Ek is lank genoeg getroud om ook jammer te sê vir iets wat ek nie gedoen het nie. Jammer. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 13/09/2024 - 12:30

... (nee, by 2 geleenthede) my moer op 'n stok gesteek vir hierdie forum. Die eerste keer het ek nie "amptelik" onttrek nie, maar net vir 'n lang tyd stilgebly. Ek kan nie eers meer onthou wat die rede was om daardie besluit te geneem het nie.

Die tweede keer het ek "offisieël" gegroet en my voorgeneem dat ek nou finaal klaar is met die forum. Dit het sy oorsprong gehad in die beledigende opmerkings en aanmerkings wat 'n sekere deelnemer gemaak het en my glad nie aangestaan het nie. Ek was vasbeslote dat ek finaal gegroet het. Ek het egter steeds kom skelm inloer deur nie in te teken nie.

Nie baie lank nie, toe het die lus om weer met my maters te gesels, die oorhand gekry. Ek het die voorreg gehad om al 'n paar van my forummaters te ontmoet (Lapskag, Len, Maurits, Neef Herman en Wessel) - almal 'n klompie bakgat mense. Ek het my voorgeneem (toe ek terugkeer) om nie kommentaar te lewer op godsdienstige en politieke gesprekke nie. Dié voorneme het ek al klaar weer verbreek toe ek onlangs wel my opinie oor 'n politieke standpunt uitgespreek het. Pas daarna het ek myself weer herinner aan dié voorneme en hoop om daarby te bly.

Ek wil ook nie weer in 'n onsinnige debat (volgens my opinie) deel te neem nie. Ek kon byvoorbeeld liggeraak wees oor kommentaar wat gister op 'n inset van my gelewer is, maar het besluit om dit te ignoreer.

Ek is bly om te verneem oor die omkeer van jou besluit Jeanne.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 13/09/2024 - 13:21

Dis goed dat mense se sienswyse soms van mekaar verskil.....soos iemand n keer gesê het: Hoe vervelig moet dit nie wees as almal dieselfde dink en doen nie.....dan is daar mos niks om oor te gesels nie. Bly jy is terug Jeanne...alhoewel ek jou soos meeste hier net via die forum ken en nog nie persoonlik ontmoet het nie. Om eerlik waar te sê het ek nog bittermin van die forum fisies in lewendige lywe ontmoed. Dan het ek vir Jan Meyer in Lower Sabie raakgekamp. Ek het al saam met Anton (Voortrekker) gekamp waar hy sterre naweek aangebied het. Dan het ek vir Speknek of altans GrootG ontmoet toe hy n gazebo by my gekoop het en dan het ek 3x vir wyle Willem Brits raakgekamp.. Ook vir Ski (Nico) vlugtig ontmoet by n byeenkoms by Klipdraai. Met die res reis ek saam via die forum. Sou nice wees as daar weer n forum naweek sou wees, maar dink dit is tans moeilik haalbaar met die hoeveelheid aktiewe lede en diè wat saamgesels is wyd verspreid

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 15/09/2024 - 09:33

Wel totsiens beteken eintlik "tot ek jou weer sien"  so dit is goed om jou weer te sien!  smiley   Dit is altyd goed om ook weer vir Chris Boucher te sien cheeky  Johann Lock ook devil  En vir Grootwind laugh   Hoop nie ek het nou iets verkeerds gesê nie surprise

Mense wie ons nie weer hier gaan sien is Mooiman en Wilsur crying

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 15/09/2024 - 11:00

... om weer vir Chris Boucher te sien. Ek het gedink hier is 'n paar ouens wat destyds "good riddance" gesê het devil

Maar aag - ek geniet (meestal) julle ou klompie, al praat (of liewer 'tik') julle soms 'n klomp .....

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 15/09/2024 - 12:44

...jou verklaring vir die veelbesproke woord "totsiens" word as korrek aanvaar.

Nou watter woord moet ek gebruik in die geval waar ek groet, maar nie tot weersiens nie?? Dalk voert...klaugh

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 15/09/2024 - 14:38

Soos spekkies mos vanmelewe altyd aan gekondig het gebeur mos min hier, in alle gavalle het ek nie meer die oemf vir so 'n vinger geveg nie. Die lewe is 'n lied - die natuur gooi die musiek yes

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 15/09/2024 - 15:06

....nee geen faaait oppad, of gewip nie.  Sit sommer en wonder oor die rgte woord in so 'n geval.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/09/2024 - 10:44

....dankie vir die woord, seker die tekens van die tye as ons moedertaal so soms uit kop gaan.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus