Ek begin solank die gesprek, omrede sommige grootmense reeds met idees besig is.
Ekselwers moet nog besin oor wat volgende jaar op die toerlys is. Dit is net so jammer dat Kalaghadi so effe vêr van Brits af is. Dan ook, is Bergkwagga omtrent dieselfde afstand van ons af.
Kruger bly maar die naaste Sanpark, ek ignoreer Marakele, want wildgewys is dit geen kompetisie met Kruger nie.
Wessel
Ja dit word ten volle op Sanparke se web werf beskryf. Ons maak al die afgeloope 4 jaar daarvan gebruik. Dit was eers 50% en nou hierdie jaar 40%. Sekere Parke, sekere tye en sekere kampe vir 30 aaneenvolgende dae of langer in die selfde park. In die Wildtuin is dit in die warmste en stillste tyd. Seeker ook so vir die ander parke. Ek moet se laas in Februarie / Maart 2024 was dit 46 C vir weeke aan mekaar. Dit was uitputtent met tye.
Toer deur suide Namakwaland
Ek sit sommer en bedink opsies rondom 'n toer deur onderste Namakwaland. Daar is 2 redes waarom ons nie weer bo by Springbok wil begin nie, [a] die totale afstand en [b] as mens Kuruman en Vryburg wil misry.
Ek oorweeg om weer by Mokala te gaan kamp, en dan daarvandaan via Carnavon, Calvinia na Nieuwoudville te sleep. die Namakwa gedeelte is dan daar rond en vandaar af na die mooiste Kaap.
As ek egter Mokala op die terugreis wil besoek, oorweeg ek die 2de opsie om van Upington af met die R27 oor Kenhardt en Brandvlei te sleep tot by Calvinia, en dan Namakwaland toe.
Om egter KarooNP en Mokala raak te sleep, wil dit voorkom of mens dit net sal kan doen as mens maar tot in Bellville gaan. Daar is nie teer verbindings paaie tussen Namakwaland en N1 of N12 behalwe die R27/R63 nie.
Ek wil nie te lank wag met my besprekings nie, veral nie om plek in Mokala te kry nie.
Strandfontein
Wessel, gaan jy Strandfontein insluit by die toerprogram? En dalk Tietiesbaai verder Suid? Tussen-in is Rooiduin, maar ek verstaan van hulle staanplekke is deur die see gevat.
Die stuk tussen Upington en Calvinia het ek al drie keer gesleep. Dis maar ‘n dooie stuk, maar sleep baie lekkerder as Springbok om. Lg het wel die voordeel dat mens Augrabies kan insluit. Dis net die stuk Suid van Springbok wat taamlik baie op en af is.
Wessel ons kom nou van Noord…
Wessel ons kom nou van Noord Kaap af. Ek noem net want ons het dit geniet. Kamp plek by Nieuwoudtville, Die Blou Huis, hulle het huisies, woonstelle en lekker kamp terrein. Ablusies is baie netjies. Hulle bedien lekkerste kos as jy nie wil braai nie. Was n paar keer daar.
Wessel buite Upington,…
Wessel buite Upington, Oranjerus kampplek langs rivier op gras, ablusies baie netjies, sal weer gaan
Jeanne, Chris S...
...dankie vir die voorstelle. Ek dink om nuwe gesprek te skep, dan is al die handige info bymekaar. Ek ken Oranjerus, maar Blou huis was onbekend vir my.
Blouhuis kamp is n moet. Die…
Blouhuis kamp is n moet. Die Nieuwoudtville waterval loop sterk.
Ons het nie Augrabies gedoen…
Ons het nie Augrabies gedoen nie, was al baie daar en mense op Kakamas se hy loop maar flou, nie die ingangs geld werd nie.
Ek wag nog
Enige iemand op forum wat tussen 15-28 Junie in KNP kampeer?
Ek soek nog 6 aande CK6PV in Shingwedzi. Ons het ‘n CK6PL van 2 - 11 Julie maar wil graag teen die heining staan. Ek het 5 - 8 Julie CK6PV gekry. Ek hoop daar kom los vir die res van die aande noudat mense finale deposito’s moet betaal.
Ons meer suid
Ons begin by Malelane op 8 Junie, dan Skukuza van 9 tot 13 Junie, van 13 tot 16 Junie by Letaba en van 16 tot 19 Junie by Shingwedzi
Ons gaan meer suid wees daai tyd. Sover is dit 15de Krokodilbrug en daarna Satara. Ons probeer nog na einde Julie aanskuif, maar sukkel om plek te kry by Lower Sabie, wat altyd een van ons gunstelinge is
Beplanning res van 2025
Wat is op jul beplanning vir die res van 2025?
Ons is net naweek kampe
29-31 Augustus ATKV Buffelspoort
8-12 Oktober Wagondrift
24-26 Oktober Bush n Buck
Oorweeg om Desember tuis te bly
Strydoms se toer....
.....af deur Mokala, Namakwaland , Suid Kaap en KarooNP is om die draai. Ons gaan DV so 19 Aug in die pad val, om weer 22 Sept terug te wees.
Dan is ons seker ook klaar vir die jaar, behalwe as dit 'n koue Okt. en November maande gaan wees. Asof dit moontlik is rondom Brits.![]()
Nog hier ...
... by Eiland Spa tot 4 Aug en beplan om 7 Aug by huis te arriveer.
14 Okt - 4 Nov in Karoo NP
4 Nov - 4 Des by Dwarswegstrand.
Hoor so wat Len praat van…
Hoor so wat Len praat van min kampverwante gesprekke. In my geval is daar hopelik ń Karoo NPark besoek hier in November. Dan het ons 2 keer in die jaar gekamp, en dit lyk my ons normaal te wees.
Nie dat ons by die huis sit en vergaan nie, bly aan die gang met hier en daar kuier. September gaan ons Nampo toe in Bredasdorp vir 2 dae, bly in ñ Chalet in Agulhas Nationale Park. Op pad soontoe ń aand in Montagu, twee aande in Waenhuiskrans spa hotel nogal. Op pad terug ń draai in Ladysmith en dan huistoe.
Môre oggend gaan ek Hermanus toe vir gedenkdiens van ou mater Saterdag oggend. Bly by vriende oor op Gansbaai.
So sal die Stoffertjie se wielietjies mooi rond bly. Moet sê die 20km/ l maak die rondrits ń absolute plesier.
Stoffer se dors???
Herman, is jy seker jou somme is reg??? Jy kan nie verbruik bereken, of aanboord kompoeptertjie net glo teen die afdraendes nie. ![]()
![]()
Toets dit nou ordentlik met die naweek se trippie Hermanus toe en terug, en kom vertel asb..





Wessel ..
... ja, vir sekere parke geld dit regdeur die jaar en vir ander parke/kampe net tussen sekere datums. Dit is as jy 30 dae of langer in een park bly.