Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hael November 2026 Geert -4 minutes ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -25 minutes ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -4 hours ago
Double cheese burger November 2026 Geert -10 hours ago
30% November 2026 Geert -17 hours ago

Oktober 2024

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Nou ja, daar is dit Oktober 2024. Dit beteken net een ding, mens moet fyn begin luister vir die skimpe om die korrekte Kersfeesgeskenke te koop.

 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/10/2024 - 06:22

...vir ons vriend Chris S.

Beide konsepte mag tersprake wees op die sensor, gekoppel aan die klepstang.

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 10/10/2024 - 08:56

Terwyl ek hier tik luister ek na die klaarblyklike familietwis wat hier naby in 'n trop bobbejane woed. Waarskynlik word daar 'n bietjie tugtiging toegepas as ek na pa se geblaf en die jongeres se geskree luister.

Ek haal hierdie aan uit die gesprek van Chris op hulle toer en wil nie daai gesprek besoedel nie.

Ek sien oral dat daarnou nuus gedeel word van die bobbejane wat nou weer intrek geneem het in Kleinmond. Die inwoners kla daaroor.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 10/10/2024 - 08:58

Geert het op 'n ander gesprekslyn gepraat oor versekering.

Terwyl ek en Ralie gisteroggend skottelgoed was by die buite-kombuis, hoor ons net 'n harde slag. Die ou wat regoor die kombuis kamp, het met sy Nissan X-trail in die doringboom, voor sy karavaan, vas "reverse" - agterruit in sy peetjie.

Ek loop hom toe weer raak by die Doornhoekvallei uitkykpunt, met 'n toegeplakte agterruit. Hy sê hy't dadelik vir sy Santam-makelaar geskakel. Toe hy by Plate Glass in Beaufort-Wes kom, het hulle klaar al die eisbesonderhede daar gehad. Hulle het egter nie die betrokke ruit in voorraad nie, maar dit behoort vandag teen 12:00 vanaf George te arriveer. En dit gaan hom nie 'n sent kos nie, want hy't nie nodig (soos ek) vir enige bybetaling op sy Santam-polis nie.

Die geel sambreel!!!

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 10/10/2024 - 09:54

Heeltemal korrek Chris S, manne is skerp so vroeg innie oggend! Terloops, net 'n klein korreksie, ekke was lank terug 'n Mede-prof maar het na sowat 18 maande weer teruggekeer na die industrie toe. Eers weer terug akademie toe met die dat PBMR onder onse agterente toegemaak is...die keer nie as 'n Prof van enige soorte nie, publiseer glo te min! (nooit van opstel skryf gehou nie!). 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/10/2024 - 11:47

....sal teen my ook getel het. Ek het darem die verskoning dat, werkende in 'n kernomgewing en dan betrokke by kommersiële projekte en/of van uiters sensitiewe aard, was ons eintlik ontmoedig om te publiseer.

Baie opstelle en spesifikasies lê egter veilig weggebêre [of weggesteek] op terrein.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/10/2024 - 15:22

Ai maters, ek het begin van die week bloedtoetse gaan aflê, en gister bel my huisarts---hy wil my sien. 

Vanoggend maar op rooi tapyt gaan aantree, om te hoor wat hom pla, want niks pla my nielaugh Seg die man vir my, ek is in redelike goeie toestand vir iemand van 85, maar dis ongelukkig nie my korrekte ouderdom nie. Hy  wil hê ons moet eksperimenteer, en kyk of ek my suurinhoud en cholesterol vlakke kan afbestuur. Hy dink dat ek dit sonder pille kan regkry.

Die eerste goete wat ek moet doen is;

om veel minder skilpaadjies te eet

minder rooi wyn te drink

minder rooivleis te eet

en meer water te drink.

Ek moet vir res van die jaar gehoorsaam wees, dan Januarie vir bloedtoetse gaan, en dalk is pille nie nodig nie.

Nou vir die goeie nuus;

geen kankers is waargeneem nie

en ek het mediese voorskrif om by Toyota op afslag aan te dring, met aankoop van 'n Prado, dis vir beskerming van niere en ingewande teen oormatige geskud.laughdevil

   

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 10/10/2024 - 15:28

Wat ń gatslag Wessel. Moet erken dat ek nie geweet het dat jy so voluit leef soos wat die Kwak beweer nie. Dit wat ek van jou gesien het was heel besadig en heeltemal onder die normale konsumpsie van of rooiwyn, of sklipadjies.sad Jy wil mos nie groente eet nie, nou sal jy moet...

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/10/2024 - 16:17

Herman, ek vermoed, en mediese wetenskap bevestig dit eintlik, dat mens se genetika 'n groot rol speel in veral hartvaatsiektes. Al waaroor mens beheer het, is wat jy inneem.

Ek was ook onder die indruk dat my manier van eet en drink gesondheidgewys nie problematies is nie, maar oor die genetika het ek nie beheer nie.

Ek sal nou maar vir genoemde periode net aan prop lek, en wors op die pap en tik metode eet. Jis man, as jy die lys sien wat ek eintlik moet vermy, tot  gebraaide vleis en veral boerewors, sluk ek sommer die bleddie pille. laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 10/10/2024 - 20:07

Ai, dis nie wat mens van ‘n dokter wil hoor nie. Sterkte met die aanpassing. Klink my ek ry nou alleen waterkar, Mnr Boucher het afgeklim(geval?). So daar is ‘n sitplek beskikbaar. Ek hoop die aanpassings werp vrugte af, dit is maar ‘n uitdaging (en ‘n voorreg) om ouer te word. 
 

My bestuurslisensie het eergister verval. Tydens my tweejaarlikse oog ondersoek verlede November sê die oogkundige ek gaan die oogtoets dop. Ek vat eergister ‘n kans en vat my ou bril (wat ek nooit dra nie) saam vir ingeval. Ek dop die toets sonder die bril en probeer toe daarmee. Nadat ek weer dop word ek nog twee kanse gegun toe sê die beampte nee wat, meester sal maar die oogkundige moet gaan sien. 
 

Hy toets weer, en sê ek sal nie eers kode B slaag nie (ek het ‘n EC1, waarvoor die vereistes strenger is).  Ek moet ‘n nuwe bril kry want ek het erge astigmatisme. Leesafstand pla nie, maar so van 15m af raak dinge erg uit fokus met my regteroog. Die linkerkant is beter, maar die retina is besig om los te kom. Die oogkundige sê as dit wel loskom, is daar net ‘n 72 uur venster om die sig in die oog (my goeie een) te probeer red. 
 

Ek wonder dadelik wat sal word as dit in Shingwedzi of Punda Maria gebeur. Hy sê ‘n pasient van hom het dit in die wildtuin oorgekom en sig in die oog verloor. Hy het vir my so papier met die tekening hier onder op gegee waarna ek daagliks met my linkeroog moet kyk. Mens fokus op die kolletjie in die middel. As die lyne skeef/krom lyk rondom moet ek hom dadelik bel. 
 

A

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 10/10/2024 - 20:16

...............neem tog eerder die ou pilletjies as om só gestraf te word.  Na my hartaanval en 4 stents in my kroonslagaar, het my kardioloog 'n cholestrol-pilletjie voorgeskryf en al wat hy voorgestel het, sny tog maar die sigbare vetjies af by rooivleis.  Wat suurheid in my spysverteringstelsel (dit wat nog oor is !) betref, het my chirurg 'n Altosec kapsule voorgeskryf en volla, probleme aangespreek en ek eet en drink wat ek wil.  Dit lyk vir my dis nie net die politici wat hier in die Kaap beter vaar as daar by julle nie, maar ook die medeci.

Nog 'n rede om dringend Kaap toe te trek.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 10/10/2024 - 20:49

... Len gee goeie raad. Alhoewel ek nie suurprobleme het nie, drink ek al vir baie jare my cholesterol-medikasie - met uitstekende resultate.

En Mnr Smal - ek het darem net op die waterkar geklim ter wille van gewigsverlies. Met vakansie is dit bykans onbegonne om by jou eetplan te bly. Dus ek oortree matig met die etery asook met die alkohol-konsumpsie. Een glasie wyn op 'n aand veroorloof ek myself vir hierdie 3 weke. En so hier en daar 'n goue koue. Maar ek is vasbeslote om my doelgewig te bereik en daarvoor sal alkohol-onthouding maar weer deel van die plan wees as ek tuis is. Ek moet sê dat ek vind dit nogal maklik om die alkohol te los as ek moet.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 11/10/2024 - 11:11

Hoe weet mens iemand het op Skelmbos geswot? Hy vertel vir jou! Hoe weet mens iemand bly innie Kaap? Hy vertel vir jou! Jammer om op julle battery te piepie, maar ek is heel gelukkig in Petoorsdorp...die mees genatigde klimaat deur die jaar innie land volgens sommige....so nee dankie, ek is nie van plan om te semigreer en definitief nie dringend nie, bly heel gelukkig hier! 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 11/10/2024 - 11:35

....hoe bedoel die oogarts?? 

1]As die retina van die linkeroog loskom, het jy 72 uur om dit te herstel, of

2] As die retina van linkeroog loskom, net 72 uur om regteroog [goeie ene] te herstel.

 

Sekerlik punt 1 hierbo??

Indien die retina geheg word, moet jy jou elkgeval vir lang ruk BAIE stil gedra, om losskeuring te voorkom. 

'n Nuwe bril wat astigmatisme korrigeer, is seker voldoende om oogtoets te slaag. Ek het ook astigmatisme, en bestuur van studente dae af, met 'n bril.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 11/10/2024 - 12:38

My regteroog (die swak een) se retina sit nog. Die risiko vir loslating is in my linkeroog (die goeie een). Sou dit loskom moet nood sjirurgie uitgevoer word om te voorkom dat mens permanent sig verloor in die oog.
 

Volgens die www kan mens weer bestuur sodra jy goed genoeg kan sien (wat dae óf weke kan neem). Ek het nie eers daaraan gedink nie, dankie Wessel. Salomien sal ‘n EB lisensie moet kry en begin leer om te sleep. Ek sal ook moet dekking kry vir noodvervoer per helikopter as ons wildtuin, Kgalagadi of na enige ander bestemming in ‘n buurland reis. Ek sal ook moet oorweeg om ‘n satelliet foon te huur waar daar nie sein is nie (bv Polentswa). Dit sal ook handig te pas kom in geval van bv ‘n slangbyt daar.
 

So raak toer nou bietjie duurder. Soos die oogkundige sê; mens kry net twee - en my een is klaar verswak. Ek moet sê ek het nie die uitdaging sien kom nie (no pun intended).

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 11/10/2024 - 12:40

... ek was sommer net 'n gewone ou salaristrekkertjie gewees. Net 'n gemiddelde leefwyse gehandhaaf - niks van 'n "fancy" leefstyl gehad nie en steeds nie. Die Kaap is nie net vir ryk mense nie -hier's maar baie mense wat dit nie te breed het nie (selfs in my klein dorpie by die see waar baie inwoners ook maar van die hand tot die tand lewe).

En ek hoor alte duidelik (en stem saam) dat ons nie oor die beste weer beskik nie. Die winters is nie net koud nie, maar ook nat en winderig - daarom verkas ons maar Laeveld toe vir die wintermaande. En selfs in die somer, veral die vroeë somer (veral Nov en Des) kan die suidoos jou maar roer. Maar vanaf mid- Jan tot end-Apr is dit meestal hemels.

Maar die lekkerste van al's in die Kaap is ons goeie provinsiale regering en die uitstekende munisipale dienste wat meeste plekke in die Kaap geniet (ongelukkig nie almal nie) - nie soos Petoorsdorp en baie ander plekke sodra jy die wyngordyn se grens oorsteek nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 11/10/2024 - 13:10

Ons grootmense is bevoorreg om met die oorgang na nuwe lisensiekaart sisteem, sommer 'n EB te gekry het.

Ek het die praktiese toetsvereistes in besit, en ek wonder soms of ek dit netso, vandag sal kan doen. Dit sluit in;

1] 90grade linksdraai in 'n 4m baan, sonder om merkers/strepe te raak, vorentoe.

2]wegtrek teen 'n helling, sonder terugrol

3] 40m reguit terugstoot , sonder koppelaar gebruik

4] gangparkering: in 'n 3.5 baan om 'n 90 grade regsdraai. Jy mag stop, maar net 1 keer vorentoe korrigeer.Mag nie sperstrepe/paaltjies raak nie. 

5] Paralel parkeer, na enige kant toe; jy moet die wa afhak, dan voertuig parkeer, en weer die wa  hak sonder hulp. Jy dop dadelik as wa se hak stamp teen sleepvoertuig. 

Nou wonder ek wat gebeur as mens met outomatiese voertuig gaan en ene met 'n trukamera. Beide gee mens 'n vreeslike voordeel vir die toetse.

Laat weet maar as ek dit moet epos vir jou.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 11/10/2024 - 13:53

Hoe werk die paralel parkering? As dit 2 oop parkeerplekke agter mekaar is, tussen twee voertuie. dop ek die toets in my moer in. Nog nooit paralel reverse parking probeer nie, iets gaan skade kry.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus