Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -4 hours ago
Hael November 2026 Geert -4 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -9 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -9 hours ago

Oktober 2024

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Nou ja, daar is dit Oktober 2024. Dit beteken net een ding, mens moet fyn begin luister vir die skimpe om die korrekte Kersfeesgeskenke te koop.

 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 11/10/2024 - 15:01

... die parallel parkeer is darem net met die sleepvoertuig. Die rerig moeilike deel is om nadat jy klaar parkeer het, seker tussen paaltjies, om agteruit te stoot totdat die wa en voertuig naby genoeg om weer aan te hak. Die naby genoeg word egter nie genoem nie. Dit gaan maar lol om sonder hulp die bal onder die klou van wa te kry.

Vir 'n EC1 toets hoef mens nie die parallelle parkering te doen nie.   

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 11/10/2024 - 16:54

Ek het nog kode 10 gedoen. Dis omgeskakel na EC1. Dis makliker as kode 8. Soos Wessel sê, geen parallel parkering nie. Deesdae moet jy net die inspeksie voor die tyd en die uit rat uit haal en rondkyk asof jy iets gesteel het as jy stop onthou. Maar ek aanvaar as jy die E vooraan wil hê sal jy moet uitpaseer met ‘n wa. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 11/10/2024 - 18:42

Lees vanmiddag hierdie raak: "DIGITAL driving tests to be intruduced in South Africa in 2025" (MSN news). Gaan dit makliker wees? Waarskynlik net vir 'n gewone voertuig? - besonderhede was maar skraps.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 11/10/2024 - 18:45

....het jy [julle] toe al reggekom met julle lisensies? Ek bly vergeet om te vra. 

Seker lekker koel daar by julle.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 11/10/2024 - 20:43

Dankie vir jou belangstelling. Ons moes beide net ons PrDP's hernu. Dit behels 'n oogtoets (wat ek nog geslaag het), 'n vorm deur 'n dokter voltooi, en dan vingerafdrukke - wat ons nie meer het nie. Dit is net hier waar al die dekselse drama begin het. Hulle sê toe dat ons na die polisie moet gaan vir vingerafdrukke en dit dan na die Local Criminal Record Centre moet neem vir klaring. Dit is toe Nelspruit toe gestuur en ons kon dit weer 'n paar dae later daar gaan afhaal en by die verkeersdepartement gaan inhandig. Dit was toe 15 Julie. Ses weke later sou die nuwe kaarte gereed wees. Ek bel eers vooraf, net om te verneem dat die kantore gesluit is - krag is af. 'n Week het verloop voordat ons weer kans gehad het om te bel en verneem na die kaarte, net om te hoor dat die vingerafdrukke kort!!! Al die moeite om dit by die polisie te gaan doen en die res, was alles tevergeefs - die verkeersafdeling aanvaar dit nie..... Hoe verstaan mens dit, nadat die einste mense ons na die polisie verwys het en ook die vingerafdrukke met polisieklaring ingeneem het??? Ons moet weer ons afdrukke by die verkeersafdeling se skandeerder kom doen. Stel jou dit voor.

Maandag, verlede week, is ons toe weer vir die hoeveelste keer Lydenburg toe, net om uiteindelik na ongeveer 'n uur se wag te hoor dat ons lêers nie opgespoor kan word nie. Gelukkig het ons bewyse van betalings wat reeds gedoen is, en Daan kon ook die tydelike PrDP wys wat aan hom uitgereik is. Vingerafdrukke weer gedoen by dieselfde skandeerder as tevore. Skielik het Daan toe afdrukke, ek nie, maar dis ok, hulle heg net 'n nota aan..........ons kaarte sal oor ses weke gereed wees....

Nie gedink dat ek ooit hierdie gemors sal neerskryf nie. Baie moontlik het niemand tot hier gelees nie, maar dit is hoe ver ons nou is, en hopelik is die kaarte by die middel van November gereed.

"Seker lekker koel daar by julle". Die aande is heerlik - ligte truitjie, kortbroek en plakkies. Bedags raak dit warm - 27 grade gewees vandag. Reën is bitter nodig - die dam wat water aan die dorp verskaf is so te sê leeg. Waterbeperkings geld reeds en vanaf die 14e gaan minder water gepomp word. Ons vertrou dat uitkoms spoedig sal kom.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 12/10/2024 - 06:26

....al wat ek gaan opper,  is "goeie donner" oor die lisensie storie. Dan moet mens met sulke gebrekkige diens tevrede wees.

Daardie warm dag temperatuur van 27C moet hemels wees.   

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 12/10/2024 - 15:14

....baie welkom by die forum.

Ek vertrou jy gaan gou jou voete vind deur die onderwerpe en manier van gebruik. Gesels lekker saam.

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 12/10/2024 - 20:20

Ek het vir Chris 'n briefie getik en toe ek dit wou stuur (save) het dit geweier. So kyk ek nou wat hiermee gaan gebeur..... 

Ge-"edit": Hierdie keer het dit gewerk. Weet nie waarby die nukkerigheid gekom het nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 14/10/2024 - 11:21

My Hart is seer.  My moeder het in orgaanversaking ingegaan die dag voor ek Egipte toe gevlieg het.  Sy het Saterdag, na 9 dae, haar laaste asem uitgeblaas.  Asgevolg van demensie na ongeveer 10 jaar.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 14/10/2024 - 11:35

... dit is maar nie lekker as 'n ouer wegval nie - wat ookal die voorafgaande omstandighede. My ma het nie die laaste 3 - 4 jaar meer geweet wat om haar aangaan nie a.g.v. demensie. Sy't 'n rype ouderdom van 94 bereik. Maar dit bly jou ma, al het sy ons kinders nie eens meer herken nie.

Sterkte vir jou. Ek sal my dogter ook inlig, want sy en jou ouers het ook op 'n stadium kontak gehad danksy hulle sendingwerk in Bulgarye.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 14/10/2024 - 11:45

Ek het Saterdag sommer op Pine Joubert se webblad navraag gedoen of hulle in die week na volgende week my wa kan inpas vir 'n ondersteldiens asook die diens van die wa se "movers".

Hulle't vanoggend teruggekom per e-pos om te sê dat ek die wa op Maandag 28 Okt kan inbring. Dit is dan sommer die diens voor volgende April se langpad wildtuin toe.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 14/10/2024 - 12:16

In dié moeilike en hartseer tyd dink ek ook aan jou. Baie sterkte.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/10/2024 - 12:37

....sterkte met die verlies van jou ma. Ek glo dat dit vir haar ook 'n verlossing was. Mag julle vertroosting ontvang.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 14/10/2024 - 13:19

Ek is ook baie jammer oor die afsterwe van jou ma Anton. Alle sterkte aan jou en julle familie die volgende klompie dae.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 14/10/2024 - 13:47

Jammer om te hoor. Sterkte vir jul almal.....mag julle vertroosting by Hom vind

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus